Toe Joshua by ‘n Bybelprogram vir kinders aangesluit het, het hy die Bybel App vir Kinders ontdek. Van daardie oomblik af was niks meer dieselfde nie.
Alhoewel hy blind gebore is, het hy geleer dat hy eenvoudig na die Woord van God kan luister. Hy het ook gou ‘n liefde vir die Bybel ontwikkel.
Toe sy pa die lewensveranderende vreugde in sy seun sien, het hy kerk toe gegaan en nog dieselfde dag sy lewe vir Christus gegee. Kort daarna het die hele gesin Jesus aangeneem.
Deesdae dien Joshua en sy ouers getrou in hul plaaslike gemeente, lees daagliks saam uit die Bybel en stel graag die Bybel App vir Kinders aan ander bekend.
Wil jy graag dat die kinders in jou lewe ‘n liefde vir die Woord van God ontwikkel? Kyk gerus wat die Bybel App vir Kinders gedurende wêreldwye Bybelmaand aanbied, en stel kinders met behulp van interaktiewe Bybelstories aan die Skrif bekend. ⬇️

