Maak gereed vir YouVersion se 2019 21-Dae Uitdaging!

21-Dae Uitdaging

Ons het ons jaarlikse 21-Dae Uitdaging begin om mense te help om ‘n gewoonte te kweek om elke dag God se Woord te lees. Jy het miskien nog nooit oorweeg om die gewoonte aan te leer nie. Dalk het jy die begin van die jaar goed begin… en nou hou jy nie meer daarmee vol nie.

Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Die 21-Dae Uitdaging is jou kans om deel te wees van die pret of om weer op die spoor te kom. Ons plaas die Uitdaging vroeg hierdie jaar sodat jy tyd het om die Leesplanne te kies wat jy wil doen en om vriende uit te nooi om dit saam met jou te doen!


Amptelike Reëls

Die 21-Dae Uitdaging begin op 1 Februarie 2019 en duur tot 21 Februarie 2019.

Om te kwalifiseer vir jou spesiale 2019 21-Dae Uitdaging Kenteken, moet jy ten minste een dag se leesstuk gelees het (of na geluister het), van ten minste een Leesplan vir elkeen van die 21 dae.

As jy alreeds ‘n leesplan voor 1 Februarie begin het, is dit nie ‘n probleem nie. Gaan net daarmee aan en moenie ‘n dag oorslaan nie.

Jy hoef nie ‘n leesplan te doen wat 21 dae duur nie. Jy kan leesplanne van enige lengte doen, selfs al is hulle korter of langer as 21 dae. Maak net seker dat jy ten minste een dag van ten minste een leesplan vir elkeen van die 21 dae voltooi.

Elke keer wanneer jy ‘n dag voltooi het, maak seker dat elkeen van daardie dag se leesstukke as voltooid gemerk is:

Maak seker dat alles afgemerk is

As jy al 21 dae voltooi (sonder om ‘n dag oor te slaan), sal jy jou spesiale 2019 21-Dae Uitdaging Kenteken in jou Bybel Toep profiel ontvang:

2019 21-Dae Uitdaging Kenteken

Om jou Kentekens te sien: Gaan na jou profiel in die Bybel Toep,
en kies Kentekens.


Dit is wat jy nou moet doen.

As dit jou eerste uitdaging is, raai ons jou aan om met ‘n kort Leesplan te begin en dan aanhou om ‘n klomp kort Leesplanne na mekaar te voltooi. Vat dit een dag op ‘n slag, en soos wat jy in die gewoonte kom, begin dan om geleidelik langer Leesplanne aan te pak.

Druk op die knoppie hier onder om die Leesplanne te vind wat jy vir die uitdaging wil kies. Jy kan op Stoor vir Later druk, op enige Leesplanne waarvan jy hou en dan op 1 Februarie, die eerste dag van die uitdaging (of nog vroeër) begin. Hier is nog ‘n voorstel:

Leesplanne is beter saam met vriende! Watter leesplan jy ookal eerste wil doen, druk op Begin Leesplan, kies Saam Met Vriende, stel die begindatum vir 1 Februarie, en nooi dan ‘n vriend (of 2 of 5) uit. (So kan jy jou vriende vooraf kennis gee.)

Kom ons doen dit!

Kies Jou Leesplanne

Neem jou Bybel gewoonte na ‘n hoër vlak.

Groep mense wat die Bybel bespreek

Leesplanne help jou om God se Woord daagliks in jou lewe te laat spreek. Soos jy besin oor wat verskillende verse beteken, is dit raadsaam om ander perspektiewe te nooi. Saam, sal julle dinge ontdek wat jy dalk nie op jou eie sal oplet nie.

Hierdie Leesplanne is almal gewild vir vriende om saam te geniet. Maar jy kan enige Leesplan saam met vriende doen. Begin net ‘n plan, druk Met Vriende, en nooi ‘n vriend (of twee, of vyf) om by jou aan te sluit.

Maak dit ‘n gesprek met vriende:

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van Rensburg
Here, hoor U my? deur Nina Smit
Psalms en Spreuke in 31 Dae
1 & 2 Timoteus

Kyk Na Meer Leesplanne

Die Bybel Toep is beter saam met vriende.

Om ‘n gewoonte te vorm, luister net…


Laat die Bybel vir jou gelees word.

'n Man luister na die Klankbybel op 'n treinstasie

Wat jy ookal doen: oefen, regmaak vir werk, werk toe ry, of selfs saamlees — die Bybel Toep het baie klankweergawes wat vir jou gelees word uit God se geïnspireerde Woord…

Druk op die luidspreker ikoon.

Luidspreker ikoon

Wanneer jy die klank ikoon bo die Bybelteks sien, druk daarop, en druk dan op “Speel”. (As jy nie ‘n klank ikoon sien nie, verander die Bybelweergawe na een wat wel ‘n luidspreker langsaan het.)

Verstel soos jy wil.

Klankkontroles

Speel, verpoos, draai terug, of vorentoe. Slaan ‘n vers oor of gaan een terug. Kies die terugspeel spoed. Vertoon of verskuil ‘n “speel” knoppie wat bo-oor die Bybelteks verskyn. Luister of verpoos met slegs een druk. Stel ‘n tydhouer.

Maak God se Woord jou klankbaan.

Probeer dit nou

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie

1  
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie

2  
maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.

3  
Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

4  
So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.

5  
Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie ‘n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.

6  
Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.

Psalm 1 in Afrikaans

Psalm 1 in English

Ek het nou net die Vers-van-die-Dag gekry. Wat doen ek nou?

'n Persoon wat die Vers-van-die-Dag op sy foon gebruik

God het lewe in die hele Skrif geblaas. Dit is nutting om ons te leer wat waar is. Dit is nuttig om ons foute reg te stel. Dit is nuttig om ons lewens weer heel te maak. Dit is nuttig om ons te lei om die regte dinge te doen.

2 TIMOTEUS 3:16

Baie van ons by YouVersion benader ons daaglikse oordenkingstyd in die Bybel, met drie maklike stappe:

1. Ontvang.

Berei jou gedagtes voor om te verstaan wat God vir jou wil hê en maak jou hart oop om Sy voorskrifte te verwelkom. Probeer iets soortgelyks bid:

Vader, dankie vir U Woord. Help my asseblief om te hoor wat U Gees vir my wil sê. Wys my asseblief waar ek dit in my lewe kan toepas. Dankie, Here. Amen.

2. Besin.

Moenie net oor die skrifgedeelte vluglees nie. Lees dit aandagtig. Het jy hulp nodig om dit te verstaan? Druk net op die vers om dit in die Bybel Toep oop te maak. Daar sal jy:

Die vers in verskillende Bybelweergawes kan vergelyk.

Lees dit in die konteks van die hele hoofstuk.

Luister daarna in klank.

Deel dit selfs met ander en vind uit wat hulle dink.

3. Reageer.

As jy eers regtig na God se Woord geluister het, laat dit dan met jou praat. Dink na oor wat dit in jou lewe beteken. Wat behoort jy anders te doen? Is daar iets waarmee jy moet ophou? Dalk is daar iets waarmee jy kan begin. Dit is waar lewensveranderinge plaasvind.

Wees gehoorsaam aan God se boodskap! Moenie jouself om die bos lei en net daarna luister nie. As jy die boodskap hoor en dit nie gehoorsaam nie, is jy soos mense wat na hulleself in die spieël kyk en vergeet wat hulle gesien het as hulle wegdraai.

JAKOBUS 1:22-24


4. Bonus! Begin met ‘n Leesplan.

Die Vers-van-die-Dag is ‘n wonderlike manier om God se Woord deel van jou lewe te maak. Oorweeg ‘n Bybel Leesplan vir jou volgende stap.

Leesplanne bied hanteerbare Skrifgedeeltes wat jy elke dag kan lees, en sluit ‘n oordenking gedeelte in wat jou help om te besin oor wat dit in jou alledaagse lewe beteken. Ons het Leesplanne vir bykans elke seison van die lewe, oor bykans elke onderwerp waarin jy mag belangstel.

Ontdek Leesplanne