Kibera in Kenia huisves meer as 700 000 mense en is een van die grootste plakkerskampe ter wêreld.
Die daaglikse lewe kan oorweldigend voel. Elke dag bring uitdagings mee – om kop bo water te hou, vir ‘n gesin te sorg, en eenvoudig nie moed op te gee nie. Baie mense sien geen uitweg nie.
“Mense smag tans na hoop. Hulle het ‘n behoefte aan die Woord van God, maar daar is niemand om dit aan hulle oor te dra nie. Om dié rede kies ek om my plek hiér vol te staan.”
George, Kenia
George het ’n skool in Kibera gestig om kinders te ondersteun sodat hulle toegang tot onderwys verkry. Hy het ook ’n geleentheid raakgesien om hulle verder te ondersteun – toegang tot die Woord van God deur middel van “Bible App Lite”.
Hierdie vanlyn toepassing is vir plekke soos Kibera ontwerp, sodat mense oral en enige tyd toegang tot die Bybel kan verkry en dit kan lees.
George stel tans “Bible App Lite” onder almal in sy omgewing bekend, en dit is besig om sy hele gemeenskap te verander!
“Ek stel die Bybel bekend onder almal wat ek ken. Tans versprei dit oral heen. Die Woord van God is besig om die gemeenskap te verander.”
Die Woord van God bereik elke nasie, stam, volk en taal. Dink na oor die gedeelte in hoofstuk 7 van Die Openbaring terwyl jy vier wat God tans wêreldwyd doen.
Lees Die Openbaring, hoofstuk 7
Die plasing is ook beskikbaar is:



