Die Gebed Wat Die Manier Waarop Jy Die Bybel Lees, Kan Verander

Gebed

Die Woord van God is lewendig en kragtig. …

Hebreërs 4:12

God se Woord het wysheid vir wat jy nou ook al in die gesig staar. In der waarheid is die Woord van God lewendig, soos Hebreërs 4:12 sê. Die woorde in die Bybel, wat meer as 2 000 jaar gelede geskryf is, het nog steeds vandag iets diepgaande te sê oor ons alledaagse stryd.

As jy Christus volg, sê Romeine 8:11 dat jy toegang het tot die krag van die Heilige Gees. Dieselfde Heilige Gees wat Jesus uit die dood opgewek het. Dieselfde Heilige Gees wat Paulus geïnspireer het om die briewe aan die gemeentes regoor die wêreld te skryf, wat ons nou inspireer. Dieselfde Heilige Gees wat met koning Dawid gepraat het toe hy sommige van die Psalms geskryf het.

Hoe wonderlik is dit nie? Wanneer jy die Bybel lees, kan die Heilige Gees met jou praat — net soos Hy met die skrywers van die Skrif gepraat het! As jy wysheid uit God se Woord nodig het, is die Heilige Gees daar om jou te lei. Wat is die beste beginpunt? Gebed.

Moenie toelaat dat die gedagte van gebed jou intimideer nie. Gebed beteken maar net dat ons met God praat en dan na Hom luister. Selfs Jesus het gebid. Ons weet dat Hy verwag dat ons ook bid, want Hy het dit verskeie kere gesê: “Wanneer julle bid…”

Die volgende keer wanneer jy die Bybel Toep oopmaak om God se Woord te lees (of daarna te luister), bid ‘n oomblik. As jy nie seker is hoe om te begin nie, begin so:

Hemelse Vader, dankie dat U vir my ‘n manier gee om met U te gesels. Wanneer ek vandag die Bybel lees, stuur asb. U Heilige Gees om my te ontmoet en met my te praat deur U Woord. Amen.

Begin met ‘n Leesplan oor Gebed

Dit is die eerste deel van ‘n 3-deel reeks oor gebed. Lees die tweede een hier en die derde een hier.

Wat was die Sewe Laaste Woorde van Christus Jesus aan die Kruis?

Wat was die Sewe Laaste Woorde van Christus Jesus aan die Kruis?

Die sewe woorde van Jesus aan die kruis is ‘n kragtige en betekenisvolle aspek van Christelike teologie en tradisie. Dit is die laaste woorde wat deur Jesus voor sy dood aan die kruis uitgespreek is, en dit bied insig in sy goddelikheid, menslikheid en uiteindelike offer.

Elke woord het ‘n diepgaande betekenis en dien as ‘n herinnering aan die ongelooflike liefde en genade wat Jesus deur sy lewe en dood aan die mensheid getoon het. Hierdie woorde is vir eeue lank bestudeer en oor nagedink deur Christene, en dit bly ‘n bron van inspirasie en troos vir gelowiges regoor die wêreld vandag.

Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

LUKAS 23:34

Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

LUKAS 23:43

Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.

JOHANNES 19:26-27

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

MATTEUS 27:46

Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”

JOHANNES 19:28

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

JOHANNES 19:30

Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.

LUKAS 23:46

🎬 Sien Jesus deur die oë van sy vriend, Johannes.

Lumo - Die Evangelie van Johannes

Put vreugde uit Die Evangelie van Johannes… nou in Afrikaans!

Daar was ‘n man, gestuur deur God, met die naam Johannes. Hy het gekom met die doel om ‘n getuienis te lewer; om van die lig te getuig sodat alle mense op grond van sy getuienis sou glo.

JOHANNES 1:6-7

Die Evangelie van Johannes laat jou Jesus se lewe sien deur die oorspronklike vertelling van een van sy beste vriende, sy dissipel Johannes. Aangebied deur YouVersion se vennoot Lumo Project, Die Evangelie van Johannes gebruik die volledige teks van dié Nuwe Testamentiese boek woord-vir-woord as vertelling en teks. En nou, vir die eerste keer ooit, kan jy uitgesoekte snitte van Die Evangelie van Johannes in die Bybel App en deur Bible.com in Afrikaans geniet!

Kyk Nou

Nou Kan Jou Kinders Die Bybel Toep vir Kinders in Afrikaans Beleef!

Ons is verheug om vandag, saam met ons vennoot, OneHope, die vrystelling van die Bybel Toep vir Kinders in Afrikaans aan te kondig. Nou het meer kinders as ooit vantevore die geleentheid om ‘n Bybel ervaring op hulle eie te geniet.

Om tussen die tale te wissel is maklik, in die toep se Verstellings! Maak net seker dat jy die mees onlangse weergawe afgeglaai het, en kyk dan onder Verstellings vir “Taal.” Kies tussen Afrikaans, Arabies, Brasiliaanse Portugees, Chinees (Mandaryns klank met óf vereenvoudigde óf tradisioneel karakters), Nederlands, Engels, Farsi , Frans, Duits, Indonesies, Japannees, Koreaans, Russies, Spaans, en Turkse. Die klankbaan en ‘n teks sal in daardie taal speel en verkyn!

Help ons asseblief om die ongelooflike nuus te versprei!

 


 

BAFK-app-icon-1024

 

 

Meer oor die Bybel Toep vir Kinders

Die Bybel Toep vir Kinders,ontwikkel in samewerking met OneHope, is die nuutse toep van YouVersion, skeppers van die Bybel Toep. Die Bybel Toep vir Kinders, ontwerp om kinders ‘n genotvolle Bybelervaring op hul eie te gee, is reeds geïnstalleer op meer as 11 miljoen Apple, Android, en Kindle toestelle, en dit is altyd heeltemal gratis. Kinders van regoor die wêreld geniet nou die Bybel Toep vir Kinders – in Arabies, Brasiliaanse Portugees, Chinees (Mandarynse klankbaan met vereenvoudigde óf tradisionele karakters), Hollands, Engels, Farsi, Frans, Duits, Indonesies, Japannees, Koreaans, Russies, Spaans, Turks, en nou… in Afrikaans!

Kry dit Nou

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6