Het jy geweet dat YouVersion ‘n familie van Bybeltoepassings het? Ons toepassings bedien kinders, tieners en volwassenes, omdat almal op ‘n unieke manier by die Woord van God betrokke is. Vir hierdie doel het ons toepassings geskep wat op mense in verskillende demografiese groeperings en streke gerig is.
Ontdek watter Bybeltoep die beste by jou behoeftes pas!
Ons stel bekend: “Bible Loop”
“Bible Loop” is die nuutste toevoeging tot ons familie van toepassings! “Bible Loop” is vir tieners geskep en bied boeiende aktiwiteite, interaktiewe funksies en speletjies om die Skrif te memoriseer en te onthou. As jy ‘n tiener is, of een het wat deel van jou lewe is, wil jy dit nie misloop nie.
Bybel App vir Kinders
Hierdie toepassing is gemik op die jong kinders in jou lewe. In die “Bible App for Kids” sal jy aangrypende Bybelstories en interaktiewe speletjies ontdek wat bedoel is om kinders te help om ‘n liefde vir God en sy Woord te ontwikkel.
Bybeltoep
Ons stel die wêreld se gewildste, mees afgelaaide Bybeltoepassing bekend! Met toegang tot meer as 3 500 vertalings, 2 300 tale en talle leesplanne, was dit nog nooit makliker om tyd in die Woord van God op ‘n manier deur te bring wat die beste by jou behoeftes pas nie.
Bible App Lite
“Bible App Lite” laat jou toe om vanlyn die Woord van God enige plek, enige tyd te lees. Hierdie toepassing is slegs in sekere streke beskikbaar.
Neem deel aan die 30-daguitdaging deur een van hierdie toepassings af te laai! As jy boonop vanaf 1 November vir 30 dae aaneen die Bybeltoep gebruik, sal jy die eksklusiewe kenteken van wêreldwye Bybelmaand verwerf.
Die plasing is ook beskikbaar is:

