‘n Advent Geskenk vir Jou:

'n Kersfees ster

Stel jou ‘n stil, sterrenag voor en jy is in ‘n veld met ‘n klomp skape rondom jou. Skielik verskyn ‘n magdom engele en sê vir jou dat, na ongeveer 400 jaar se gewag, die hoop van die wêreld gebore is – ‘n baba wat Immanuel, “God met ons” genoem word.

Die Adventtyd begin vandag, 1 Desember, en gee vir ons vier weke om na te dink oor die hoop, vrede, vreugde en liefde wat Jesus se geboorte na die wêreld gebring het.

Terwyl ons die dae aftel tot by Kersfees, onthul ons elke Advent Sondag ‘n gebed oor die week se Advent tema. Hierdie week se tema is hoop: om God te vertrou en te verwag dat Hy sy beloftes sal nakom.

Dink na oor God se beloftes en gebruik ‘n oomblik om jou hart tot Jesus te rig, met hierdie gebed.

‘n Adventgebed oor Hoop:

God, soos ons Desember ingaan, verpoos ons ‘n oomblik en onthou alles wat U in ons lewens, families en gemeenskappe gedoen het.
Ons prys U, want U is die God wat red. U is Immanuel, God met ons.
Ons dank U dat ons hoop in U is, en nie in omstandighede of mense nie.
Omdat ons op U hoop, is ons selfversekerd dat U u beloftes aan ons sal nakom.
Laat ons vandag onthou wat werklik saakmaak. Rig ons harte op U. Help ons om te sien hoe U aan die werk is terwyl ons wag.
Trek ons nader aan U met hierdie Kersfeestyd en berei ons harte voor vir die vervulling van U beloftes.
Amen.


Maak Adventgebede ‘n deel van jou Kersfees tradisie, deur elke Sondag hier te kom lees. In die tussentyd kan jy aangaan om op Jesus se geboorte te fokus, deur ‘n Advent Leesplan te begin:

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson
Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg
Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit
Dit Het Gebeur (Waardig, Waardig) Uit \Vertical Worship\
Noël: Kersfees Is Vir Almal
Advent: Die Reis Tot By Kersfees
Reis Na Die Krip
Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
Die Hoop Van Kersfees
Ek Wag Hier vir U, 'n Adventreis van Hoop
Advent: Christus Kom!
Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot Kersfees

Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

In Afwagting van Kersfees

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans