‘n Gebed vir 2024

Persoon wat bid

Vir wat hoop jy in hierdie nuwe jaar?

Miskien wil jy nuut begin sonder die pyn in jou verlede, of dalk kom jy die nuwe jaar binne met hoop en verwagting.

Terwyl ons die toekoms verwag, kan ons — nou — deur gebed nader aan God kom.

Stel jou voor wat hierdie jaar kan gebeur as miljoene mense regoor die wêreld saamstaan om met vrymoedigheid vir mekaar te bid, vir ons wêreld en dat die wil van God sal geskied.

As deel van ons wêreldwye YouVersion-gemeenskap, wil ons jou nooi om saam met ons te bid.


Vader,

Ons dank U vir alles wat U gedoen het, en ons kyk met hoop na die toekoms.

Ons wêreld is vol gebrokenheid wat net U kan herstel, daarom bid ons vir geleenthede om die hoop wat ons in U het met vrymoedigheid te verkondig.

Ons bid vir gelowiges regoor die wêreld — dat hulle met U eensgesind sal wees en mekaar sal liefhê en ondersteun.

Help ons in alles om hierdie jaar ons hoop op U te vestig.

Gee ons krag om te volhard, moed om u goeie nuus te deel, en vrede in die wete dat U altyd by ons is.

In die Naam van Jesus. Amen.


Voeg by die gebedslys

Nadat jy hierdie gebed gestoor het, kan jy dit in die Bybeltoep deel sodat jou vriende saam met jou kan bid!

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Thai Oekraïnies Viëtnamees