Wat sê God vir jou?

'n Vrou wat glimlag

Al die nasies sal na jou lig toe kom; magtige konings sal kom om jou glans te sien.

Jesaja 60:3

Gebed is een van die persoonlikste manier waarop jy met God kan kontak maak. As gevolg van Jesus se offer aan die kruis, het jy die voorreg, as jy ‘n volgeling van Christus is, om direk met jou Hemelse Vader te praat. Jy kan vir God vra om in jou behoeftes te voorsien, enige gevoelens met Hom deel en Hom selfs vra om vir jou die beste pad vir jou lewe te wys.

God antwoord jou dalk deur Sy Heilige Gees, of Hy openbaar wysheid aan jou deur Sy Woord, die Bybel. Soos wat jy nader aan God beweeg, sal jy die liefde en deernis wat Hy vir alle mense het…binne-in jou begin voel groei. Jy sal ook begin dink aan maniere om met ander kontak te maak en hoe jy alles wat God vir jou gegee het, met hulle kan deel.

Vir baie gelowiges is dit die stadium wanneer hulle vir die eerste keer besef dat miljarde mense nog steeds nie die Bybel in hulle eie taal het nie. En alhoewel die YouVersion vennoot illuminiNations goeie vordering maak om aan alle mense dieselfde geleentheid te gee om God se Woord te ervaar, wat ons alreeds geniet, is daar nog ‘n lang pad voor.

illumiNations het hierdie gebed vir al ons vernnote geskryf. Sal jy dit nou saam met ons bid?

God, U Woord is kosbaarder as alles wat ek besit.
U Skrif gee vir my lig op my pad en rig my voetstappe.
Net deur U wil word lewens en denke verander en nuut gemaak.
Ek bid dus nou vir alle mense wat U nie ken nie.
U het belowe dat U stem deur elke volk en nasie gehoor sal word.
Maak ons bekwaam deur U Gees om die Woord in elke hartstaal te verskaf.
Baie dankie, Here. Amen.

Dit is die derde deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die eerste een hier en die tweede een hier.

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans