‘n Gebed vir ‘n nuwe jaar

2023 - Iemand wat bid

Hoe verlede jaar ook al gelyk het, is hierdie jaar ‘n geleentheid vir ‘n nuwe begin.

As ‘n wêreldwye gemeenskap, het ons ‘n geleentheid om vir ons lewens te bid — en ook die lewens van miljoene mense regoor die wêreld.

Stel jou voor wat God kan doen as jy saam met ons gemeenskap bid — almal wat dieselfde gebed tot dieselfde getroue God bid.


Vader,

U is die lig van die wêreld.

Deur U wandel ek nie meer in die duisternis nie, maar in u lig. Mag my lewe u waarheid weerspieël, ander na U wys en u Naam verheerlik.

Gee my die krag en moed om die hoop wat ek in U het te deel.

Hierdie wêreld is gebroke, maar U maak wat stukkend is weer heel.

Nader hierdie jaar tot die verlorenes, die eensames en die wat seer het. Nader asseblief ook tot my.

Mag u liefde ons bymekaar bring, verdeeldheid herstel en u wêreldwye kerk verenig.

Wat hierdie jaar ook al inhou, U is getrou en u beloftes is waar.

Dankie vir die ewige hoop wat ek in U het.

In die Naam van Jesus, amen.

Stoor Gebed

Nadat jy hierdie gebed gestoor het, deel dit dan in die Bybeltoep sodat jou vriende by jou kan aansluit!


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Om in ‘n besige wêreld te rus

Persoon in 'n besige straat

“Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek.”

MATTEUS 11:28-29

So dikwels gaan dit dol in die wêreld. Ons word wakker met die geluid van dringende alarms en jaag van een aktiwiteit na die volgende.

Om ons besige roosters te onderbreek, kan ondenkbaar voel — ons is bekommerd dat ons sal agter raak. Die wêreld skree vir ons om vas te gordel, om skouer aan die wiel te sit en nog harder te werk.

Maar die Skrif moedig ons aan om stil te raak en ons eerder na God te wend.

Hoe kry ons tyd om te rus in ‘n wêreld wat teen so ‘n onvolhoubare pas beweeg?

Vind jou hoekom.

God het ons geskep vir doelgerigte werk. Daar is egter ‘n verskil tussen die doen van sinvolle werk en om daardie werk ons identiteit te laat word. Die oomblik wat ons die lyn oorsteek, word ons in ‘n bose kringloop vasgevang.

Om tyd aan rus af te staan, is die uiterste teenoorgestelde van wat die wêreld van ons vra.

Dit is egter iets wat God deurgaans as ‘n opdrag vir ons regdeur die Bybel gee om te doen.

Van die begin af was God vir ons ‘n rolmodel om te rus, en Hy het ons beveel om rus deel te maak van ons weeklikse ritme.

Miskien besef jy dat jy moet rus omdat jy agterkom iets in jou lewe word belangriker as God. Dalk is dit om jou geestesgesondheid te prioritiseer. Miskien is jy bloot net uitgeput.

Wat dit ook al is, kry ‘n duidelike visie hoekom rus vir jou belangrik is.

Plaas dit op jou kalender.

Tyd is een van ons waardevolste hulpbronne.

As ons nie vooraf rus skeduleer nie, is dit baie moontlik dat iets anders daardie hulpbron sal gebruik.

Een van die eenvoudigste maniere te rus, is deur dit te beplan. Probeer om dit op jou rooster aan te bring, en lig jou familie en vriende oor daardie tye in.

Of dit nou 20 minute of 24 uur is, rus skep vir jou die ruimte om die dinge wat God geskep het te waardeer en te ervaar.

Gee jouself iets om na uit te sien.

Wanneer jy ‘n tree terugneem en jou pas ‘n bietjie stadiger maak om nader aan God te kom, sal dit waarskynlik ongemaklik of verontrustend voel.

Dit beteken waarskynlik dat jy dit reg doen.

Wanneer ons rus, word die versoeking om in bedrywigheid te verval nog groter. Ware rus kom egter nie altyd op niksdoen neer nie.

Wanneer jy in jou rooster tyd sit om te rus, beplan om dan iets te doen wat vir jou vreugde of vrede bring.

Dit kan wees om tyd af te staan om God se skepping te waardeer of om met ‘n stokperdjie te begin waarvoor God jou passievol gemaak het.

Moenie dit alleen doen nie.

God het ons geskep vir gemeenskap. Ons is geskape om in verhoudinge te wees. Daardie verhoudinge kan een van die tasbaarste maniere wees waarop ons God se teenwoordigheid ervaar.

Om ‘n ritme van rus te kry, is nie iets wat jy alleen hoef te doen nie. Dink aan maniere waarop jy saam met jou gesin of vriende kan rus.

Om saam te rus, sal jou help om verantwoordbaar te bly wanneer die wêreld jou by werk en aktiwiteite probeer intrek.

Wees onverbiddelik.

Om rus te beoefen is ‘n geestelike dissipline. Net soos enige dissipline, verg rus vasberadenheid en selfbeheersing.

Wanneer ons kies om nie op ons eie inspanning staat te maak nie en Jesus te laat oorneem, gee ons dinge waaroor ons skaam is, ons strewe en verwagtinge oor. In ruil daarvoor ervaar ons God se volmaakte vrede.

Rus help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite te herrangskik.

Rus laat ons toe om te vertrou dat God werk, selfs wanneer ons nie werk nie.

Rus is hoe ons ons Verlosser genoeg vertrou om “genoeg” te sê.

Wil jy nou ‘n oomblik in God se teenwoordigheid stil raak?

Maak die Begeleide Gebed oop

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Waarvoor bid jy?

Persoon wat bid

As iets in jou lewe groot genoeg is om oor bekommerd te wees, is dit groot genoeg om oor te bid.

Nie seker waar om te begin nie? Kies een van hierdie aangepaste gebede om by jou YouVersion-gebedslys te voeg.


Ek is bekommerd oor …

Vader, wanneer ek oor ______ dink, voel ek ______. Help my om my oë op U te vestig wanneer dinge buite my beheer voel. Herinner my dat U nie met my sal moed opgee nie omdat U vir my omgee. In die Naam van Jesus. Amen.

Skep ‘n Gebed >


Ek hoop …

Vader, U verstaan my diepste begeertes en behoeftes. Help my om my verwagtinge oor ______ aan U oor te gee. Terwyl ek u planne nastreef, help my om te onthou dat U my reeds met ______ gehelp het. Wys my hoe om ‘n lewe te lei wat die roeping waardig is wat U vir my gegee het. In die Naam van Jesus. Amen.

Skep ‘n Gebed >


My verhouding met …

Vader, ek gee my verhouding met ______ aan U oor. Lei ons deur hierdie tydperk wat ons gaan. Help my om te sien waar ek ______ en ______ is sodat ek daardie dinge aan U kan oorgee en daardie eienskappe kan vervang met u onbaatsugtige liefde. In die Naam van Jesus. Amen.

Skep ‘n Gebed >


Nadat jy ‘n gebed geskep het, maak seker dat jy op Deel met Vriende druk sodat hulle vir jou kan bid!


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

‘n Goeie Vrydag Gebed

Kruis

Hoekom is Goeie Vrydag “goed”?

… “Hy het gesê: ‘Dit is volbring!’ Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.”

JOHANNES 19:30

Die dissipels het toegekyk hoe Jesus uitroep: “Dit is volbring!” Tog, wat voltooi was, was nie Jesus se lewe nie – dit was alles wat ons van God se liefde geskei het.

“God by ons” het “God vir ons” geword toe Hy sy lewe opgeoffer het om ons te red.

Jesus het gely sodat die wêreld wat ly, God persoonlik kon ken … dit is wat Goeie Vrydag “goed” maak.


‘n Goeie Vrydag Gebed

Jesus,

My hart is seer dat die marteling en hartseer wat U aan die kruis moes verduur, nodig was om die mensdom te red. U wou nie hê dat ons slawe van vrees, angs of sonde moes wees nie — daarom het U Uself opgeoffer sodat die liefde kon oorwin.

Dis liefde wat aan die kruis gehang het en alles prysgegee het om ons te red. “Dit is volbring” was ‘n oorwinningskreet, want U het alles verslaan wat ons in ballingskap gehou het.

Te danke U opoffering kan ek vir altyd ‘n hegte verhouding met U ervaar. Dankie! Wys my hoe om u liefde vandag en elke dag bekend te maak.

Gebruik my om die wêreld te bereik vir wie U gesterf het sodat ons verlos kan word.

Amen.

Stoor Gebed

‘n Gebed vir die Oekraïne

Persoon wat bid

Terwyl die wêreld gebeure dophou wat in die Oekraïne afspeel, wil ons ons wêreldwye gemeenskap herinner aan die krag wat hulle het — die krag van gebed.

Gebed bring hoop.

Gebed verenig.

Gebed versterk.

Kom ons vra vir God om die mense van die Oekraïne te vertroos, beskerm en vir hulle te voorsien.


Vader,

ons het U nodig — soos nog altyd.

U is ons bron van krag en U sê vir ons om al ons bekommernisse aan U te gee.

Bring beskerming en genesing aan die mense in die Oekraïne. Wys hulle dat U by hulle is en dat U hul gebede verhoor.

Versterk asseblief enigiemand wat seergemaak, alleen of gebroke voel. Vervang enige gevoelens van angs, vrees en onsekerheid met U vrede en hoop.

Nader tot God, en Hy sal tot jou nader.

In die Naam van Jesus.

Amen.


Stoor dit in jou gebedslys sodat jy kan voortgaan om te bid.

Stoor Gebed

Ons besef hierdie tyd het gevoelens van chaos en onsekerheid regoor die wêreld geskep.

Waar jy ook al is, onthou dat God belowe om nooit diegene wat tot Hom nader te verlaat of in die steek te laat nie. Sy kinders is nooit alleen nie. Jy is nie alleen nie. Hy hou jou toekoms veilig in sy hande.