Ekstra Inhoud wat by Planne gevoeg word

5

STAP 5 is ‘n waardevolle (maar opsionele) stap in die formateringsproses. Die Bybel Toep ondersteun ‘n hele paar funksies wat die Bybellees ervaring kan verryk. Video en/of klank inhoud, prente, ens., kan nou deel uitmaak van die leesplanne. Omdat ons bewus is daarvan dat mense op verskillende maniere leer, is ons opgewonde daaroor dat omtrente enige iemand nou die Bybel op verskillende maniere kan leer ken.

Net soos wat die geval is met die gewone leesplanne, bly ons toegewyd om mense te help om die Bybel beter te leer ken. Videos, klankinsetsels en prente is aanvullend tot Bybellees. Ons aanvaar nie inhoud wat nie ten minste een skrifverwysing of skrifgedeelte het nie. Die video, klank en prente inhoud behoort ‘n holistiese ervaring vir die gebruiker te skep.

Let wel: As jy nog nie voorheen in HTML geformateer het nie, kyk gerus na die besonderhede onder aan die bladsy!

Kyk hier na ‘n voorbeeld van ‘n video plan.

Kyk hier na ‘n voorbeeld van ‘n plan met “rich text”.

Video/Klank Riglyne:

  • Die video/klank inhoud behoort van ‘n goeie gehalte te wees, om te verseker dat die gebruiker ‘n positiewe ervaring sal hê. Dowwe, krapperige of enige ander steurende toestand sal veroorsaak dat videos en klankopnames nie gebruik sal kan word nie.
  • Die video/klank inhoud mag geen advertensies bevat nie en ook nie na enige produkte verwys nie
  • Die meeste van ons gebruikers kyk en luister na dié ekstras op hulle selfone en daarom beveel ons aan dat u die insetsel sal beperk tot tussen dertig sekondes en vyf minute (0:30 to 5:00). Daar is ‘n effense speling rakende die tipe insetsel, maar hou tog ingedagte dat die gebruiker nie moet sukkel nie. Mense kyk en luister gewoonlik nie na videos en kklankinstelsels wat baie lank is nie.
  • Daar moet ten minste een vers of skrifgedeelte in ‘n dag wees.
  • Die video/klank inhoud moet verband hou met die vers/skrifgedeelte of die tema van die plan.
  • Die video/klank inhoud moet nie op so ‘n manier geredigeer word dat dit vir die gebruiker nodig is om na ‘n ander webblad of toepassing te gaan om klaar te luister of te kyk nie.
  • Ons verkies dat u die video na ons toe stuur en dan sal ons dit op ‘n privaat YouTube kanaal akkommodeer. So kan ons verseker dat die videos op ‘n veilige plek is en nie per ongeluk verwyder of geredigeer sal kan word nie. Ons sal ook enige advertensies of aanbevelings verwyder, want ons wil sorg dat die Bybel Toep sonder advertensie sal funksioneer. (As u vrae het oor hoe ons dit doen, vra gerus).
  • Klank dokumente sal op dieselfde manier op ons “SoundCloud” kanaal geplaas word, vir dieselfde redes as hier bo genoem.
  • Let wel: Video/klank planne word tans slegs ondersteun op die Bybel Toep vir Android (selfone en tablette), iPhone, en op die web (YouVersion.com en Bible.com). Die Bybel Toep vir iPad sal binnekort videos/klankopnames kan ondersteun. Toerusting wat nie video “embeds” (Blackberry, Windows Phone, ens.) ondersteun nie, sal slegs die geskrewe inhoud kan vertoon, met ‘n boodskap wat sê dat die video/klankopname nie op die spesifieke toerusting beskikbaar is nie. Die gebruiker kan egter die video/klankopname gedeelte van die plan besigtig op YouVersion.com)

Beeldmateriaal:

  • Beeldmateriaal wat by planne ingesluit word, behoort van ‘n hoë gehalte te wees en van vakmanskap getuig.
  • Hou in gedagte dat die meeste gebruikers hulle selfone gebruik om toegang te verkry tot die beeldmateriaal. Moenie te veel woorde of baie besonderhede invoeg nie, anders verloor die gebruiker gou belangstelling .
  • Beeldmateriaal moet nie advertensies bevat nie, ook nie webadresse of ander elemente wat hinderlik mag wees nie.
  • Ons sal die beeldmateriaal op ons bedieners beskikbaar stel, want dan kan u verseker wees dat die inhoud stabiel sal vertoon en altyd verkrygbaar is.
  • Beeldmateriaal moet saam met die .csv werkvel ingehandig word.
  • Maak seker dat u weet watter beeldmateriaal by watter dag pas as u dit in die werkvel invoeg. Die beeldmateriaal moet so benoem word dat dit ooreenstem met die nommer van die dag in die plan waarby dit hoort.

Hoem om “rich” inhoud te formateer: 

  • As u plan die volgende insluit (vetgedrukte letters, skuinsgedrukte letters, bladsy opskrifte, genommerde lyste, ens.), vra ons dat u asseblief die inhoud klaar in HTML sal formateer en dan aanstuur. U kan ons riglyne, oor hoe om in HTML te formateer, hier vind: YouVersion HTML Riglyne
  • Die inhoud, tesame met die HTML formatering, moet nou in die .csv werkvel ingevoeg word in die ekstra inhoud gedeelte. (kyk na Plan Formateringsinstruksies vir ons sjabloon).

 

Voorbeelde van hoe die planne in die Bybel Toep lyk: 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Hoe om HTML te gebruik

6

As jy vertroud is met HTML en hoe om “rich” inhoud te formateer, kan u nou met die proses begin deur gebruik te maak van ons Sjabloon, wat beskikbaar is op die “blog” en wat STAP 5 verduidelik. Het u nog nooit HTML gebruik nie? Dis nie ‘n probleem nie! Lees die laaste (opsionele) stap in die formateringsproses, STAP 6 – HTML formatering.

Die plasing is ook beskikbaar is: Duits Spaans Frans Portugees Roemeens Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel)