Dit is nie te laat om aan te sluit nie!

Halfjaarlikse Uitdaging

Moenie hierdie geleentheid misloop nie …

Daar is net 14 dae in die Halfjaarlikse Uitdaging oor!

Verdien die eksklusiewe 2023 Kenteken deur hierdie maand een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae te voltooi.

Of dit goed gaan in jou lewe, of jy nie is waar jy gehoop het jy sou wees nie, die Woord van God kan jou ontmoet waar jy is. Hierdie Uitdaging sal jou help om jou verhouding met God te verdiep terwyl jy elke dag met sy Woord ‘n verbintenis maak.

Sluit nou aan voor dit te laat is! Kies ‘n leesplan:

Kyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Kom ons vier die Bybeltoep se 15-jarige bestaan!

15

Hoe het God die Bybeltoep gebruik om jou lewe te beïnvloed? Miskien was dit ‘n Vers-van-die-dag wat in ‘n moeilike tydperk met jou gepraat het, of ‘n gebed wat jy net op die regte tyd gelees het.

Sluit by ons aan om te vier wat God die afgelope 15 jaar deur die Bybeltoep gedoen het, deur na hierdie spesiale video van ons stigter en HUB, Bobby Gruenewald, te kyk.

(Om na hierdie video in jou eie taal te kyk, klik op video instellings (ratikoon), klik “Subtitles/CC”, en kies Afrikaans.)

Die Woord van God is lewendig — en dit verander miljoene lewens net soos joune.

Sedert sy bekendstelling in 2008, het die Bybeltoep van 83 000 aflaaie tot meer as ‘n halfmiljard wêreldwyd gegroei, en dit is die Bybel wat die langste in die Toepwinkel bestaan.

Wat as ‘n idee by ‘n lughawe begin het, het ‘n wêreldwye beweging geword wat die Skrif, soos nog nooit tevore nie, by mense regoor die wêreld bring.

Vandag gebruik mense van alle nasies en tale die Bybeltoep om elke dag nader aan God te kom. En jy is een van hulle!

Skop die jaarlange viering af deur hierdie groot mylpaal op sosiale media te deel!

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Begin met die Halfjaarlikse Uitdaging!

Halfjaarlikse Uitdaging kenteken

Jy is halfpad deur die jaar …

Of die lewe goed gaan, of nie is waar jy gehoop het dit sou wees nie, jy is nie alleen nie.

Waar jy ook al is, die Halfjaarlikse Uitdaging is hier om jou te help!

Sluit aan by die Halfjaarlikse Uitdaging en verdien jou eksklusiewe kenteken deur in Julie een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae te voltooi.

Is jy gereed om te begin? Kies nou ‘n leesplan:

Kyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

‘n Gebed vir ‘n vrygewige hart

Persoon wat glimlag

Wat is jou mees kosbare besitting? Daar is niks verkeerd daarmee om dinge te hê, of om dit te geniet nie. Die probleem kom wanneer ons goed ons besit.

Gelukkig het God ‘n ander manier van lewe voorgehou toe Hy sy grootste skat vir ons opgeoffer het. Sy vrygewigheid is opofferend en strydig met ons kultuur.

Wanneer ons soos God gee, en ons vereer Hom met daardie donasie, bring dit ons nader aan Hom. Dit veroorsaak dat ons ophou om na onsself om te sien, en eerder na ander om te sien. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer begin ons prioriteite en waardes Syne weerspieël.

Hoe leef jy dus vrygewig? Dit begin deur God te vra om vir jou ‘n vrygewige ingesteldheid te gee. As jy nie seker is hoe om dit te doen nie, probeer om hierdie gebed te bid.


Vader,

Dankie dat U vir my gewys het hoe vrygewigheid lyk. Ek bely dat dit soms vir my maklik is om te fokus op dinge wat nie saak maak nie. Vandag gee ek my egter oor aan u wil en vertrou volkome op U. Verander die manier waarop ek dink, en gee my ‘n vrygewige hart. Maak my bewus van die hulpbronne wat ek het, en hoe ek dit kan gebruik om ander te dien. Help my om ‘n lewe te lei wat ander seën net soos U my ryklik seën.

In die Naam van Jesus.

Amen.


Wanneer jy jou aan God oorgee deur vrygewig te lewe, verander dit lewens.

‘n Donasie van $40 VSA help ons om die Bybeltoep by 200 mense te kry — dit is 200 mense regoor die wêreld wie se lewens vir ewig deur die krag van die Woord van God verander sal word.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wat definieer jou?

'n Persoon wat in die verte kyk

Wat definieer jou?

“Kyk watter groor liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook …”

1 JOHANNES 3:1

Wie jy is, is meer as wat jy doen of wat mense van jou sê.

Jou identiteit word gevind in wie God jou besonders geskep het om te wees – sy kind.

Leer wat dit beteken deur doelbewus ‘n leesplan of ‘n roeping hierdie maand te voltooi.

Ontdek leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


YouVersion is gratis as gevolg van die vrygewigheid van ons gemeenskap.

Gee vandag ‘n donasie wat meer mense sal help om deur die krag van die Woord van God, herskep te word.

Gee ‘n donasie >