‘n Gebed vir Vreugde

Vreugde aan die wêreld …

Die aarde

… die Here het gekom!

Dit was nie die koninklike aankoms wat enigiemand verwag het nie. Tog het Jesus se koms alles verander. In ‘n oogwink het die Seun van God, “God met ons” geword — en meer as 2 000 jaar later juig ons moeë wêreld nog steeds.

Terwyl jy vandag vir Kersfees voorberei, neem tyd om die feit te vier dat Jesus se nederige geboorte die weg vir ons gebaan het om nader aan Hom te kom.

‘n Gebed vir Vreugde

Jesus, dankie dat U, Immanuel, “God met ons” geword het. Dit is as gevolg van U dat ek ware vreugde kan ervaar.

Ek erken dat dit soms moeilik is om vreugdevol te wees te midde van ‘n besige of moeilike vakansietyd. Wanneer die sorge van my hart egter baie is, gee u vertroosting my nuwe hoop en moed.

Ek kies dus vandag om by U te skuil en my te verheug. Ek sal sing van vreugde, want U is my krag en my redding. In u teenwoordigheid is daar volheid van vreugde! As gevolg van u nederige koms, meer as 2 000 jaar gelede, kan ek nou die vreugde van u teenwoordigheid vir altyd ervaar. Dankie.

U is altyd alle heerlikheid, eer en mag waardig — dit maak dus nie saak wat ek in die gesig staar nie, ek sal kies om U te aanbid.

In die Naam van Jesus, amen.

BID IN DIE BYBELTOEP

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans