Die Woord van God verander lewens. Dit kan joune verander.

Die Woord van God verander lewens. Dit kan joune verander.

Gedurende November vier mense regoor die wêreld die Woord van God saam tydens wêreldwye Bybelmaand. 

Sluit aan by die wêreldwye Bybelbeweging met die 30-dag-Bybeluitdaging. 

Sluit aan by die uitdaging

Navosing bewys dat volgehoue betrokkenheid by die Woord van God alles kan verander – ongeag of jy minder angstig of eensaam wil voel, of meer selfvertroue nodig het om met ander oor jou geloof te praat. 

Op watter wyse is die Woord van God besig om jou te verander?    

Gebruik die Bybeltoep vanaf November vir 30 agtereenvolgende dae en verwerf die eksklusiewe kenteken van wêreldwye Bybelmaand.

Die Woord van God verander lewens. Dit kan joune verander.

Share this post:

Ervaar hierdie week eksklusiewe inhoud in Daagliks bygewerk!

BibleProject storiebeelde

Wat gee jou hoop?

Ons wêreld verander voortdurend, maar die Skrif herinner ons daaraan dat ons hoop op God nooit verander nie.

Ervaar hierdie week in Daagliks bygewerk, ons ewige hoop in God met behulp van eksklusiewe inhoud wat deur ons vennoot, BibleProject, verskaf word.

BibleProject verduidelik Bybelboeke en temas op kreatiewe wyse sodat mense die Bybel kan ervaar as ‘n verenigde verhaal wat na Jesus lei.

Sluit vir al sewe dae by ons aan in Daagliks bygewerk om die ware, lewende hoop van God te ontdek.

Maak Daagliks Bygewerk oop

Hou jy van BibleProject? Volg hulle Bladsy in die Bybeltoep.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Hier is iets om te vier …

Bybeltoep vir Kinders — 100 000 000

Bybel App vir Kinders

Bybel App vir Kinders het

100 miljoen installasies bereik!

Hierdie toepassing is geskep in vennootskap met OneHope en het miljoene kinders in 66 tale gehelp om deur interaktiewe verhaaltjies en aktiwiteite die Woord van God lief te kry.

Het jy kinders agt jaar en jonger? Laai die Bybel App vir Kinders af!


“My vriendin, wat ‘n sendeling in Suidoos-Asië is, vertel dat haar 6-jarige seun al sy plaaslike vriende oornooi en Bybel App vir Kinders se verhale vir hulle vertaal. ‘n Sesjarige vertaal en deel die Woord van God!”

JENN, VSA


100 miljoen is net die begin …

Ons vier nie net wat God gedoen het nie, maar wat Hy volgende sal doen — in ons lewens en in die lewens van kinders regoor die wêreld.

Wanneer jy vandag ‘n donasie gee, help jy ons om die Woord van God aan almal te bring — ongeag hul ouderdom.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gesin

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Share this post:

Wil jy help?

Hande wat gloeiende sfeer vashou

Hoe kan God jou gebruik?

Wanneer jy die toep deel of ‘n donasie aan YouVersion maak, gee jy hoop aan miljoene mense regoor die wêreld.

Hier is net ‘n paar maniere hoe YouVersion mense help om ‘n verbintenis met God te maak en hoop in sy Woord te vind:


Oekraïense Bybels en hulpbronne

Gedurende ‘n uiters hartverskeurende tyd in die Oekraïne, het die algehele soekaktiwiteit in YouVersion meer as verdubbel.

Namate soektogte om hoop, angs en vrede eksponensieel gegroei het, kon Oekraïners te midde van hul pyn en emosie, met die Woord van God ‘n verbinding maak.

Ons span was in staat om binne ‘n paar dae vinnig te reageer met hulpbronne om hoop te bring:

  • Die eerste Oekraïense klankbybel in YouVersion
  • Nuwe Bybel App vir Kinders hulpbronne
  • ‘n Gebed om vertroosting wat baie mense in gebed vir die Oekraïne laat saamtrek
  • Deurlopende aanmoediging aan ons Oekraïense gemeenskap deur e-posse en push-kennisgewings

41 Nuwe Bybeltale in 2022

Het jy geweet dat YouVersion Bybels in meer as 1 800 tale bied? Slegs in 2022 het ons 41 nuwe Bybeltale by ons toep-ervaring gevoeg.

Te danke aan die vrygewigheid van ons gemeenskap- en Bybeluitgewer-vennote, kan ons hierdie ervaring aan meer mense verskaf.


God doen iets wonderliks deur YouVersion en jy kan deel daarvan wees!

Jou ondersteuning kan iemand se lewe verander.

Wanneer ons God vertrou met wat Hy vir ons gegee het, is Hy in staat om meer te doen as wat ons ooit sou kon dink.

Gee nou ‘n donasie

Die maklikste manier om tot ons bediening by te dra,
is deur ‘n herhalende donasie op te stel.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Oor die afgelope vyf jaar …

Die Bybel vir Almal

BYBEL
VIR
ALMAL

Ons kom al nader aan almal.

Sedert 2017, het ons YouVersion-gemeenskap mildelik aan die Bybel vir Almal gegee — ‘n veldtog wat daarop fokus om vir almal op die planeet teen 2033 toegang tot minstens ‘n gedeelte van die Skrif in hul eie taal te verskaf.

Oor die afgelope vyf jaar, het ons gemeenskap bygedra tot projekte vir Bybelvertaling in 94 tale en in 35 lande, insluitend projekte vir:

  • Gebaretale
  • Gesproke tale sonder geskrewe vorm

Ons hou egter nie op nie. Die Bybel moet nog in meer as 3 000 tale vertaal word. Saam kan ons die Bybel by almal kry.

Word deel van wat God in die lewens van mense regoor die wêreld doen deur vandag ‘n donasie te maak. Of dit R100 of R500 is, jou donasie sal ‘n verskil maak!

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur die Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

Share this post: