Jou vrygewige hulp kan lewens verander. Dis hoe:

Ondanks die wêreldwye uitdagings in hierdie jaar, het God elke omstandigheid gebruik om mense nader aan Hom te bring. Voordat die pandemie selfs begin het, het God sy kerk voorberei as ‘n baken van hoop en genesing vir ‘n wêreld in pyn.

“Elke dag word ek wakker met ‘n verlange om my foon op te tel en te lees wat God sê. [YouVersion] het my gehelp om my lewe op koers te hou en om God se Woord daagliks te lees. Dit het my baie gegee om oor na te dink, en die verskillende Bybelweergawes wat YouVersion aanbied, het my ‘n beter begrip gegee van wat die Skrif sê. Ek is bly dat ek deel van hierdie beweging van God is.

— Blessing, Nigerië

God se Gees is besig om te beweeg en mense nader aan Hom te bring — deur ‘n toep — in getalle soos ons nog nooit voorheen gesien het nie, in ‘n jaar waarin ons dit nie kon verwag het nie.

Ondersteun die beweging >

Herlewing is aan die gebeur.

Selfs in ons wêreld se moeilikste oomblikke, word God se lig sterker.

“My lewe was soos ‘n tuimeltrein totdat God Hom aan my geopenbaar het. Ek het ‘n bestaan gemaak deur dwelms te verkoop en was self aan baie soorte verslaaf. Ek was moeg vir die lewe en het gedink die wêreld sou ‘n beter plek sonder my wees. Na baie en sorgvuldige oorweging, het ek besluit om nog een keer te probeer. Ek was reeds by heelwat tradisionele rehabilitasiesentrums, maar het uiteindelik by ‘n geloofsgebaseerde program aangesluit. Nadat ek met die program begin het en sy woord opgesoek het, het God Homself byna onmiddellik aan my geopenbaar. Elke keer wat ek YouVersion oopgemaak het, het God se lig sterker geword en my onttrekkingsimptome het verdwyn. Uiteindelik het dit my gelei tot waar ek nou is — vervul met sy woord en nou al vier maande skoon, sonder drange om weer dwelms te gebruik of te verkoop.”

— Justin, VSA

Dit is maar net ‘n paar verhale. Dink nou vir ‘n oomblik aan jou eie reis. Waar was jy toe jy vir die eerste keer van YouVersion gehoor het? Op watter maniere het God die YouVersion Bybeltoep gebruik om jou te bemoedig?

Daar is miljoene mense regoor die wêreld, net soos Blessing en Justin — en soos jy. Wanneer jy dus ‘n donasie aan YouVersion gee, help jy ons om hulle te bereik.

Reeds in die eerste helfte van 2020, het YouVersion ‘n toename van 13% meer mense as voorheen gehad wat by die Bybel betrokke geraak het.

Jou donasie gee ons die geleentheid om te verseker dat elke persoon, ongeag watter taal hy of sy praat, die lewensveranderende krag van Jesus kan ervaar.

Gee 'n donasie in die Bybeltoep

God verander miljoene lewens regoor die wêreld deur sy Woord. Wanneer jy ‘n donasie vir YouVersion gee, help jy ons om ‘n manier aan hierdie mense te bied om nader aan God te kom … juis wanneer hulle dit die nodigste het.

Moenie hierdie oomblik misloop nie.

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans