Maak gereed vir YouVersion se 2019 21-Dae Uitdaging!

21-Dae Uitdaging

Ons het ons jaarlikse 21-Dae Uitdaging begin om mense te help om ‘n gewoonte te kweek om elke dag God se Woord te lees. Jy het miskien nog nooit oorweeg om die gewoonte aan te leer nie. Dalk het jy die begin van die jaar goed begin… en nou hou jy nie meer daarmee vol nie.

Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Die 21-Dae Uitdaging is jou kans om deel te wees van die pret of om weer op die spoor te kom. Ons plaas die Uitdaging vroeg hierdie jaar sodat jy tyd het om die Leesplanne te kies wat jy wil doen en om vriende uit te nooi om dit saam met jou te doen!


Amptelike Reëls

Die 21-Dae Uitdaging begin op 1 Februarie 2019 en duur tot 21 Februarie 2019.

Om te kwalifiseer vir jou spesiale 2019 21-Dae Uitdaging Kenteken, moet jy ten minste een dag se leesstuk gelees het (of na geluister het), van ten minste een Leesplan vir elkeen van die 21 dae.

As jy alreeds ‘n leesplan voor 1 Februarie begin het, is dit nie ‘n probleem nie. Gaan net daarmee aan en moenie ‘n dag oorslaan nie.

Jy hoef nie ‘n leesplan te doen wat 21 dae duur nie. Jy kan leesplanne van enige lengte doen, selfs al is hulle korter of langer as 21 dae. Maak net seker dat jy ten minste een dag van ten minste een leesplan vir elkeen van die 21 dae voltooi.

Elke keer wanneer jy ‘n dag voltooi het, maak seker dat elkeen van daardie dag se leesstukke as voltooid gemerk is:

Maak seker dat alles afgemerk is

As jy al 21 dae voltooi (sonder om ‘n dag oor te slaan), sal jy jou spesiale 2019 21-Dae Uitdaging Kenteken in jou Bybel Toep profiel ontvang:

2019 21-Dae Uitdaging Kenteken

Om jou Kentekens te sien: Gaan na jou profiel in die Bybel Toep,
en kies Kentekens.


Dit is wat jy nou moet doen.

As dit jou eerste uitdaging is, raai ons jou aan om met ‘n kort Leesplan te begin en dan aanhou om ‘n klomp kort Leesplanne na mekaar te voltooi. Vat dit een dag op ‘n slag, en soos wat jy in die gewoonte kom, begin dan om geleidelik langer Leesplanne aan te pak.

Druk op die knoppie hier onder om die Leesplanne te vind wat jy vir die uitdaging wil kies. Jy kan op Stoor vir Later druk, op enige Leesplanne waarvan jy hou en dan op 1 Februarie, die eerste dag van die uitdaging (of nog vroeër) begin. Hier is nog ‘n voorstel:

Leesplanne is beter saam met vriende! Watter leesplan jy ookal eerste wil doen, druk op Begin Leesplan, kies Saam Met Vriende, stel die begindatum vir 1 Februarie, en nooi dan ‘n vriend (of 2 of 5) uit. (So kan jy jou vriende vooraf kennis gee.)

Kom ons doen dit!

Kies Jou Leesplanne

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans