Waarskuwing: Die inhoud in die volgende verhaal handel oor selfbesering en depressie wat vir sommige lesers ontstellend kan wees.

Op sestienjarige ouderdom het Alice gevoel dat pyn en verlies haar vaskeer en dat depressie en eensaamheid haar oorweldig.
Toenemend deur hopeloosheid oorweldig, het sy een aand besluit om haar eie lewe te neem. Die onverklaarbare het egter toe gebeur.
Op die rand van haar hoë woonstelgebou het ‘n skielike rukwind haar onverwags nie vorentoe nie, maar eerder terug in haar kamer gedruk.
Terwyl Alice verslae op die grond gelê en huil het, het sy ’n boodskap van haar buurvrou ontvang wat haar kerk toe genooi het. Sy het ingestem om te gaan, en daar het sy die Bybeltoep vir die eerste keer ontdek.

Nadat sy met ‘n leesplan begin het, het sy hoop ondervind en haar lewe aan Jesus toegewy.
Deesdae skep en stel Alice as ‘n YouVersion-vennoot leesplanne bekend op dieselfde toepassing wat haar aan Jesus voorgestel het. Sy is nie net met hoop vervul nie – sy versprei hoop.
Is jy bewus van iemand naby aan jou wat God dringend nodig het? Stel hulle aan die Bybeltoep bekend, en vra Hom om hulle met hoop te vervul.
Die plasing is ook beskikbaar is:
