Die Gebed Wat Die Manier Waarop Jy Die Bybel Lees, Kan Verander

Gebed

Die Woord van God is lewendig en kragtig. …

Hebreërs 4:12

God se Woord het wysheid vir wat jy nou ook al in die gesig staar. In der waarheid is die Woord van God lewendig, soos Hebreërs 4:12 sê. Die woorde in die Bybel, wat meer as 2 000 jaar gelede geskryf is, het nog steeds vandag iets diepgaande te sê oor ons alledaagse stryd.

As jy Christus volg, sê Romeine 8:11 dat jy toegang het tot die krag van die Heilige Gees. Dieselfde Heilige Gees wat Jesus uit die dood opgewek het. Dieselfde Heilige Gees wat Paulus geïnspireer het om die briewe aan die gemeentes regoor die wêreld te skryf, wat ons nou inspireer. Dieselfde Heilige Gees wat met koning Dawid gepraat het toe hy sommige van die Psalms geskryf het.

Hoe wonderlik is dit nie? Wanneer jy die Bybel lees, kan die Heilige Gees met jou praat — net soos Hy met die skrywers van die Skrif gepraat het! As jy wysheid uit God se Woord nodig het, is die Heilige Gees daar om jou te lei. Wat is die beste beginpunt? Gebed.

Moenie toelaat dat die gedagte van gebed jou intimideer nie. Gebed beteken maar net dat ons met God praat en dan na Hom luister. Selfs Jesus het gebid. Ons weet dat Hy verwag dat ons ook bid, want Hy het dit verskeie kere gesê: “Wanneer julle bid…”

Die volgende keer wanneer jy die Bybel Toep oopmaak om God se Woord te lees (of daarna te luister), bid ‘n oomblik. As jy nie seker is hoe om te begin nie, begin so:

Hemelse Vader, dankie dat U vir my ‘n manier gee om met U te gesels. Wanneer ek vandag die Bybel lees, stuur asb. U Heilige Gees om my te ontmoet en met my te praat deur U Woord. Amen.

Begin met ‘n Leesplan oor Gebed

Dit is die eerste deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die tweede een hier en die derde een hier.

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans