‘n Gebed vir ‘n vrygewige hart

Persoon wat glimlag

Wat is jou mees kosbare besitting? Daar is niks verkeerd daarmee om dinge te hê, of om dit te geniet nie. Die probleem kom wanneer ons goed ons besit.

Gelukkig het God ‘n ander manier van lewe voorgehou toe Hy sy grootste skat vir ons opgeoffer het. Sy vrygewigheid is opofferend en strydig met ons kultuur.

Wanneer ons soos God gee, en ons vereer Hom met daardie donasie, bring dit ons nader aan Hom. Dit veroorsaak dat ons ophou om na onsself om te sien, en eerder na ander om te sien. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer begin ons prioriteite en waardes Syne weerspieël.

Hoe leef jy dus vrygewig? Dit begin deur God te vra om vir jou ‘n vrygewige ingesteldheid te gee. As jy nie seker is hoe om dit te doen nie, probeer om hierdie gebed te bid.


Vader,

Dankie dat U vir my gewys het hoe vrygewigheid lyk. Ek bely dat dit soms vir my maklik is om te fokus op dinge wat nie saak maak nie. Vandag gee ek my egter oor aan u wil en vertrou volkome op U. Verander die manier waarop ek dink, en gee my ‘n vrygewige hart. Maak my bewus van die hulpbronne wat ek het, en hoe ek dit kan gebruik om ander te dien. Help my om ‘n lewe te lei wat ander seën net soos U my ryklik seën.

In die Naam van Jesus.

Amen.


Wanneer jy jou aan God oorgee deur vrygewig te lewe, verander dit lewens.

‘n Donasie van $40 VSA help ons om die Bybeltoep by 200 mense te kry — dit is 200 mense regoor die wêreld wie se lewens vir ewig deur die krag van die Woord van God verander sal word.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Thai Oekraïnies Viëtnamees