‘n Gebed vir Goeie Vrydag

A Prayer for Good Friday

Die waarheid het alles verander

Stel jou voor hoe die lewe sou wees as Jesus se woorde, “dit is volbring”, werklik sy lááste woorde was. Gelukkig het Jesus nie net die waarheid gepraat nie – Hy ís die Waarheid.

Die waarheid sal uiteindelik seëvier.

“… Jesus het vir hom gesê: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie'”
(Joh. 14:6 AFR83).

Met sy dood het Jesus ons van die leuens oor sonde en skaamte bevry en ons ‘n nuwe identiteit gegee wat in sy waarheid geanker is. Dít is wat Goeie Vrydag “goed” maak.

Dink vandag daaroor na met hierdie spesiale gebed vir Goeie Vrydag.

Kom ons bid

Share this post:

Die Verlosser waarvoor jy gewag het, het gekom.

Op Palmsondag het Jesus Jerusalem binnegery – nie om leërmagte te verslaan nie, maar om sonde, skaamte en die dood te oorwin. Hy heers vandag nog steeds, en bied waarheid aan vir dié wat daarna soek, liefde vir dié wat verlore voel en lewe vir almal wat glo.

Die Heilige Week – die week wat uitloop op Jesus se offergawe en oorwinning oor die dood – begin met Palmsondag.

Verken die Heilige Week in die Bybeltoep vir die volgende agt dae, en ervaar hoe hiérdie Koning alles verander.

Maak Begeleide Skrif oop

Share this post: