Om in ‘n besige wêreld te rus

Persoon in 'n besige straat

“Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek.”

MATTEUS 11:28-29

So dikwels gaan dit dol in die wêreld. Ons word wakker met die geluid van dringende alarms en jaag van een aktiwiteit na die volgende.

Om ons besige roosters te onderbreek, kan ondenkbaar voel — ons is bekommerd dat ons sal agter raak. Die wêreld skree vir ons om vas te gordel, om skouer aan die wiel te sit en nog harder te werk.

Maar die Skrif moedig ons aan om stil te raak en ons eerder na God te wend.

Hoe kry ons tyd om te rus in ‘n wêreld wat teen so ‘n onvolhoubare pas beweeg?

Vind jou hoekom.

God het ons geskep vir doelgerigte werk. Daar is egter ‘n verskil tussen die doen van sinvolle werk en om daardie werk ons identiteit te laat word. Die oomblik wat ons die lyn oorsteek, word ons in ‘n bose kringloop vasgevang.

Om tyd aan rus af te staan, is die uiterste teenoorgestelde van wat die wêreld van ons vra.

Dit is egter iets wat God deurgaans as ‘n opdrag vir ons regdeur die Bybel gee om te doen.

Van die begin af was God vir ons ‘n rolmodel om te rus, en Hy het ons beveel om rus deel te maak van ons weeklikse ritme.

Miskien besef jy dat jy moet rus omdat jy agterkom iets in jou lewe word belangriker as God. Dalk is dit om jou geestesgesondheid te prioritiseer. Miskien is jy bloot net uitgeput.

Wat dit ook al is, kry ‘n duidelike visie hoekom rus vir jou belangrik is.

Plaas dit op jou kalender.

Tyd is een van ons waardevolste hulpbronne.

As ons nie vooraf rus skeduleer nie, is dit baie moontlik dat iets anders daardie hulpbron sal gebruik.

Een van die eenvoudigste maniere te rus, is deur dit te beplan. Probeer om dit op jou rooster aan te bring, en lig jou familie en vriende oor daardie tye in.

Of dit nou 20 minute of 24 uur is, rus skep vir jou die ruimte om die dinge wat God geskep het te waardeer en te ervaar.

Gee jouself iets om na uit te sien.

Wanneer jy ‘n tree terugneem en jou pas ‘n bietjie stadiger maak om nader aan God te kom, sal dit waarskynlik ongemaklik of verontrustend voel.

Dit beteken waarskynlik dat jy dit reg doen.

Wanneer ons rus, word die versoeking om in bedrywigheid te verval nog groter. Ware rus kom egter nie altyd op niksdoen neer nie.

Wanneer jy in jou rooster tyd sit om te rus, beplan om dan iets te doen wat vir jou vreugde of vrede bring.

Dit kan wees om tyd af te staan om God se skepping te waardeer of om met ‘n stokperdjie te begin waarvoor God jou passievol gemaak het.

Moenie dit alleen doen nie.

God het ons geskep vir gemeenskap. Ons is geskape om in verhoudinge te wees. Daardie verhoudinge kan een van die tasbaarste maniere wees waarop ons God se teenwoordigheid ervaar.

Om ‘n ritme van rus te kry, is nie iets wat jy alleen hoef te doen nie. Dink aan maniere waarop jy saam met jou gesin of vriende kan rus.

Om saam te rus, sal jou help om verantwoordbaar te bly wanneer die wêreld jou by werk en aktiwiteite probeer intrek.

Wees onverbiddelik.

Om rus te beoefen is ‘n geestelike dissipline. Net soos enige dissipline, verg rus vasberadenheid en selfbeheersing.

Wanneer ons kies om nie op ons eie inspanning staat te maak nie en Jesus te laat oorneem, gee ons dinge waaroor ons skaam is, ons strewe en verwagtinge oor. In ruil daarvoor ervaar ons God se volmaakte vrede.

Rus help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite te herrangskik.

Rus laat ons toe om te vertrou dat God werk, selfs wanneer ons nie werk nie.

Rus is hoe ons ons Verlosser genoeg vertrou om “genoeg” te sê.

Wil jy nou ‘n oomblik in God se teenwoordigheid stil raak?

Maak die Begeleide Gebed oop

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Thai Oekraïnies Viëtnamees