YouVersion se Bybeltoepassings nader ‘n miljard wêreldwye installasies met jou hulp!
Elkeen van daardie miljard installasies van die Bybel, sal ontelbare lewens — joune ingesluit — verteenwoordig wat die Woord van God bestudeer.
Hoe het die Woord van God jou lewe beïnvloed?
Terwyl die momentum vir die Bybel opbou, het ons ‘n wonderlike geleentheid om die Woord van God te deel met die bykans 42% van die wêreld wat dit nog nooit ervaar het nie.
Dink dus aan iemand wat vir jou belangrik is en nie tans die Woord van God lees nie. Stel jou voor hoe dit hul lewens kan verander indien jy die Bybel met hulle deel.
Hierdie beweging se momentum sal nie afneem voordat die Woord van God elke mens bereik het nie. Deel vandag die Bybeltoep en help ons om sodoende die historiese mylpaal te bereik!