7 dae: Die perfekte Half-Jaarlikse Uitdaging

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging

As jy ooit ‘n perfekte week gehad het, weet jy hoe goed dit kan voel om elke dag met God in sy Woord te verbind. Miskien het jy dit vir meer as ‘n week probeer – dalk ‘n maand of selfs die hele jaar!

Dit is goed om groot te dink, veral omdat God se plan vir jou groot is. Maar op hierdie punt in die jaar is dit maklik om die spoor byster te raak, veral nadat ‘n vaste patroon gebreek is.

Juis daarom het ons die Half-Jaarlikse Uitdaging geskep: om jou te help om jou Bybel lees gewoonte te hernu, een dag op ‘n slag, deur die eenvoudige Planne te lees waarvan jy hou.

Neem die 7-dag uitdaging aan en sien meer Aaneenlopende Reekse en selfs meer Volledige Weke.


Versprei die Woord.

Nooi jou vriende uit om by die Bybel-program aan te sluit vir hierdie jaar se Half-Jaarlikse uitdaging! En as jy dit op sosiale media deel, maak seker dat jy die hutsteken #BibleResolution insluit

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Amptelike Reëls

Die Half-Jaarlikse Uitdaging begin Julie 8, 2018 en hou aan tot Julie 21, 2018.

Om in aanmerking te kom vir ‘n kenteken en vir die prys trekking, moet jy ten minste elke dag vir 7 dae een dagstukkie lees (of luister) uit ten minste een Plan.

As jy alreeds begin het met ‘n Plan voor die 8ste Julie, gaan net voort, en moet geen dae oorslaan nie.

Jy hoef nie ‘n Plan te doen wat 7 dae duur nie. Jy kan Planne van enige lengte doen, al is dit langer of korter as 7 dae. Maak net seker dat jy ten minste een dag van ‘n Plan vir 7 dae agtermekaar voltooi.

Elke keer as jy ‘n dag voltooi, maak seker dat al daardie dag se keuses voltooi word.

Voltooide Plan Dag

As jy 7 dae in ‘n ry voltooi, sal jy ‘n 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging kenteken in jou Bybel Toep profiel ontvang:

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Om jou Kentekens te sien: Gaan na jou profiel in die Bybel Toep en kies Kentekens.

Almal wat 7 dae in ‘n ry voltooi sal in aanmerking kom vir ons groot prys trekking. Ons kies willekeurig een groot pryswenner.1

Prys pak

Die groot prys sluit in pret YouVersion-items soos ‘n T-hemp, plakkers, beker, en selfs ‘n splinternuwe Google Home Mini!

1 Pryse is onderhewig aan verandering of vervanging op grond van beskikbaarheid. Wenners sal gekontak word met besonderhede oor hoe om hul pryse te ontvang. Sommige items is nie beskikbaar vir verskeping internasionaal nie.


Vind Jou Planne.

As jy nog nie vir jou volgende Bybelplan ingeskryf het nie, is die Half-Jaarlikse Uitdaging die ideale tyd om te begin. Tik hieronder om Planne te verken en elke keer as jy een ontdek wat jou interesseer, tik Stoor vir Later om dit by jou tou te voeg. Of, selfs beter…

Tik Begin, kies Met vriende, stel die begindatum vir 8 Julie, en nooi vriende uit om by jou aan te sluit!

Onthou net om jou Plan op 8 Julie te begin!

Ontdek Planne

Wat sê God vir jou?

'n Vrou wat glimlag

Al die nasies sal na jou lig toe kom; magtige konings sal kom om jou glans te sien.

Jesaja 60:3

Gebed is een van die persoonlikste manier waarop jy met God kan kontak maak. As gevolg van Jesus se offer aan die kruis, het jy die voorreg, as jy ‘n volgeling van Christus is, om direk met jou Hemelse Vader te praat. Jy kan vir God vra om in jou behoeftes te voorsien, enige gevoelens met Hom deel en Hom selfs vra om vir jou die beste pad vir jou lewe te wys.

God antwoord jou dalk deur Sy Heilige Gees, of Hy openbaar wysheid aan jou deur Sy Woord, die Bybel. Soos wat jy nader aan God beweeg, sal jy die liefde en deernis wat Hy vir alle mense het…binne-in jou begin voel groei. Jy sal ook begin dink aan maniere om met ander kontak te maak en hoe jy alles wat God vir jou gegee het, met hulle kan deel.

Vir baie gelowiges is dit die stadium wanneer hulle vir die eerste keer besef dat miljarde mense nog steeds nie die Bybel in hulle eie taal het nie. En alhoewel die YouVersion vennoot illuminiNations goeie vordering maak om aan alle mense dieselfde geleentheid te gee om God se Woord te ervaar, wat ons alreeds geniet, is daar nog ‘n lang pad voor.

illumiNations het hierdie gebed vir al ons vernnote geskryf. Sal jy dit nou saam met ons bid?

God, U Woord is kosbaarder as alles wat ek besit.
U Skrif gee vir my lig op my pad en rig my voetstappe.
Net deur U wil word lewens en denke verander en nuut gemaak.
Ek bid dus nou vir alle mense wat U nie ken nie.
U het belowe dat U stem deur elke volk en nasie gehoor sal word.
Maak ons bekwaam deur U Gees om die Woord in elke hartstaal te verskaf.
Baie dankie, Here. Amen.

Dit is die derde deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die eerste een hier en die tweede een hier.

Hoe 10 Minute Dit Wat Jy Uit Die Bybel Leer, Kan Verander

'n Man wat in 'n stad bid

As jy noukeurig kyk na die perfekte wette wat jou vrymaak, en jy doen wat dit sê en vergeet nie wat jy gehoor het nie, sal God jou daarvoor seën.

Jakobus 1:25

Het jou dag al ooit sleg begin?

Jy kyk in die spieël, sien jou deurmekaar hare en probeer jou bes om dit so vinnig as moontlik reg te kry voor jy by die huis uit gaan. Maar wat daarvan as jy heeltemal vergeet hoe jy lyk as jy van die spieël af wegdraai, en nie jou hare reg maak nie? Wat daarvan as jy niks omtrent jou hare kan onthou nie? Is dit lank? Is dit kort? Krullerig? Reguit? Dit sal baie abnormaal wees, né?

En dis presies wat Jakobus sê met iemand gebeur wat na God se Woord luister en dit nie gehoorsaam nie. Dit is soos om na jouself in ‘n spieël te kyk en weg te draai…en heeltemal te vergeet wat jy gesien het.

Dieselfde kan met God se Woord gebeur. Ons lees (of luister na) die Bybel, en die Heilige Gees praat met ons, oortuig ons of bemoedig ons. Maar as ons niks doen met dit wat God aan ons openbaar het deur die Bybel nie, sal ons dit vergeet. Hoe dikwels beweeg ons nie aan na die volgende afspraak op ons program, sonder om eers na te dink oor wat God ons probeer wys nie?

Hoe kan ons dus begin om doelbewus oor God se Woord na te dink?

Dit neem net 10 minute. Nadat jy die Bybel gelees het, vat 5: Spandeer 5 minute in stilte en dink na oor wat jy nou net gelees (of gehoor) het. Vat dan nog 5: Spandeer die volgende 5 minute in gebed: dank God vir Sy Woord en vra Hom om jou te herinner aan wat Hy wil hê jy volgende moet doen. As jy nie seker is waar om te begin nie, bid dan so:

Hemelse Vader, dankie dat U met my praat deur U Woord. Gee my asb. die wysheid om te weet wat U wil hê ek moet doen en gee my die moed om dit te doen. Amen.

Lees Jakobus 1:22-27

Hierdie is die tweede deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die eerste een hier en die derde een hier.

Die Gebed Wat Die Manier Waarop Jy Die Bybel Lees, Kan Verander

Gebed

Die Woord van God is lewendig en kragtig. …

Hebreërs 4:12

God se Woord het wysheid vir wat jy nou ook al in die gesig staar. In der waarheid is die Woord van God lewendig, soos Hebreërs 4:12 sê. Die woorde in die Bybel, wat meer as 2 000 jaar gelede geskryf is, het nog steeds vandag iets diepgaande te sê oor ons alledaagse stryd.

As jy Christus volg, sê Romeine 8:11 dat jy toegang het tot die krag van die Heilige Gees. Dieselfde Heilige Gees wat Jesus uit die dood opgewek het. Dieselfde Heilige Gees wat Paulus geïnspireer het om die briewe aan die gemeentes regoor die wêreld te skryf, wat ons nou inspireer. Dieselfde Heilige Gees wat met koning Dawid gepraat het toe hy sommige van die Psalms geskryf het.

Hoe wonderlik is dit nie? Wanneer jy die Bybel lees, kan die Heilige Gees met jou praat — net soos Hy met die skrywers van die Skrif gepraat het! As jy wysheid uit God se Woord nodig het, is die Heilige Gees daar om jou te lei. Wat is die beste beginpunt? Gebed.

Moenie toelaat dat die gedagte van gebed jou intimideer nie. Gebed beteken maar net dat ons met God praat en dan na Hom luister. Selfs Jesus het gebid. Ons weet dat Hy verwag dat ons ook bid, want Hy het dit verskeie kere gesê: “Wanneer julle bid…”

Die volgende keer wanneer jy die Bybel Toep oopmaak om God se Woord te lees (of daarna te luister), bid ‘n oomblik. As jy nie seker is hoe om te begin nie, begin so:

Hemelse Vader, dankie dat U vir my ‘n manier gee om met U te gesels. Wanneer ek vandag die Bybel lees, stuur asb. U Heilige Gees om my te ontmoet en met my te praat deur U Woord. Amen.

Begin met ‘n Leesplan oor Gebed

Dit is die eerste deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die tweede een hier en die derde een hier.

Wat was die Sewe Laaste Woorde van Christus Jesus aan die Kruis?

Wat was die Sewe Laaste Woorde van Christus Jesus aan die Kruis?

Die sewe woorde van Jesus aan die kruis is ‘n kragtige en betekenisvolle aspek van Christelike teologie en tradisie. Dit is die laaste woorde wat deur Jesus voor sy dood aan die kruis uitgespreek is, en dit bied insig in sy goddelikheid, menslikheid en uiteindelike offer.

Elke woord het ‘n diepgaande betekenis en dien as ‘n herinnering aan die ongelooflike liefde en genade wat Jesus deur sy lewe en dood aan die mensheid getoon het. Hierdie woorde is vir eeue lank bestudeer en oor nagedink deur Christene, en dit bly ‘n bron van inspirasie en troos vir gelowiges regoor die wêreld vandag.

Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

LUKAS 23:34

Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

LUKAS 23:43

Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.

JOHANNES 19:26-27

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

MATTEUS 27:46

Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”

JOHANNES 19:28

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

JOHANNES 19:30

Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.

LUKAS 23:46