Kom ons onthou hoekom ons feesvier …
Sluit vandag by die Paasfees Uitdaging aan, en dink na oor die diepte van Jesus se liefde vir jou.
Voltooi ‘n Paasfeesleesplan tussen nou en Opstandingsondag om ‘n eksklusiewe kenteken te verwerf!
Sluit vandag by die Paasfees Uitdaging aan, en dink na oor die diepte van Jesus se liefde vir jou.
Voltooi ‘n Paasfeesleesplan tussen nou en Opstandingsondag om ‘n eksklusiewe kenteken te verwerf!
Wanneer Februarie begin, kan jy aan jou Bybelgewoonte bou met die 21-Dag Uitdaging — ‘n geleentheid om ‘n lewenstyl van betrokkenheid by die Woord van God te ontwikkel wat elke deel van jou lewe sal herskep.
Voltooi een leesplandag vir 21 dae gedurende die maand om ‘n eksklusiewe Kenteken te verdien.
Begin met een van hierdie leesplanne:
Hoe verlede jaar ook al gelyk het, is hierdie jaar ‘n geleentheid vir ‘n nuwe begin.
As ‘n wêreldwye gemeenskap, het ons ‘n geleentheid om vir ons lewens te bid — en ook die lewens van miljoene mense regoor die wêreld.
Stel jou voor wat God kan doen as jy saam met ons gemeenskap bid — almal wat dieselfde gebed tot dieselfde getroue God bid.
Vader,
U is die lig van die wêreld.
Deur U wandel ek nie meer in die duisternis nie, maar in u lig. Mag my lewe u waarheid weerspieël, ander na U wys en u Naam verheerlik.
Gee my die krag en moed om die hoop wat ek in U het te deel.
Hierdie wêreld is gebroke, maar U maak wat stukkend is weer heel.
Nader hierdie jaar tot die verlorenes, die eensames en die wat seer het. Nader asseblief ook tot my.
Mag u liefde ons bymekaar bring, verdeeldheid herstel en u wêreldwye kerk verenig.
Wat hierdie jaar ook al inhou, U is getrou en u beloftes is waar.
Dankie vir die ewige hoop wat ek in U het.
In die Naam van Jesus, amen.
Nadat jy hierdie gebed gestoor het, deel dit dan in die Bybeltoep sodat jou vriende by jou kan aansluit!
Moenie hierdie jaar net op doelwitte en prestasies fokus nie — kom voortdurend nader aan God deur sy Woord en Hy sal jou nuwe krag gee.
Ontdek hierdie jaar ‘n lewe wat met die vrede en vreugde van God gevul is, en verken sy Woord met een van hierdie leesplanne.