Die Woord van God verander lewens. Dit kan joune verander.

Die Woord van God verander lewens. Dit kan joune verander.

Gedurende November vier mense regoor die wêreld die Woord van God saam tydens wêreldwye Bybelmaand. 

Sluit aan by die wêreldwye Bybelbeweging met die 30-dag-Bybeluitdaging. 

Sluit aan by die uitdaging

Navosing bewys dat volgehoue betrokkenheid by die Woord van God alles kan verander – ongeag of jy minder angstig of eensaam wil voel, of meer selfvertroue nodig het om met ander oor jou geloof te praat. 

Op watter wyse is die Woord van God besig om jou te verander?    

Gebruik die Bybeltoep vanaf November vir 30 agtereenvolgende dae en verwerf die eksklusiewe kenteken van wêreldwye Bybelmaand.

Die Woord van God verander lewens. Dit kan joune verander.

Share this post:

Word deel van iemand se verhaal …

Persoon wat glimlag

“Ek het gedink die Bybel is vervelig en moeilik om te verstaan.”

MARSHA, VSA

Het jy dit al ooit moeilik gevind om jou waarlik tot die Woord van God te verbind?

Marsha het in God geglo, maar het steeds gesukkel om haar deur die Skrif tot Hom te verbind.

Alles het egter verander toe sy die Bybeltoep en sy 3 000 Bybelweergawes ontdek het. Deur weergawes te vergelyk, het die Woord van God helder geword.

“Ek kan nou lees en effektief op die Woord van God konsentreer. Ek sien God nie meer as ‘n karakter in ‘n boek nie. God voel vir my so eg. Ek sien Hom as my Vader, en sy verhale is feitelik.”

Die Woord van God is besig om Marsha se lewe te herskep, en dit verander die lewens van diegene om haar.

Jou vrygewigheid kan meer mense soos Marsha help om die krag van die Woord van God te ervaar.

Wanneer jy ‘n donasie van US$40 gee, maak jy dit vir 200 mense moontlik om die Bybeltoep af te laai en die Woord van God te ervaar.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Ondersteun die Bediening: Vier 15 Jaar van Impak!

Onthou jy die eerste keer toe jy die Woord van God gelees het en hoe dit jou lewe verander het?

Deur die Bybeltoep word mense regoor die wêreld elke dag deur die Woord van God herskep.

In die afgelope 15 jaar het ons gesien dat …

  • 1 965 Bybeltale bygevoeg is
  • 139 miljoen Gebede geskep is
  • 575,7 miljoen Bybeltoep installasies gedoen is
  • 1,1 miljard Versbeelde gedeel is
  • 16 miljard Kleurmerke, Boekmerke en Notas by verse gemaak is

Die Bybeltoep is, en sal altyd, gratis wees — die impak van hierdie bediening sal egter nie wees wat dit is sonder die vrygewigheid van ons YouVersion-gemeenskap nie.

Sluit aan by die beweging om almal oral en elke dag te bereik.

Wanneer jy ‘n donasie van US$40 gee, maak jy dit vir 200 mense moontlik om die Bybeltoep af te laai.

Skenk Nou

God het wonderlike dinge deur die Bybeltoep gedoen, maar daar is steeds miljarde mense wat nog nie die lewensveranderende krag van die Woord van God ervaar het nie.

Help ons vandag om oor die volgende 15 jaar die Woord van God aan miljarde mense te bring.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

‘n Gebed vir ‘n vrygewige hart

Persoon wat glimlag

Wat is jou mees kosbare besitting? Daar is niks verkeerd daarmee om dinge te hê, of om dit te geniet nie. Die probleem kom wanneer ons goed ons besit.

Gelukkig het God ‘n ander manier van lewe voorgehou toe Hy sy grootste skat vir ons opgeoffer het. Sy vrygewigheid is opofferend en strydig met ons kultuur.

Wanneer ons soos God gee, en ons vereer Hom met daardie donasie, bring dit ons nader aan Hom. Dit veroorsaak dat ons ophou om na onsself om te sien, en eerder na ander om te sien. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer begin ons prioriteite en waardes Syne weerspieël.

Hoe leef jy dus vrygewig? Dit begin deur God te vra om vir jou ‘n vrygewige ingesteldheid te gee. As jy nie seker is hoe om dit te doen nie, probeer om hierdie gebed te bid.


Vader,

Dankie dat U vir my gewys het hoe vrygewigheid lyk. Ek bely dat dit soms vir my maklik is om te fokus op dinge wat nie saak maak nie. Vandag gee ek my egter oor aan u wil en vertrou volkome op U. Verander die manier waarop ek dink, en gee my ‘n vrygewige hart. Maak my bewus van die hulpbronne wat ek het, en hoe ek dit kan gebruik om ander te dien. Help my om ‘n lewe te lei wat ander seën net soos U my ryklik seën.

In die Naam van Jesus.

Amen.


Wanneer jy jou aan God oorgee deur vrygewig te lewe, verander dit lewens.

‘n Donasie van $40 VSA help ons om die Bybeltoep by 200 mense te kry — dit is 200 mense regoor die wêreld wie se lewens vir ewig deur die krag van die Woord van God verander sal word.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Die Woord van God verander lewens

Mense wat bymekaar staan

Die Woord van God is lewendig en aktief, en elke dag herskep dit mense regoor die wêreld!

Dit is hoekom ons daartoe verbind is om elke Bybelweergawe in die Bybeltoep op te neem deur wêreldwye Bybelvennootskappe aan te gaan en nuwe toeps en funksies te ontwikkel.

Ons glo dat enigiemand, enige plek, in staat moet wees om deur sy Woord tot God te kan nader.

En dit is alles moontlik — met jou hulp.


Jou vrygewigheid kan help om miljoene mense toegang tot die Woord van God te gee.

Wanneer jy ‘n herhalende donasie aan YouVersion gee, sluit jy by ‘n wêreldwye beweging aan wat dit moontlik maak vir enigiemand, enige plek, om deur sy Woord tot God te nader.

Vandag kan jy meer mense op meer plekke help om hulle verhouding met God deur die Skrif te verdiep.

Stel ‘n herhalende donasie nou op

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post: