Net voor die laaste paasmaaltyd het Jesus ‘n belangrike uitspraak gelewer toe Hy ‘n handdoek en wasskottel geneem … en sy dissipels se voete gewas het.
Die handdoek en wasskottel was ‘n blywende herinnering aan sy diensbaarheid. Daarna het Jesus sy dissipels genooi om sy offer met die brood en beker te onthou.
Jesus se dood was die hoogste daad van diensbaarheid. As gevolg van Jesus se onbaatsugtigheid kan ons Hom persoonlik ken!
Lees in vandag se Daagliks Bygewerk oor die laaste Paasmaaltyd en wat Jesus se hart om te dien vir ons beteken.

