Jou YouVersion Oorsig is gereed!

2019 Oorsig

Het jy al jou YouVersion Oorsig gesien? Dis die hele jaar in een beeld!

Wil jy in 2020 nader aan God kom? Die Bybel Toep het baie maniere om jou te help. (En nog meer in die komende jaar.) Hier is een van die beste maniere om te besluit wat om volgende te doen: kyk terug oor die pad wat jy hierdie jaar geloop het. Jou YouVersion Oorsig wys jou hoeveel Leesplanne jy voltooi het, Verse jy gekleurmerk het, Versbeelde wat jy geskep het, en nog meer. En dis baie maklik om dit met vriende te deel!

Jou YouVersion Oorsig

Het jy ‘n nuwe toestel gekry? Moet dít nie vergeet nie.

Toestelle

Wat is die beste toepassing vir nuwe toestelle?

Almal hou daarvan om ‘n splinternuwe toestel te kry tydens die vakansietyd. Dit help ons om in kontak te bly, ons belangstellings na te vors, foto’s en videos te neem en om betalings te doen. Terwyl jy al jou nodige toepassing installeer (en jou gesinslede help met hulle s’n), moenie die toepassings vergeet wat jou en jou gesin kan help om elke dag nader aan God te kom nie.

Die Bybel Toep Embleem

Die Bybel Toep laat jou toe om jou gunsteling Bybelweergawes te lees, of daarna te luister, om by wonderlike leraars te leer deur middel van Leesplanne, en jou reis met ander te deel.

Bybel Toep vir Kinders: Jesus

Die Bybel App vir Kinders help kinders om 41 Bybelstories deur middel van prettige animasie en aktiwiteite te lees. Dis nou in 50 tale beskikbaar!


Meisie met 'n foon

Oorweeg jy ‘n geskenk vir die einde van die jaar?

Jy kan deel uitmaak daarvan om ons te help om mense regoor die wêreld te help om elke dag kontak te maak met God. Vat hande met ons in hierdie wêreldwye beweging van God.

Skenk

Die gewildste Leesplanne van 2019 is…

'n Man wat in die verte in kyk

“Ek weet wat Ek vir julle beplan,” sê die Here: “voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” – Jeremia 29:11

'n Man wat in die verte in kyk

Sluit hierdie dekade op ‘n goeie noot af:

Voltooi een van die hoogs-aangeskrewe Bybel Leesplanne van 2019 en berei jou hart voor vir God se planne vir jou in 2020:

Bruistablette vir die lewe
Dagstukkies vir besige vroue
Leef deur geloof
’n Hart vol Dankbaarheid
Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Kyk Na Nog Leesplanne

Geseënde Kersfees!

Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore. - Lukas 2:11 - Versbeeld

Dit is die wonderlikste tyd van die jaar…

2000 Jaar gelede het Jesus aarde toe gekom om Immanuel te word, “God met ons.” En deur hierdie een opofferende daad van liefde, ervaar ons vir ewig intimiteit met God!

Terwyl ons vandag Jesus se geboorte vier, kan jy die goeie nuus van Sy liefde versprei: deel die Versbeeld hierbo met jou vriende en familie.

Ons wens jou ‘n baie Geseënde Kersfees toe! Van ons almal by YouVersion.

Deel Kersfeesbeeld

Kersfees Bybelverse

Kersfees Bybelverse

Hy sal sy mense ‘n kort rukkie prysgee, so lank as dit ‘n vrou neem om ‘n kind in die wêreld te bring. Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het, terugkom na die Israeliete toe.

MIGA 5:2

Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.

JESAJA 7:14

Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

MATTEUS 1:20-21

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

JOHANNES 3:16

Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

JESAJA 9:6

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:14

Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word.

GALASIËRS 4:4-5

Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!

LUKAS 2:10-11

Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!”

LUKAS 2:13-14

Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. En omdat God hulle in ‘n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met ‘n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

MATTEUS 2:9-12