Jou beste jy ooit begin nou.

2019

2018 is verby. Ons kry nou ‘n nuwe begin. Wil jy jou lewe in 2019 herskep? Jy kan. Al wat dit verg is een klein gewoonte. Begin net om hierdie een klein ding, een keer per dag, aanhoudend te doen:

Lees elke dag die inhoud van een Leesplan. Dan, so af en toe deur die dag, dink na oor wat daardie dag se leesstuk in jou lewe beteken. Dit neem slegs minute. Maar met die verloop van tyd sal daardie minute tot groot verandering lei.

Begin dadelik met een van hierdie Leesplanne.

Die Wapenrusting Van God
Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
Kom Ons Lees Saam die Bybel (Januarie)
Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander
60 Om te begin
21-Dae Vas

Kyk Na Meer Leesplanne

Ek is ernstig. Begin nou.


Streaks

Plaas God se Woord eerste.

Streaks help jou om ‘n gewoonte te skep deur jou te wys hoeveel dae in ‘n ry jy die Bybel Toep gebruik. En as dit lyk of jy dalk ‘n dag gaan mis, kan die Bybel Toep vir jou ‘n herinnering stuur. Streaks beloon jou selfs met spesiale mini-vieringe wanneer jy nuwe mylpale bereik.

“Ek hou baie van Streaks! My doel is om elke dag die Bybel te lees… Dit het ‘n impak op elke aspek van my lewe: hoe ek as ouer optree, hoe ek my besigheid bedryf en hoe ek my kerk bedien! Alles verander wanneer Hy my eerste prioriteit is!”

BIBI S.

Soek vir Streaks op jou Tuisblad, en begin met jou daaglikse Bybellees gewoonte hierdie jaar!

Het jy ‘n nuwe toestel? Kry jou YouVersion toepassings daarop.

Verskillende toestelle

Vir AL jou toestelle…

Lees jy dit op ‘n nuwe toestel wat jy pas vir Kersfees gekry het? Druk hier onder om die toepassings te installeer wat jou sal help om dit op die beste manier te gebruik: Die Bybel Toep en Die Bybel App vir Kinders! Begin ‘n gesprek met jou vriende of familie, oor geloof: Vra of hulle wil hê dat jy ‘n YouVersion toepassing vir hulle moet installeer!

die Bybel Toep kenteken Die Bybel Toep bied meer as 1800 Bybelweergawes in meer as 1200 tale, asook inhoud en hulpmiddels wat ontwerp is om jou te help om daagliks die Bybel te verken.
Bybel Toep vir Kinders Jesus logo Die Bybel App vir Kinders help kinders om 41 Bybelstories deur middel van prettige animasie en aktiwiteite te lees. Dis nou in 42 tale beskikbaar!


Hart ikoon

Oorweeg jy ‘n geskenk vir die einde van die jaar?

Jy kan mense help om elke dag, oral ter wêreld, met God se Woord in aanraking te laat kom. Kom ons word vennote in hierdie beweging van God.

Skenk

Kom ons vier Jesus, die geskenk!

Versbeeld - Jesaja 9:6

God is met ons!

Van ons almal by YouVersion, wens ons jou vreugde en vrede op hierdie Kersfeesdag. En terwyl jy die Here en Verlosser wat aan ons geskenk is vier, hoop ons dat jy baie geleenthede sal gebruik om Sy liefde te deel.

… as iemand oor jou hoop as ‘n gelowige vra, wees altyd gereed om dit te verduidelik. Maar doen dit op ‘n sagte en respekvolle manier.

1 PETRUS 3:15-16

Die Bybel noem Jesus, “Immanuel: God met ons.” Watter goeie nuus! Deel dit deur op die prent hier bo te druk, of skep jou eie Versbeeld in die Die Bybel Toep. En mag jy ‘n baie gelukkige Kersfees hê!

Deel

Kersfees is amper hier. ⭐️ Kom ons vier dit!

Die Bybel Toep op jou foon, met Kersfeesliggies in die agtergrond

Vir weke het ons nou al ons harte voorberei in hoopvolle verwagting, en nou is Kersfees oor een week. Vier saam met ons terwyl ons besin oor God se perfekte geskenk aan ons: Sy enigste seun, Jesus. Wanneer jy hierdie vakansietyd saam met vriende en familie kuier, weet ons dat jy dit sal geniet om God se Woord te lees. Lees hierdie herinneringe van die hoop en vreugde wat ons in Christus het.


Die Kersfees Storie

Die Kersfees Storie
YouVersion, 5 Dae

Lees of luister na die volledige Bybelse weergawe van Christus se geboorte, van profesieë oor die Verlosser wat sou kom, tot sy nederige begin in ‘n stal, en al die pad tot by Immanuel: God wat by ons is.

Begin hierdie Plan

Stoor vir later


'n Kind wat die Bybel App vir Kinders speel

Bybel App vir Kinders:
Die eerste Kersgeskenk

Vier Jesus se koms met pret, raak-sensitiewe animasies en kleurvolle kunswerke. Die kinders in jou lewe sal daarvan hou om al 41 stories in die Bybel App vir Kinders te verken. Jy sal daarvan hou hoe die Geskommelde Storie, Storie Pasmaats en Storie Plakkers aktiwiteite hulle help om die dinge wat hulle leer, te onthou. YouVersion het die Bybel App vir Kinders ontwikkel in samewerking met OneHope, om kinders ‘n Bybelervaring van hul eie te gee. Dis alreeds geïnstalleer op meer as 26 miljoen toestelle wêreldwyd. Die Bybel App vir Kinders is beskikbaar in 42 tale – en dit is altyd heeltemal gratis.

Kry dit Nou

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Moenie misloop wat God volgende doen nie…

2018

YouVersion het sy grootste jaar ooit gehad.

Ons het die Bybel App in 2008 met net 15 Bybels in twee tale geloods. Nou, danksy die vrygewigheid van visioenêre vennote, is die Bybel App bevoorreg om meer as 1800 weergawes aan te bied, met inhoud in meer as 1250 tale.

Dwarsoor die wêreld wend al hoe meer mense hulle tot die Bybel om te hoor wat God vir hulle te sê het. Wanneer jy ‘n skenking maak aan YouVersion, help jy ons om hulle God se woord te laat lees, in elke land op aarde.

Skenk


Lees ikoon

27.2 MILJARD

HOOFSTUKKE GELEES

Klank Ikoon

4.2 MILJARD

KLANK HOOFSTUKKE GESPEEL

Boekmerk Ikoon

1.7 MILJARD

KLEURMERKERS, BOEKMERKE EN NOTAS GESKEP

Leesplanne Ikoon

950 MILJOEN

BYBELLEESPLAN DAE VOLTOOI

Deel ikoon

409 MILJOEN

VERSE GEDEEL

Wêreld ikoon

350 MILJOEN

KUMULATIEWE BYBEL APP INSTALLASIES

In 2018 het die wêreldwye YouVersion gemeenskap meer as ooit tevore die Bybel gelees.

Dit is persoonlik.

Hoekom is ons so passievol daaroor om God se Woord te deel? Omdat elkeen van ons by YouVersion al die geskenk van God se liefde deur Sy Woord ervaar het. En, omdat jy die Bybel App gebruik, maak dit jou ‘n deel van wat God doen.

Oorweeg dit om nog ‘n stap te neem op jou Bybel App Reis. “Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang’.” (Handelinge 20:35)

Skenk


Gesigte

Elke persoon op aarde het ‘n gesig… het ‘n naam… het ‘n storie.

Wat sou gebeur as elkeen wat ‘n Bybel wou hê, een kon kry?

Ons maak gebruik van tegnologie om te help om hierdie generasie die mees Bybel-betrokke mense in die geskiedenis te maak. Om na die skrif te luister, of om dit te lees, het die krag om lewens te verander. Wanneer jy aan YouVersion gee, help jy ons om meer mense God se woord te laat lees, op plekke wat ongekende Bybelbetrokkenheid sien, soos Nepal, Chili, Roemenië, en Japan.

Stel jou ‘n wêreld voor waar elke persoon onmiddellik, in hulle eie taal, in aanraking kan kom met God se Woord. In die geskiedenis van ons planeet, was niks soos dit ooit voorheen moontlik nie. Maar nou is hierdie droom nie net moontlik nie, dis binne ons bereik… in ons leeftyd.

Kom ons vind saam uit.

Skenk