
Ons Bybeluitgewer-vennote maak dit vir ons moontlik om mense regoor die wêreld met die Woord van God te bereik.
YouVersion werk saam met vrygewige Bybeluitgewers wat hul Bybeluitgawes gratis op die Bybeltoep beskikbaar stel. Daar is meer as 2 400 tale en 3 800 weergawes op die Bybeltoep beskikbaar. Elke taal en weergawe verteenwoordig talle mense wat hard werk om die Woord van God vir meer mense toeganklik te maak. Die proses verloop soos volg …
Bybelgenootskappe vertaal die Skrif.
Hierdie uitgewers wy jare daaraan om die Bybel in nuwe tale te vertaal om die Woord van God oral toeganklik te maak.
YouVersion ontvang hierdie Bybeluitgawes gratis.
Ons Bybelvennote stel hul Bybelweergawes gratis aan ons beskikbaar sodat die Bybel vir enigiemand toeganklik is.
Saam bereik ons die wêreld.
Wanneer ‘n Bybelvennoot ‘n nuwe weergawe aan ons beskikbaar stel, is dit binne ‘n paar minute vir ons wêreldwye gemeenskap toeganklik.
Wanneer almal, oral, elke dag God deur sy Woord kan ontmoet, sal elke mens se lewe verander. Boonop transformeer veranderde lewens die wêreld.
Terwyl jy vandag jou Bybel lees, dink aan iemand wat nodig het om die lewensveranderende krag van die Skrif te ervaar. Stel die Bybeltoep dan aan hulle bekend!
Wil jy kennis maak met die mense wat vir die Bybelweergawes verantwoordelik is? Tree vandag met Bybeluitgewers in verbinding en volg hulle op die Bybeltoep.
Die plasing is ook beskikbaar is:
