Hoe om in 2021 vorentoe te beweeg

Vrou praat op foon

Ons het almal gedragspatrone aangeleer wat die basis van ons daaglikse gebruike vorm. Wat gebeur egter as ons daaglikse gebruike skielik verander? Hoe beweeg ons vorentoe nadat ons ‘n jaar lank in onsekerheid gelewe het?

Die begin van 2021 is die perfekte tyd om ons denke te vernuwe, ons gewoontes van naderby te bekyk en ons harte voor te berei vir dit wat God volgende gaan doen.

Hier is vyf maniere om dit te doen:

  1. Sonder daagliks tyd saam met God af.
  2. As julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

    JEREMIA 29:13

    Begin om gesonde gewoontes te bou deur tyd saam met God jou belangrikste prioriteit te maak. Wanneer jy tyd saam met Hom prioritiseer, laat jy Hom toe om jou denke te hernu en jou denkwyse te verander.

    Vra jouself af: Op watter tye van die dag vind ek dit die maklikste en die moeilikste om met God kontak te maak?

  1. Die oog gevestig op Jesus
  2. Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.

    HEBREËRS 12:1-2

    Deur Jesus as die middelpunt van jou lewe te maak, sal jou help om enigiets tersyde te stel wat jou maklik kan verstrengel. Hierdie gebruik sal uiteindelik jou lewenswyse verander.

    Neem dus vandag ‘n oomblik om na te dink oor wat jou daarvan mag weerhou om jou fokus ten volle op Jesus te rig. Skep ‘n Gebed in jou Bybeltoep en maak ‘n lys van die afleidings wat jy wil laat vaar. Skep dan ‘n Gebedskennisgewing wat jou kan help om daagliks hierdie afleidings aan Jesus oor te gee.

    Vra jouself af: Watter begeertes weerhou my daarvan om Jesus die algehele middelpunt van my lewe te maak?

  1. Onthou aan Wie jy behoort
  2. … julle behoort nie aan julleself nie: julle is duur gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

    1 KORINTIËRS 6:19-20

    Niks wat jy die afgelope jaar opgeoffer het sal ooit vergelyk kan word met God se volkome offer aan jou nie. Wanneer jy dus ontmoedig raak, onthou dat God vir ewig in jou lewe belê is. Jou toekoms is in die hande van Iemand wat jou liefhet en Hy wil hê jy moet die mens word waarvoor Hy jou geskape het.

    Vra jouself af: Watter gewoontes sal my help om God meer te verheerlik?

  1. Begin klein
  2. Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.

    LUKAS 16:10

    Dit neem tyd om te groei, kies dus iets kleins wat jy wil verander en begin daarmee. Om een ding stelselmatig goed te doen, sal dit makliker maak om later ook ander gewoontes te bemeester. Wees genadig met jouself indien jy ‘n dag (of vyf) oorgeslaan het. Deur klein te begin, maak jy dit vir jouself makliker om op te staan en steeds vorentoe te beweeg.

    Vra jouself af: Watter klein dingetjie kan ek begin bemeester?

  1. Nooi ander om by jou aan te sluit
  2. Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.

    SPREUKE 27:17

    Ons is nie bedoel om alleen deur die lewe te gaan nie. Dit sal vir jou makliker wees om koers te hou as jy vriende nooi om by jou reis aan te sluit. Soek na ‘n Bybelleesplan wat julle graag wil lees en verbind julle dan om elke leesplandag saam deur te werk.

    Vra jouself af: Watter betroubare vriende kan ek nooi om by my aan te sluit?


Terwyl jy gesonde gewoontes ontwikkel, sal jy mettertyd agterkom dat jy al hoe meer die mens word wat God jou geskape het om te wees.

Dit neem net ‘n oomblik om aan die gang te kom; en hierdie vyf maniere is ‘n uitstekende beginpunt. Kies die nommer waarop jy eerste wil konsentreer en bly dan daartoe verbind om vorentoe te beweeg deur hierdie ekstra tree te neem …

Stel kennisgewings op wat jou kan help om dit wat belangrik is, na te streef.

Kennisgewings is ideaal in tye wanneer jy ekstra bemoediging nodig het om aan goeie gewoontes te bly bou. Deur kennisgewings in die Bybeltoep op te stel, is daar altyd ‘n manier om verbind te bly aan die Woord van God en sy wil vir jou. Tans kan jy kennisgewings vir die Vers-van-die-dag en YouVersion Gebed opstel.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos