Wat sal jou 2020 nalatenskap wees?

'n Man wat oor 'n foon praat

‘n Vrygewige persoon sal voorspoedig wees,
Wie ander opbeur, sal self opgebeur word.

SPREUKE 11:25

Wat kan jy doen om die wêreld ‘n beter plek te maak?

Gee jouself aan iets groter.

Ondanks die 2020 uitdagings, was God deur die YouVersion-gemeenskap aan die werk. Net in hierdie jaar, is die YouVersion Bybeltoep op meer as 52 miljoen unieke toestelle geïnstalleer. Dit beteken miljoene mense het nader aan God gekom — en dit is maar net die begin.

Jy kan help om ‘n ewige impak op hierdie en toekomstige geslagte te maak.

Vandag is Donasie Dinsdag, wanneer mense ‘n donasie aan ‘n saak gee waaroor hulle omgee en ander besiel om tot aksie oor te gaan. Jy kan nou dadelik, dit wat God deur YouVersion doen, begin ondersteun.

Sluit vandag by die wêreldwye YouVersion-beweging aan deur ‘n donasie te maak.

Volg eenvoudig die onderstaande skakel om ‘n donasie op Bible.com of in jou Bybeltoep te gee. (Jy kan ook ‘n herhalende skenking opstel.) Moedig dan jou vriende en familie aan om by jou aan te sluit deur dit bekend te maak met ‘n plasing van die hutsteken #DonasieDinsdag. Kom ons bring saam lig in ons wêreld.

Skenk Nou

Ontdek Immanuel, “God met ons.”

Krip met skadubeeld van kers

Vier Christus se Koms

God se lig het in die duisternis verskyn. In ‘n chaotiese wêreld het een baba die atmosfeer kom verander. Hoop het opgedaag, in die vorm van Immanuel, God met ons.

Terwyl jy voorbereidings tref om die Redder se geboorte te vier, dink hierdie Advent na oor die hoop, vrede, liefde en vreugde wat Jesus na die wêreld gebring het. Begin deur een van hierdie Advent Leesplanne te voltooi:

Kyk Na Nog Leesplanne

God doen altyd groot dinge. Kom ons dank Hom!

Bergreeks

Waarvoor is jy dankbaar?

“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

1 Tessalonisense 5: 18

God se goedheid en genade sal jou nooit verlaat nie, ongeag wat jy in die gesig staar. Inteendeel, Hy berei selfs vir jou seëninge voor te middel van moeilike tye. Omdat hierdie waarhede nie altyd so maklik is om te onthou nie, is danksegging belangrik.

Dankbaarheid help ons om op die enigste Een te fokus wat in staat is om ons probleme tot sy verheerliking en ons beswil te verander. Kom dus ‘n oomblik tot rus om God te dank vir alles wat Hy vir ons in ons lewens doen.

‘n Dankgebed

Vader, U is goed en U onwrikbare liefde duur vir ewig! Selfs in die moeilikste tye, het ek altyd ‘n rede om U te aanbid.

Dankie dat U aan my oorwinning en oorvloedige lewe in Jesus Christus gee. Al verdien ek dit nie, stort U onvoorwaardelike liefde en vergifnis oor my uit.

Ongeag wat die toekoms mag inhou, sal ek van vreugde juig, want U is met my. U troos en seën my in die teenwoordigheid van my vyande. Niks kan met U vergelyk word en geen wapen hou teen U stand nie. In al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet!

Vader, word verheerlik deur my. Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Ek wil hê dat my lewe aan U lof moet bring.

In die Naam van Jesus, amen.

VOEG BY GEBEDSLYS

Deel vandag liefde ❤️

Wees lief vir mekaar - Johannes 13:34 - Versbeeld

Wat behels liefde?

Neem ‘n oomblik om stil te raak en dink aan watter woorde jy die afgelope week gesê (of getik) het. Sou jy sê jy is bekend daarvoor dat jy ander liefhet?

Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

1 Johannes 4:10

As volgelinge van Christus het ons ‘n unieke geleentheid om hoop te bring waar daar chaos is en om liefde te versprei waar daar haat is.

Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.

1 Johannes 4:11

Oordink nou God se onvoorwaardelike liefde vir jou en deel dan hierdie versbeeld. Laat ons vandag die internet dus oorstroom deur mense aan God se liefde te herinner.

Deel Liefde

Laat hierdie oomblik saak maak.

Silhoeët van persoon wat oor die water na 'n sonsondergang kyk

Daar is ‘n plan vir jou toekoms.

As jy oor 2020 terugkyk, is daar waarskynlik baie dinge wat jy sou wou verander.

Dalk was hierdie jaar teleurstellend en onseker. Miskien was dit vol gebroke harte en drome. Hierdie jaar het jou heel moontlik na beter dinge laat hunker …

Watter nalatenskap sal jy agterlaat wanneer 2020 verby is?

Jy sal ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

SPREUKE 23:18

Praat met God oor wat Hy deur jou wil vermag voor die einde van hierdie jaar. Pak dan een van hierdie leesplanne aan en nooi vriende uit om dit saam met jou te doen.

Kyk Na Nog Leesplanne