‘n Oorsig 📸 … van 2020 se beste dele

2020 Oorsig op foon

Kyk wat God in jou lewe gedoen het!

Terwyl jy uitsien na wat God in 2021 deur jou gaan doen, kom eers tot stilstand en dink terug aan alles wat Hy in 2020 gedoen het. Hoe het jy in hierdie jaar nader aan God gekom?

Jou YouVersion Oorsig is ‘n maklike manier om dit uit te vind. Dit is ‘n opsomming van hoeveel leesplanne jy voltooi het, verse jy gekleurmerk het, versbeelde jy geskep het en nog meer. Dit is ook baie maklik om met jou vriende te deel!

Kyk na die Oorsig

Donasie-ikoon

Oorweeg jy ‘n jaareinde donasie?

As jy ‘n jaareinde donasie aan YouVersion maak, help jy ons om mense regoor die wêreld ‘n manier te gee om nader aan God te kom … juis wanneer hulle dit die nodigste het.

Word deel daarvan om lewens te herskep.

Maak nou ‘n donasie >

Voltooi 2020 se beste leesplanne

Persoon wat na leesplanne op foon kyk

Gereed vir 2021? Ondanks vanjaar se uitdagings, het ons gesien hoe meer mense as ooit tevore deur middel van die YouVersion Bybeltoep tot God nader.

Terwyl jy jouself vir ‘n nuwe jaar voorberei, besin oor die belangrikste maniere waarop God ons YouVersion-gemeenskap in hierdie jaar versterk het, deur ‘n paar van die gewildste Bybelleesplanne vir 2020 te voltooi.

Kyk Na Nog Leesplanne


Donasie-ikoon

Watter nalatenskap sal jy in 2020 agterlaat?

Ondanks hierdie jaar se uitdagings, het God, deur sy Woord, miljoene lewens regoor die wêreld verander. Wanneer jy ‘n jaareind-donasie aan YouVersion maak, help jy om te verseker dat elke persoon, wat enige taal praat, die lewensveranderende krag van Jesus kan ervaar.

Maak nou ‘n donasie >

Nuwe toestel? Jy sal dit graag wil hê:

Vrou praat op foon

Dink aan die blink nuwe toestel wat jy brand om te gebruik. Hierdie toestelle kan ons lewens vergemaklik en ons help om met die mense wat ons liefhet in verbinding te bly. Jou toestelle kan jou ook help om met God en sy Woord in verbinding te bly.

Kry die hulpmiddels wat jy nodig het om in 2021 geestelik te groei. Installeer nou die nodige toeps wat jou en jou gesin sal help om God elke dag te soek.

Bybel Toep

Lees of luister na die Bybel, ontdek daaglikse oordenkings, deel gebedsversoeke met vriende en nog meer.

Aflaai

Bybel Toep vir Kinders: Jesus

Moedig kinders se betrokkenheid aan, deur middel van 41 Bybelverhale se prettige animasies en meesleurende aktiwiteite.

Aflaai

Die opwindendste hiervan? Die YouVersion Bybeltoep en Bybel App vir Kinders is albei op al hierdie toestelle beskikbaar:

Bybeltoep en Bybel App vir Kinders op toestelle

Neem God se Woord saam met jou waar jy ook al gaan.

Het jy alreeds die toep
op jou toestelle?

DEEL DIT MET ‘N VRIEND

Donasie-ikoon

Het God se Woord jou hierdie jaar bemoedig?

Ondanks hierdie jaar se uitdagings, het God, deur sy Woord, miljoene lewens regoor die wêreld verander. Wanneer jy ‘n jaareind-donasie aan YouVersion maak, help jy om te verseker dat elke persoon, wat enige taal praat, die lewensveranderende krag van Jesus kan ervaar.

Maak nou ‘n donasie >

✨ Geseënde Kersfees!

Vir ons is 'n Seun gebore - Jesaja 9:5 - Versbeeld

Eer aan God in die hoogste hemel!

Tweeduisend jaar gelede, het ‘n baba se eerste asemteug hoopvolle opwinding aan ‘n moeë wêreld gebring. Die mensdom se toekoms het vir altyd verander toe vreugde ‘n menslike vorm aangeneem en in ‘n krip verskyn het.

Vier vandag Jesus se geboorte deur hierdie spesiale versbeeld met jou vriende en familie te deel.

Almal by YouVersion wens jou ‘n baie geseënde Kersfees toe!

Deel Beeld

Jou vrygewige hulp kan lewens verander. Dis hoe:

Ondanks die wêreldwye uitdagings in hierdie jaar, het God elke omstandigheid gebruik om mense nader aan Hom te bring. Voordat die pandemie selfs begin het, het God sy kerk voorberei as ‘n baken van hoop en genesing vir ‘n wêreld in pyn.

“Elke dag word ek wakker met ‘n verlange om my foon op te tel en te lees wat God sê. [YouVersion] het my gehelp om my lewe op koers te hou en om God se Woord daagliks te lees. Dit het my baie gegee om oor na te dink, en die verskillende Bybelweergawes wat YouVersion aanbied, het my ‘n beter begrip gegee van wat die Skrif sê. Ek is bly dat ek deel van hierdie beweging van God is.

— Blessing, Nigerië

God se Gees is besig om te beweeg en mense nader aan Hom te bring — deur ‘n toep — in getalle soos ons nog nooit voorheen gesien het nie, in ‘n jaar waarin ons dit nie kon verwag het nie.

Ondersteun die beweging >

Herlewing is aan die gebeur.

Selfs in ons wêreld se moeilikste oomblikke, word God se lig sterker.

“My lewe was soos ‘n tuimeltrein totdat God Hom aan my geopenbaar het. Ek het ‘n bestaan gemaak deur dwelms te verkoop en was self aan baie soorte verslaaf. Ek was moeg vir die lewe en het gedink die wêreld sou ‘n beter plek sonder my wees. Na baie en sorgvuldige oorweging, het ek besluit om nog een keer te probeer. Ek was reeds by heelwat tradisionele rehabilitasiesentrums, maar het uiteindelik by ‘n geloofsgebaseerde program aangesluit. Nadat ek met die program begin het en sy woord opgesoek het, het God Homself byna onmiddellik aan my geopenbaar. Elke keer wat ek YouVersion oopgemaak het, het God se lig sterker geword en my onttrekkingsimptome het verdwyn. Uiteindelik het dit my gelei tot waar ek nou is — vervul met sy woord en nou al vier maande skoon, sonder drange om weer dwelms te gebruik of te verkoop.”

— Justin, VSA

Dit is maar net ‘n paar verhale. Dink nou vir ‘n oomblik aan jou eie reis. Waar was jy toe jy vir die eerste keer van YouVersion gehoor het? Op watter maniere het God die YouVersion Bybeltoep gebruik om jou te bemoedig?

Daar is miljoene mense regoor die wêreld, net soos Blessing en Justin — en soos jy. Wanneer jy dus ‘n donasie aan YouVersion gee, help jy ons om hulle te bereik.

Reeds in die eerste helfte van 2020, het YouVersion ‘n toename van 13% meer mense as voorheen gehad wat by die Bybel betrokke geraak het.

Jou donasie gee ons die geleentheid om te verseker dat elke persoon, ongeag watter taal hy of sy praat, die lewensveranderende krag van Jesus kan ervaar.

Gee 'n donasie in die Bybeltoep

God verander miljoene lewens regoor die wêreld deur sy Woord. Wanneer jy ‘n donasie vir YouVersion gee, help jy ons om ‘n manier aan hierdie mense te bied om nader aan God te kom … juis wanneer hulle dit die nodigste het.

Moenie hierdie oomblik misloop nie.

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos