Die Wapenrusting van God

EFESIËRS 6:10-18

10  
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.

11  
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

12  
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

13  
Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.

14  
Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas

15  
en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.

16  
Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.

17  
Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

18  
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Ephesians 6 in Afrikaans

Ephesians 6 in English