God doen altyd groot dinge. Kom ons dank Hom!

Bergreeks

Waarvoor is jy dankbaar?

“Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

1 Tessalonisense 5: 18

God se goedheid en genade sal jou nooit verlaat nie, ongeag wat jy in die gesig staar. Inteendeel, Hy berei selfs vir jou seëninge voor te middel van moeilike tye. Omdat hierdie waarhede nie altyd so maklik is om te onthou nie, is danksegging belangrik.

Dankbaarheid help ons om op die enigste Een te fokus wat in staat is om ons probleme tot sy verheerliking en ons beswil te verander. Kom dus ‘n oomblik tot rus om God te dank vir alles wat Hy vir ons in ons lewens doen.

‘n Dankgebed

Vader, U is goed en U onwrikbare liefde duur vir ewig! Selfs in die moeilikste tye, het ek altyd ‘n rede om U te aanbid.

Dankie dat U aan my oorwinning en oorvloedige lewe in Jesus Christus gee. Al verdien ek dit nie, stort U onvoorwaardelike liefde en vergifnis oor my uit.

Ongeag wat die toekoms mag inhou, sal ek van vreugde juig, want U is met my. U troos en seën my in die teenwoordigheid van my vyande. Niks kan met U vergelyk word en geen wapen hou teen U stand nie. In al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet!

Vader, word verheerlik deur my. Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Ek wil hê dat my lewe aan U lof moet bring.

In die Naam van Jesus, amen.

VOEG BY GEBEDSLYS

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees