‘n Gebed vir Goeie Vrydag

A Prayer for Good Friday

Die waarheid het alles verander

Stel jou voor hoe die lewe sou wees as Jesus se woorde, “dit is volbring”, werklik sy lááste woorde was. Gelukkig het Jesus nie net die waarheid gepraat nie – Hy ís die Waarheid.

Die waarheid sal uiteindelik seëvier.

“… Jesus het vir hom gesê: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie'”
(Joh. 14:6 AFR83).

Met sy dood het Jesus ons van die leuens oor sonde en skaamte bevry en ons ‘n nuwe identiteit gegee wat in sy waarheid geanker is. Dít is wat Goeie Vrydag “goed” maak.

Dink vandag daaroor na met hierdie spesiale gebed vir Goeie Vrydag.

Kom ons bid

Share this post:

Die “Goeie” in Goeie Vrydag

Doringkroon

Selfs met sy laaste asemteug, het Jesus gebid.

Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.

Lukas 23:46

Jesus het deur sy dood aan elkeen van ons ‘n nuwe lewe in Hom geskenk. Dít is wat Goeie Vrydag “goed” maak.

Dink vandag na oor sy offer vir jou met ‘n spesiale gebed in die Bybeltoep.

GebedsikoonKom ons bid

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post:

“My God, my God …”

Kruis

Gebed is om vir God te vertel wat jy ook al op die hart het — beide vreugdevolle en ongemaklike dinge. Jesus het dit baie kere gedoen, ook aan die kruis.

… teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” (Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?).

MATTEUS 27:46

Jy kan Jesus se voorbeeld volg! Dink vandag na oor sy dood met ‘n spesiale gebed wat in die Bybeltoep beskikbaar is.

Kom ons bid

Stoor hierdie gebed en deel dit met jou vriende om Jesus saam op te soek.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

‘n Gebed vir 2024

Persoon wat bid

Vir wat hoop jy in hierdie nuwe jaar?

Miskien wil jy nuut begin sonder die pyn in jou verlede, of dalk kom jy die nuwe jaar binne met hoop en verwagting.

Terwyl ons die toekoms verwag, kan ons — nou — deur gebed nader aan God kom.

Stel jou voor wat hierdie jaar kan gebeur as miljoene mense regoor die wêreld saamstaan om met vrymoedigheid vir mekaar te bid, vir ons wêreld en dat die wil van God sal geskied.

As deel van ons wêreldwye YouVersion-gemeenskap, wil ons jou nooi om saam met ons te bid.


Vader,

Ons dank U vir alles wat U gedoen het, en ons kyk met hoop na die toekoms.

Ons wêreld is vol gebrokenheid wat net U kan herstel, daarom bid ons vir geleenthede om die hoop wat ons in U het met vrymoedigheid te verkondig.

Ons bid vir gelowiges regoor die wêreld — dat hulle met U eensgesind sal wees en mekaar sal liefhê en ondersteun.

Help ons in alles om hierdie jaar ons hoop op U te vestig.

Gee ons krag om te volhard, moed om u goeie nuus te deel, en vrede in die wete dat U altyd by ons is.

In die Naam van Jesus. Amen.


Voeg by die gebedslys

Nadat jy hierdie gebed gestoor het, kan jy dit in die Bybeltoep deel sodat jou vriende saam met jou kan bid!

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

‘n Gebed vir ‘n nuwe jaar

2023 - Iemand wat bid

Hoe verlede jaar ook al gelyk het, is hierdie jaar ‘n geleentheid vir ‘n nuwe begin.

As ‘n wêreldwye gemeenskap, het ons ‘n geleentheid om vir ons lewens te bid — en ook die lewens van miljoene mense regoor die wêreld.

Stel jou voor wat God kan doen as jy saam met ons gemeenskap bid — almal wat dieselfde gebed tot dieselfde getroue God bid.


Vader,

U is die lig van die wêreld.

Deur U wandel ek nie meer in die duisternis nie, maar in u lig. Mag my lewe u waarheid weerspieël, ander na U wys en u Naam verheerlik.

Gee my die krag en moed om die hoop wat ek in U het te deel.

Hierdie wêreld is gebroke, maar U maak wat stukkend is weer heel.

Nader hierdie jaar tot die verlorenes, die eensames en die wat seer het. Nader asseblief ook tot my.

Mag u liefde ons bymekaar bring, verdeeldheid herstel en u wêreldwye kerk verenig.

Wat hierdie jaar ook al inhou, U is getrou en u beloftes is waar.

Dankie vir die ewige hoop wat ek in U het.

In die Naam van Jesus, amen.

Stoor Gebed

Nadat jy hierdie gebed gestoor het, deel dit dan in die Bybeltoep sodat jou vriende by jou kan aansluit!


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post: