21-Dae Uitdaging Begin oor 2 Dae!

21-Dae Uitdaging

Dit is amper “Begin”-tyd…

Die 21-Dae Uitdaging Begin 1 Februarie!

Indien jy vir drie weke aanhoudend iets doen, kan jy ‘n gewoonte kweek. Dit is hoekom ons die jaarlikse 21-Dae Uitdaging geskep het: om jou te help om die Bybel elke dag te lees. Begin nou ‘n nuwe leesplan… en begin elke dag op hierdie manier, met ‘n nuwe uitkyk.


Hier is alles wat jy moet weet.

Begin op 1 Februarie en voltooi ten minste een dag van een Leesplan, elke dag vir 21 dae.

Jy hoef nie net een plan te doen wat 21 dae (of langer) is nie. Jy kan ‘n reeks korter Leesplanne doen, een na die ander.1 Maak seker dat jy ten minste een dag van ten minste een leesplan vir elke 21 dae voltooi!

2019 21-Dae Uitdaging Kenteken

Aan die einde van die uitdaging, as jy al 21dae voltooi het, sal jy ‘n spesiale 2019 21-Dae Uitdaging kenteken in jou Bybel Toep profiel ontvang. Maar die belangrikste is:

Jy sal ‘n nuwe daaglikse Bybelgewoonte hê!

1 Amptelike Reëls beskikbaar op ons blog.


Kom ons kry jou nou gereed vir die Uitdaging.

Die 21-Dae Uitdaging begin oor slegs twee dae. Ons raai u aan om nou te begin soek vir die Leesplanne wat jy tydens die Uitdaging wil doen. (Ons het ‘n paar voorstelle hier onder ingesluit.) As jy ‘n leesplan vind wat jy dink jy sal geniet, maak dit oop en druk op Stoor vir later. Of, selfs beter…

Druk op Begin, kies Met Vriende, stel die begindatum vir 1 Februarie, en nooi vriende uit om by jou aan te sluit!

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™
My Allerbeste vir Sy Hoogste
Heilige Emosies - Bybelse Antwoorde vir Elke Uitdaging
Daaglikse geestelike boodskappe met Greg Laurie
Spreuke
Gebed

Kyk Na Meer Leesplanne

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans