Jy het jou daartoe verbind om 30 dae lank die Woord van God te lees … en jy het dit nie alleen aangepak nie.
Jy het by meer as 3 000 000 mense aangesluit wat gedurende November tyd in die Bybel deurgebring het.
Een van daardie mense by wie jy aangesluit het, was Pamela.
Tydens haar grootwordjare het Pamela diep pyn en seer ervaar, en vrae gehad oor wie sy is. Met haar gevoelens en vrae het sy haar tot die Bybel gewend, en ‘n leesplan oor identiteit ontdek.
“Die Woord van God het dit vir my duidelik gemaak dat ek my identiteit reeds van Jesus ontvang het. Ek het dit net nog nie ontdek nie. Dáárdie waarheid het alles verander.”
Pamela, MEKSIKO
Wêreldwye Bybelmaand mag dalk ten einde loop, maar die Woord van God is nie net vir ‘n sekere tydperk bedoel nie. Dit behoort deel van jou alledaagse lewe te wees terwyl jy toelaat dat die waarheid jou verander – net soos dit Pamela se lewe verander het.
Hou dus aan! Bly in God se teenwoordigheid deur sy Woord te lees, en ontdek wat Hy volgende gaan doen …
Die plasing is ook beskikbaar is:

