Kies jou vriende oordeelkundig.

Vriende staan saam

“Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.”

JOHANNES 15:12-13

Gemeenskap — ‘n groep individue wat in broederskap verenig is omdat hulle dieselfde gesindhede, belangstellings en doelwitte deel.

Kyk links, dan regs. Wie staan langs jou? Beskou jy hulle as vriende? Maak die tyd wat julle saam deurbring van julle almal beter mense? Of berou jy die dinge wat julle soms saam doen?

Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; maar wie hom met dwase ophou, word self sleg.

SPREUKE 13:20

Verhoudings is soos voeding vir jou siel. Maak die mense wat die naaste aan jou is, jou gesonder? Of ooreet julle julself aan gemorskos? Jy word regstreeks beïnvloed deur die mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring. Al voel jy nou dat jy anders as hulle is, sal jy oor vyf jaar… nie meer so voel nie.

…sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan.

1 KORINTIËRS 12:25-27

God het ons gemaak om mekaar nodig te hê. Ons het almal verskillende gawes en sterkpunte, verskillende foute en swakhede. Wanneer ons saamstaan, kan ons omsien na mekaar, mekaar help, bemoedig, en mekaar selfs uitdaag om te groei.

Hier is drie maklike dinge wat jy kan doen om jou gemeenskap te begin bou:

Stap oor die Straat

Ken jy jou bure? As julle in dieselfde straat woon, of dalk in dieselfde gebou, het julle reeds iets in gemeen. Moenie te veel hieroor dink nie. Jesus het jou naaste lief. Dalk sal jy ook… jy weet dit nog net nie.

Uitdaging: Begin ‘n gesprek met ‘n handdruk en sê: “Verskoon my, ons het nog nie voorheen ontmoet nie. My naam is _____. Wat is jou naam?” Al is jy skaam, hoef jy net vir 30 sekondes dapper te wees.

Deel ‘n Ervaring

Ons almal het iets waaroor ons moet praat, uitdagings wat beter aangepak sal word as ons met iemand daaroor praat. En ons het almal iets om te bied, al is dit net ‘n gewillige oor.

Uitdaging: Nooi ‘n vriend(in) uit om iets saam met jou te doen: eet saam pak ‘n projek aan, of gaan stap saam. Gesels oor allerhande goed. Wees net openhartig en eerlik.

Uitnodiging vir Dieper Vriendskappe

Die Bybel herinner ons oor en oor daaraan dat ons verhoudings nodig het met mense wat ons kan vertrou: Maak vriende wat jou sal aanmoedig, inspireer, uitdaag, sal lief hê, en vir jou sal bid. En dis nodig dat jy dieselfde vir hulle doen.

Uitdaging: Nooi ‘n vriend(in) (of 3) om by jou aan te sluit in die Bybel Toep, en doen dan saam ‘n leesplan.

Soek Vriende

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

GALASIËRS 6:10

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans