Hoe 10 Minute Dit Wat Jy Uit Die Bybel Leer, Kan Verander

'n Man wat in 'n stad bid

As jy noukeurig kyk na die perfekte wette wat jou vrymaak, en jy doen wat dit sê en vergeet nie wat jy gehoor het nie, sal God jou daarvoor seën.

Jakobus 1:25

Het jou dag al ooit sleg begin?

Jy kyk in die spieël, sien jou deurmekaar hare en probeer jou bes om dit so vinnig as moontlik reg te kry voor jy by die huis uit gaan. Maar wat daarvan as jy heeltemal vergeet hoe jy lyk as jy van die spieël af wegdraai, en nie jou hare reg maak nie? Wat daarvan as jy niks omtrent jou hare kan onthou nie? Is dit lank? Is dit kort? Krullerig? Reguit? Dit sal baie abnormaal wees, né?

En dis presies wat Jakobus sê met iemand gebeur wat na God se Woord luister en dit nie gehoorsaam nie. Dit is soos om na jouself in ‘n spieël te kyk en weg te draai…en heeltemal te vergeet wat jy gesien het.

Dieselfde kan met God se Woord gebeur. Ons lees (of luister na) die Bybel, en die Heilige Gees praat met ons, oortuig ons of bemoedig ons. Maar as ons niks doen met dit wat God aan ons openbaar het deur die Bybel nie, sal ons dit vergeet. Hoe dikwels beweeg ons nie aan na die volgende afspraak op ons program, sonder om eers na te dink oor wat God ons probeer wys nie?

Hoe kan ons dus begin om doelbewus oor God se Woord na te dink?

Dit neem net 10 minute. Nadat jy die Bybel gelees het, vat 5: Spandeer 5 minute in stilte en dink na oor wat jy nou net gelees (of gehoor) het. Vat dan nog 5: Spandeer die volgende 5 minute in gebed: dank God vir Sy Woord en vra Hom om jou te herinner aan wat Hy wil hê jy volgende moet doen. As jy nie seker is waar om te begin nie, bid dan so:

Hemelse Vader, dankie dat U met my praat deur U Woord. Gee my asb. die wysheid om te weet wat U wil hê ek moet doen en gee my die moed om dit te doen. Amen.

Lees Jakobus 1:22-27

Hierdie is die tweede deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die eerste een hier en die derde een hier.

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans