Hoe om ‘n Vrygewige Hart te Ontwikkel

'n Vrou wat op 'n bank sit en na die sonsondergang kyk

Jy sal op elke manier verryk word, sodat jy altyd vrygewig kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word.

2 KORINTIËRS 9:11
(klem bygevoeg)

Gee — om aan iets hoër iets te bied, om ‘n geskenk aan te bied, om iets vir iemand anders te gee om te gebruik.

Wat is jou kosbaarste besitting? Dalk is dit die waardevolste ding wat jy besit, soos om die huis te kan bekostig waarvoor jy jou lewe lank gewerk het. Dit kan egter ook ‘n foto wees van ‘n besondere tyd wat jy saam met ‘n geliefde deurgebring het. Of dit kan ‘n betekenisvolle geskenk van ‘n vriend wees.

Die waarde wat ons aan ons “dinge” heg, is verstrengel met ons emosies. Hoe ons kies om die dinge wat ons die meeste koester te gebruik, onthul ons ware prioriteite.

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

MATTEUS 6:21

Daar is niks mee verkeerd om dinge te hê of om dit te geniet nie. Die probleem kom wanneer hierdie dinge vir óns het. God het die model van vrygewigheid geskoei op wat Hy vir ons opgeoffer het, naamlik Sy grootste skat. Wanneer ons soos Hy gee, en ons Hom met ons gawes eer, bring dit ons nader aan Hom.

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

JOHANNES 3:16 (klem bygevoeg)

Hier is drie eenvoudige maniere waarop jy vrygewigheid kan begin beoefen:

Belê Jou Tyd

Is jy betrokke by dit wat in jou gemeenskap aangaan? In jou straat? Langsaan by jou bure? Jy kan oefen om byna oral ‘n beter luisteraar te wees: wanneer jy jou vuilgoeddrom uitsit, inkopies doen by ‘n kruidenierswinkel, in die gimnasium gaan oefen. Soek iets gemeenskapliks waaroor jy met mense kan praat, en ontmoet hulle waar hulle hul ook al in die lewe bevind, met vriendelikheid en respek.

Uitdaging: Wanneer jy weer iemand raakloop, vra hoe hul dag verloop. Luister dan. Stel regtig in hulle belang. Laat die oomblik oor hulle gaan, nie oor jou nie.

Belê Jou Godgegewe Gawes

Op watter gebiede het jy unieke gawes? Gebruik jy jou gawes en talente op so ‘n manier dat dit mense na God sal lei? Een van Jesus se bekendste gelykenisse handel oor die beste benutting van dit wat God ons gegee het.

Uitdaging: Soek ‘n plek waar jy kan begin om jou gawes in diens van ander te gebruik. Begin klein en plaaslik, of gaan groot. Begin net.

Belê Jou Geld

Die liggaam van gelowiges wat jy as ‘n tuiste beskou, is die eerste plek waar jy moet belê.

Buiten tiendes, is daar twee opsies wat biddend oorweeg kan word:

Bybelvertaling

Groen pyltjie

YouVersion

Groen pyltjie

Maar dit is net twee idees. God beweeg tans dwarsdeur die wêreld in die harte van Sy mense.

Uitdaging: Soek ‘n beweging van God waaroor jy passievol is, en plaas jou skat waar jou hart is: Gee.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie onwillig of onder dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.

2 KORINTIËRS 9:7