‘n Gebed vir Vreugde

Vreugde aan die wêreld …

Die aarde

… die Here het gekom!

Dit was nie die koninklike aankoms wat enigiemand verwag het nie. Tog het Jesus se koms alles verander. In ‘n oogwink het die Seun van God, “God met ons” geword — en meer as 2 000 jaar later juig ons moeë wêreld nog steeds.

Terwyl jy vandag vir Kersfees voorberei, neem tyd om die feit te vier dat Jesus se nederige geboorte die weg vir ons gebaan het om nader aan Hom te kom.

‘n Gebed vir Vreugde

Jesus, dankie dat U, Immanuel, “God met ons” geword het. Dit is as gevolg van U dat ek ware vreugde kan ervaar.

Ek erken dat dit soms moeilik is om vreugdevol te wees te midde van ‘n besige of moeilike vakansietyd. Wanneer die sorge van my hart egter baie is, gee u vertroosting my nuwe hoop en moed.

Ek kies dus vandag om by U te skuil en my te verheug. Ek sal sing van vreugde, want U is my krag en my redding. In u teenwoordigheid is daar volheid van vreugde! As gevolg van u nederige koms, meer as 2 000 jaar gelede, kan ek nou die vreugde van u teenwoordigheid vir altyd ervaar. Dankie.

U is altyd alle heerlikheid, eer en mag waardig — dit maak dus nie saak wat ek in die gesig staar nie, ek sal kies om U te aanbid.

In die Naam van Jesus, amen.

BID IN DIE BYBELTOEP

Die Wapenrusting van God

EFESIËRS 6:10-18

10  
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.

11  
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

12  
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

13  
Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.

14  
Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas

15  
en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.

16  
Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.

17  
Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

18  
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Ephesians 6 in Afrikaans

Ephesians 6 in English

Die Kersfees Uitdaging begin nou!

Kenteken vir die Kersfees Uitdaging

Maak die Kenteken vir die Kersfees Uitdaging oop

Wat kom by jou op wanneer jy aan die Kerstyd dink? Alles wat om ons aan die gang is, kan ons aandag maklik daarvan aflei om na ‘n intieme verhouding met Immanuel, “God met ons” te soek.

Ongeag wat hierdie tyd ook al inhou, kan jy vashou aan hierdie waarheid: te danke aan Jesus se koms, het jy ‘n toekoms en jou hoop sal nie verydel word nie..

Sluit dus vandag by ons aan om na te dink oor die koms van ons Verlosser deur aan die Kersfees Uitdaging deel te neem.

Voltooi net enige Kersfees- of Advent leesplan tussen nou en 31 Desember, om die Kenteken vir die 2020 Kersfees Uitdaging te verwerf!

Kenteken vir die Kersfees Uitdaging

Begin met ‘n leesplan hieronder of, indien jy reeds met ‘n Kersfees- of Advent leesplan besig is, gaan net daarmee voort.

Kyk Na Nog Leesplanne

Oorsig van die jaar 2020

2020

Soek elke dag na God.

Maande voordat die pandemie begin het, was God reeds in ons wêreld aan die werk. Net Hy het geweet COVID-19 beperkings sou vereis dat die wêreldwye kerk digitale maniere sou moes vind om daagliks gemeenskap met Hom te soek.

2020 was gevul met ongekende tye, maar ons het ook gesien hoe God op ongekende maniere beweeg:

In hierdie jaar was daar ‘n toename van mense wat hulle tot God en sy Woord gewend het.

‘n Totaal van

450 000 000

Bybeltoep Installasies

52 000 000+ installasies in 2020

God het lankal reeds ons span in plek gestel en voorberei en daarom was dit ons voorreg om deel te neem aan die verskaffing van geestelike hulpmiddels aan mense in ‘n krisis.

Kom ons dink nou na oor God se getrouheid, deur alles te vier wat Hy in 2020 deur die YouVersion-gemeenskap gedoen het.

Gebed

'n Vrou wat oor 'n foon praat

“Die vermoë om gebedsversoeke, lofprysing en gebede met ander te deel, het waarlik met my gevoelens van vrees en afsondering gehelp. Die Heilige Gees het dit gebruik om vir my gebede te gee en my te besiel, sodat ek ander kon bemoedig om gedurende hierdie onsekere en moeilike tye op God staat te maak.”

— Donna

YouVersion Gebed is geskep om mense te help, om in gemeenskap, eerlike gesprekke met God te voer. Sedert die bekendstelling in Maart 2020, is dít wat gebeur het:

Gebedsikoon

24 700 000

Gebede is geskep

Die Bybel App vir Kinders

Die Bybel App vir Kinders

Kinders wat met die Bybel App vir Kinders op foon speel

“Ons het ‘n 6-jarige dogtertjie wat hou van lees. Tog kon ons nog nooit ‘n belangstelling in Bybellees by haar wek nie. Totdat ons die Bybel App vir Kinders geïnstalleer het! Nou vra sy om daardeur te lees en met haar vriende te deel. As ‘n 6-jarige deel sy dus die evangelie van Christus.”

— Johnnie & Blanche

22 400 000

installasies van Bybel App vir Kinders in 2020

Die YouVersion-span is saam met ons vennoot, OneHope, verheug oor hoe God die Bybel App vir Kinders gebruik om gedurende onsekere tye, vertroosting en ondersteuning aan kinders te bied.

169 795 483

stories in die Bybel App vir Kinders is voltooi

Hoe kan ons hierdie reuse getalle ten volle verstaan? Deur te onthou wat hulle verteenwoordig:

Oomblikke wat mense na God uitgereik het en Hy hul harte aangeraak het.

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. — Jesaja 41:10 — Versbeeld

Vers-van-die-jaar

Die Bybelvers wat gedurende 2020 die meeste deur die wêreldwye YouVersion-gemeenskap gedeel, geboekmerk en gekleurmerk is.

Vers-van-die-jaar

Die Bybelvers wat gedurende 2020 die meeste deur die wêreldwye YouVersion-gemeenskap gedeel, geboekmerk en gekleurmerk is.

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

JESAJA 41:10

Deel ikoon

524 671 698

Verse is in Totaal Gedeel

Betrokkenheid per land

Die lande wat die hoogste toename in Bybellees gedurende 2020 getoon het.

Wêreldbetrokkenheidskaart

Leesplan ikoon

1 434 325 448

Voltooide Leesplandae

Klank Ikoon

7 524 281 910

Klankbaan Hoofstukke Geluister

Video ikoon

99 835 565

Video’s Gespeel

Kleurmerk ikoon

2 538 414 155

Kleurmerke, Boekmerke en Notas

In een van die moeilikste jare, het God se lig die helderste geskyn. Kom ons gaan voort om te vier wat God doen, deur ons daaraan te verbind om 2020 sterk af te sluit!

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

In Afwagting van Kersfees

In Afwagting van Kersfees:
‘n 5-dag Advent Leesplan

Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

JESAJA 9:6

In Afwagting van Kersfees

Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde