Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie

1  
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie

2  
maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.

3  
Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

4  
So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.

5  
Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie ‘n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.

6  
Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.

Psalm 1 in Afrikaans

Psalm 1 in English

CategoriesUncategorized