Wie wil jy hierdie jaar word?

Vriende op fone

Elke positiewe verandering wat jy in jou lewe wil sien, begin deur God met behulp van sy Woord te leer ken. Die Bybel openbaar God se karakter en gee ons die wysheid hoe om ons lewens te leef. Soek dus eerste vir God — in jou soeke na groei. ‘n Maklike manier waarop jy dit kan doen, is deur Daagliks bygewerk te gebruik.

Daagliks bygewerk is ‘n interaktiewe ervaring wat ontwerp is om jou te help om deur die Skrif nader aan God te kom terwyl jy die daaglikse onderrigvideo’s, inhoud vir nadenke en begeleide gebede voltooi.

Watter gewoontes jy ook al vanjaar wil verander of karaktereienskappe wat jy wil aanleer, alles begin by die Bybel.

Voltooi Daagliks bygewerk

Begin met jou eerste Daagliks bygewerkte periode vir 2024!

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

‘n Gebed vir 2024

Persoon wat bid

Vir wat hoop jy in hierdie nuwe jaar?

Miskien wil jy nuut begin sonder die pyn in jou verlede, of dalk kom jy die nuwe jaar binne met hoop en verwagting.

Terwyl ons die toekoms verwag, kan ons — nou — deur gebed nader aan God kom.

Stel jou voor wat hierdie jaar kan gebeur as miljoene mense regoor die wêreld saamstaan om met vrymoedigheid vir mekaar te bid, vir ons wêreld en dat die wil van God sal geskied.

As deel van ons wêreldwye YouVersion-gemeenskap, wil ons jou nooi om saam met ons te bid.


Vader,

Ons dank U vir alles wat U gedoen het, en ons kyk met hoop na die toekoms.

Ons wêreld is vol gebrokenheid wat net U kan herstel, daarom bid ons vir geleenthede om die hoop wat ons in U het met vrymoedigheid te verkondig.

Ons bid vir gelowiges regoor die wêreld — dat hulle met U eensgesind sal wees en mekaar sal liefhê en ondersteun.

Help ons in alles om hierdie jaar ons hoop op U te vestig.

Gee ons krag om te volhard, moed om u goeie nuus te deel, en vrede in die wete dat U altyd by ons is.

In die Naam van Jesus. Amen.


Voeg by die gebedslys

Nadat jy hierdie gebed gestoor het, kan jy dit in die Bybeltoep deel sodat jou vriende saam met jou kan bid!

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

2023 se Vers-van-die-Jaar

Die Bybelvers wat gedurende 2023 die meeste deur die wêreldwye YouVersion-gemeenskap gedeel, geboekmerk en gekleurmerk is …

Jesaja 41:10 se Versbeeld

“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.”

Jesaja 41:10

Terwyl jy oor hierdie jaar terugkyk, dink aan ‘n tyd toe jy aan God se teenwoordigheid, sy liefde en sy krag herinner moes word.

Miskien het jy daardie dinge nou nodig.

Jy is deel van ‘n wêreldwye gemeenskap wat dieselfde hoop in verskillende tale en lande regoor die wêreld ervaar.

Weet dat jy nie alleen is nie.

Dink aan iemand in jou lewe wat moet hoor dat God vandag by hulle is, en bemoedig hulle met hierdie spesiale Versbeeld.

Deel hierdie versbeeld

2023 se Vers-van-die-Jaar

Die Bybelvers wat gedurende 2023 die meeste deur die wêreldwye YouVersion-gemeenskap gedeel, geboekmerk en gekleurmerk is …

Jesaja 41:10 se Versbeeld

“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.”

Jesaja 41:10

Terwyl jy oor hierdie jaar terugkyk, dink aan ‘n tyd toe jy aan God se teenwoordigheid, sy liefde en sy krag herinner moes word.

Miskien het jy daardie dinge nou nodig.

Jy is deel van ‘n wêreldwye gemeenskap wat dieselfde hoop in verskillende tale en lande regoor die wêreld ervaar.

Weet dat jy nie alleen is nie.

Dink aan iemand in jou lewe wat moet hoor dat God vandag by hulle is, en bemoedig hulle met hierdie spesiale Versbeeld.

Deel hierdie versbeeld

Die 2023 Kersfees Uitdaging is hier!

Kersfees Uitdaging Kenteken

Met soveel wat om ons aangaan, kan ons dikwels uit die oog verloor hoekom ons Kersfees vier.

Staan hierdie jaar tyd af om na te dink oor Jesus se geboorte deur by mense regoor die wêreld aan te sluit terwyl hulle met die Kersfees Uitdaging nader aan God kom.

Voltooi net enige Kersfees- of Adventleesplan in Desember, en jy sal die 2023 Kersfees Uitdaging Kenteken verwerf!

Kyk na nog leesplanne

FacebookKyk na nog leesplanne

TwitterKyk na nog leesplanne

E-posKyk na nog leesplanne