Bybel App vir Kinders kan nou met enige toestel sinkroniseer!

Bybel App vir Kinders Profiele

“Haai! Hier is al my sterre!”

Jou kind se Bybel App vir Kinders toekennings is altyd gestoor op die toestel waarop hulle dit verdien het. Sou jou kind ‘n nuwe toestel kry, of die Bybel App vir Kinders op ‘n ander foon gebruik, moes hulle van voor af begin. Nie meer nie.

Elkeen van jou kinders se vordering word nou gestoor en gesinkroniseer op al jou toestelle!

As ‘n ouer of voog, laat die nuutste opdatering van die Bybel App vir Kinders jou toe om saam met hulle in te teken met jou bestaande YouVersion rekening en kan jy ‘n unieke karakter skep vir elke kind. Om ‘n profiel by te voeg is vinnig en maklik. Jou kinders kan selfs hulle gunsteling karakter en kleur kies.

Kry die opgedateerde App

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Het jy gehoor? Jesus LEEF!

Versbeeld vir Johannes 11:25

2 000 Jaar gelede het Jesus op aarde gewoon, dus het Hy geweet hoe dit was om soos ons te wees. Hy het ook geweet wat dit Hom sou kos om ons te red… nogtans het Hy gekies om dit te doen. Vandag vier ons Sy mag oor die dood. Ons kan leef, omdat Hy leef!

Kom ons vier Jesus se opstanding.

Versprei die vreugde van hierdie Goeie Nuus aan hulle wat dit moet hoor: Jesus leef!

Deel die Versbeeld


" 'n Blye Sondag" in Bybel App vir Kinders

Ervaar ” ‘n Blye Sondag” met Bybel App vir Kinders.

Vier Jesus se opstanding met raak-sensitiewe animasies en helderkleurige tekeninge. Die kinders in jou lewe sal baie daarvan hou om ” ‘n Blye Sondag”, die Paasverhaal, in Bybel App vir Kinders te ontdek. Jy sal daarvan hou hoe die Geskommelde Storie, Geheuespeletjie, Storie Plakkers en Inkleur aktiwiteite hulle help om te onthou wat hulle geleer het.

Laai die Bybel App af

Stel kinders bekend aan die Paasverhaal

Pa en seun wat die Bybel App vir Kinders gebruik

Help kinders om die krag van Paasfees te ontdek!

Dis vir kinders moeilik om die ware rede vir Paasfees te verstaan. Maar die Bybel App vir Kinders kan help om dit maklik en prettig te maak.

Elke Paasverhaal, van “Die Laaste Ete” tot “‘n Blye Sondag”, sluit prettige aktiwiteite en inter-aktiewe beelde in wat kinders help om Jesus se dood en opstanding te verstaan.

Hierdie Heilige Week, die week wat tot die opstandingsondag lei, is die perfekte tyd om met jou kinders oor Paasfees te begin gesels.

Laai die Bybel App af

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Het jy ‘n nuwe toestel? Kry jou YouVersion toepassings daarop.

Verskillende toestelle

Vir AL jou toestelle…

Lees jy dit op ‘n nuwe toestel wat jy pas vir Kersfees gekry het? Druk hier onder om die toepassings te installeer wat jou sal help om dit op die beste manier te gebruik: Die Bybel Toep en Die Bybel App vir Kinders! Begin ‘n gesprek met jou vriende of familie, oor geloof: Vra of hulle wil hê dat jy ‘n YouVersion toepassing vir hulle moet installeer!

die Bybel Toep kenteken Die Bybel Toep bied meer as 1800 Bybelweergawes in meer as 1200 tale, asook inhoud en hulpmiddels wat ontwerp is om jou te help om daagliks die Bybel te verken.
Bybel Toep vir Kinders Jesus logo Die Bybel App vir Kinders help kinders om 41 Bybelstories deur middel van prettige animasie en aktiwiteite te lees. Dis nou in 42 tale beskikbaar!


Hart ikoon

Oorweeg jy ‘n geskenk vir die einde van die jaar?

Jy kan mense help om elke dag, oral ter wêreld, met God se Woord in aanraking te laat kom. Kom ons word vennote in hierdie beweging van God.

Skenk

Kersfees is amper hier. ⭐️ Kom ons vier dit!

Die Bybel Toep op jou foon, met Kersfeesliggies in die agtergrond

Vir weke het ons nou al ons harte voorberei in hoopvolle verwagting, en nou is Kersfees oor een week. Vier saam met ons terwyl ons besin oor God se perfekte geskenk aan ons: Sy enigste seun, Jesus. Wanneer jy hierdie vakansietyd saam met vriende en familie kuier, weet ons dat jy dit sal geniet om God se Woord te lees. Lees hierdie herinneringe van die hoop en vreugde wat ons in Christus het.


Die Kersfees Storie

Die Kersfees Storie
YouVersion, 5 Dae

Lees of luister na die volledige Bybelse weergawe van Christus se geboorte, van profesieë oor die Verlosser wat sou kom, tot sy nederige begin in ‘n stal, en al die pad tot by Immanuel: God wat by ons is.

Begin hierdie Plan

Stoor vir later


'n Kind wat die Bybel App vir Kinders speel

Bybel App vir Kinders:
Die eerste Kersgeskenk

Vier Jesus se koms met pret, raak-sensitiewe animasies en kleurvolle kunswerke. Die kinders in jou lewe sal daarvan hou om al 41 stories in die Bybel App vir Kinders te verken. Jy sal daarvan hou hoe die Geskommelde Storie, Storie Pasmaats en Storie Plakkers aktiwiteite hulle help om die dinge wat hulle leer, te onthou. YouVersion het die Bybel App vir Kinders ontwikkel in samewerking met OneHope, om kinders ‘n Bybelervaring van hul eie te gee. Dis alreeds geïnstalleer op meer as 26 miljoen toestelle wêreldwyd. Die Bybel App vir Kinders is beskikbaar in 42 tale – en dit is altyd heeltemal gratis.

Kry dit Nou

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6