Wat gebeur wanneer jy deur sy Woord met God kontak maak?

Die Aarde

‘N BYBEL
VIR
ALMAL

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe …

ROMEINE 12:2

Dink aan ‘n tyd toe jy bewus geword het van jou denke wat hernu is en jy kon sien hoe sommige aspekte van jou lewe herskep is. Indien jy die Skrif gereeld toelaat om oor jou te spoel terwyl jy lees of daarna luister, het jy sonder twyfel die krag daarvan ervaar om jou te inspireer, te bemoedig en selfs te oortuig.

Nou kan meer mense as ooit tevore daardie ervaring geniet.

Danksy die vrygewigheid van ons Bybeluitgewers en Bybelgenootskapsvennote, bied die YouVersion toep nou meer as 2 500 Bybeltekste en meer as 1 000 klank-Bybels aan!

Tog, hoe anders sou ons lewens wees as al die Bybelweergawes wat die Woord van God vir ons lewend maak … net nie meer daar is nie? Byna ‘n miljard mense het nie eens een volledige Bybelweergawe in hul taal nie.

En jy kan help.

Dieselfde Bybelvennote werk ook nou daaraan om mense regoor die wêreld te bemagtig om die Skrif in hul eie tale te vertaal. Sodra ‘n nuwe weergawe voltooi is, word dit in ‘n digitale biblioteek gelaai, sodat ons dit met die hele YouVersion-gemeenskap kan deel.

Stel jou voor wat moontlik is.

Met slegs ‘n slimfoon en ‘n draadlose sein kan mense wat nog nooit die Bybel in hul taal gehad het nie, van enige plek op aarde, onmiddellike toegang verkry. Wanneer jy ‘n Bybel vir Almal skenk, help jy om dit ‘n werklikheid te word.

Ons Visie vir 2033

95% van die wêreldbevolking
sal toegang tot ‘n volledige Bybel hê

99.96% van die wêreldbevolking
sal toegang tot ‘n Nuwe Testament hê

100% van die wêreldbevolking sal toegang tot ten minste ‘n gedeelte van die Skrif hê

Ons sal nie ophou voordat hierdie werk voltooi is nie.

God het aan ons sy Seun en sy Woord gegee. Wanneer ons sy voorbeeld volg om mildelik te skenk, kom ons nog nader aan Hom. Hoe meer mense deel word van hierdie visie, hoe gouer kan ons die Woord van God by almal uitkry.

Is jy met ons?

Skenk

Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”

OPENBARING 7:9-10

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur ‘n Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

Ons wil ons seëninge deel.

Die aarde

Die Bybel
vir Almal

“God bring bonatuurlike groei …”

As jy alreeds ‘n lid van die YouVersiongemeenskap is, sal jy weet dat ons alles in ons vermoë doen om jou te help in jou daaglikse strewe na God.

Of dit nou is om jou met gebed, leesplanne of die vers-van-die-dag te bemoedig — of enigiets anders — in alles wat ons doen, is die Woord van God die middelpunt.

Sê nou net jy het nie die Bybel gehad nie?

Byna ‘n miljard mense het nie. Dit is nie bloot ‘n geval om Bybels na hulle te stuur nie. Die Bybel bestaan letterlik nog nie in hul hartstaal … nie. Jy kan egter help om dit te verander.

Sommige onder ons kry die geleentheid om die saadjies van God se waarheid regoor die wêreld te plant. Ander kry weer die geleentheid om die plantjies nat te gooi. Dit verg egter ons almal se samewerking om te verseker dat sy Woord by almal uitkom.

Help ons om teen 2033 die Woord van God
in elke taal vertaal te kry.

2033

Ons Visie vir 2033

95% van die wêreldbevolking
sal ‘n volledige Bybel hê

99,9% sal ten minste
die Nuwe Testament hê

100% sal ten minste
‘n gedeelte van die Skrif hê

100 van die wêreld se mees
strategies geskrewe tale sal
ten minste 2 Bybelvertalings hê

“Maar ek is net 1 mens …”

Tog, wat jy ook al kies om op hierdie oomblik te doen,
kan ‘n groot invloed op miljoene hê:

Binne 4 jaar,
is meer as 55 385 500 rand bygedra,
vir 27 miljoen mense van 16 nasies.

Noudat jy weet …
wat sal jy doen?

Gee ‘n donasie aan die Bybel vir Almal

3 Maniere Hoe Jy Kan Help

Deelikoon

Deel

Jy kan hierdie webjoernaal inskrywing met jou vriende op sosiale media deel om dit te versprei.

Gebedsikoon

Bid

Stoor hierdie spesiale gebed in jou Bybeltoepen bid saam met ons vir die Bybelvertalers wat alreeds werk om hierdie doel te verwesenlik.

Donasie-ikoon

Skenk

Kom ons bring die Woord van God na elke volk en elke taal. Sluit by hierdie beweging van God aan en kom ons verwesenlik die visie om die Bybel vir Almal te voltooi.1

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Notas

1 Alle bydraes wat deur die Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

Dis hoe jy kan seker maak dat jou donasie hierdie jaar die grootste impak kan maak.

'n Man wat oor 'n foon praat

Dit is persoonlik.

Onthou jy toe jy die eerste keer besef het dat God jou liefhet? Dat Hy in ‘n verhouding met jou wou staan? Sulke oomblikke is die rede hoekom ons so passievol daaroor is om mense te help om met God kontak te maak.

Ek het in die kerk grootgeword, maar het God nie regtig geken of Hom liefgehad nie. Toe my oupa sterf was ek diep bedroef en depressief… en het selfs selfmoord oorweeg. My vriend het vir my ‘n skakel na Joshua 1:9 gestuur. Ek het besluit om die toep af te laai, as gevolg van daardie vers. Ek het ‘n leesplan gedoen wat my gehelp het om God beter te verstaan en dit het my nader aan Hom gelei. Op ‘n dag het ek in Psalms gelees en gevoel dat Jesus my roep: hierdie oorweldigende, roekelose liefde wat my agtervolg. Ek het saam met my pastoor gebid en gevoel hoe die las van my skouers afval. Jesus het my lewe verander. Ek het nou die Here lief en dien Hom elke dag. Dankie Jesus!

NATHAN, ALABAMA, VSA

Wanneer jy vir YouVersion gee, maak jy ‘n belegging wat ewige waarde het: veranderde lewens.

Skenk

'n Vrou wat oor 'n foon praat

Dit is geskiedkundig.

Om God se Woord te lees of daarna te luister, het die vermoë om lewens te verander. Ons gebruik tegnologie om hierdie geslag te help om die geslag te word wat die Bybel die meeste lees, in vergelyking met al die vorige geslagte. Wanneer jy aan YouVersion gee, help jy ons om die Skrif by meer mense as ooit uit te kry. In plekke soos Indië, Poland, Guatemala en Nigerië. Mense soos Hazel:

Ek was vir jare lank al geboelie en het probeer om oor ‘n liefdesteleurstelling te kom. Ek wou nie alleen wees met my gedagtes nie. Op ‘n dag het ek YouVersion oopgemaak en die Vers-van-die-dag gelees. Dit was net die regte woord van bemoediging, so dit het my gewoonte geword. Elke dag het ek met die Vers-van-die-dag begin, dan die hele hoofstuk gelees waaruit die vers gekom het en agtergekom waaroor die storie gaan. Ek het gesien hoe Dawid die wapenrusting wat Saul hom gegee het, uittrek en sy slingervel vat. Ek het saam met Ester deur die paleis geloop. Ek het saam met Hanna gehuil. Ek kon myself met hulle foute en onbevoegdhede vereenselwig. God het YouVersion gebruik om sy woord lewendig te maak in my lewe. YouVersion het my lewe verander, van die Vers-van-die-dag af, tot by die Leesplanne.

HAZEL, NIGERIË, AFRIKA

Wat sou gebeur as elke persoon op die aarde dadelik God se Woord in sy eie taal kon lees? Kom ons vind saam uit.

Skenk

'n Vrou wat 'n boodskap op haar foon tik

Dis wat saak maak.

Regoor die wêreld begin meer en meer mense God se Woord soek om te hoor wat Hy vir hulle wil sê. Wanneer jy ‘n skenking aan YouVersion maak, help jy ons om met hulle kontak te maak. Elkeen van hulle het ‘n naam en ‘n storie. Soos Nathan. Soos Hazel. Soos Jenny:

Dit het nie goed gegaan met my huwelik nie. Dinge het op ‘n ramp afgestuur, en ek was op die punt om met ‘n emosionele buite-egtelike verhouding te begin. Ek het my moed bymekaar geskraap om vir hom DIE boodskap te stuur; die een wat ons verhouding van vriende na geliefdes sou verander. Ek was vreesbevange terwyl ek die boodskap tik, want ek het geweet dt kon my huwelik beëindig. Maar die Heilige Gees was aan die veg vir my. Die woord VERSOEKING het voor my oë geflits. Ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek het dus YouVersion oopgemaak en “versoeking” in die soekblokkie ingetik. Terwyl ek elke vers lees wat die toep my gewys het, het die trane begin loop. Ek het uitgeroep na Jesus, en die duiwel het van my af weggevlug. Ek het daardie boodskap uitgevee en die gesprek beëindig. As ek nie daardie dag die Bybel Toep gehad het nie, weet ek nie wat sou gebeur het nie. Dankie dat julle dit moontlik maak dat die Here se Woord altyd byderhand is!

JENNY, COLORADO, VSA*

In 2008 het ons YouVersion geloods met net 15 Bybels in twee tale. Vandag, danksy die vrygewigheid van toekomsgedrewe vennote – en die finansiële ondersteuning van mense soos jy – is ons bevorreg om meer as 1 900 weergawes aan te bied, met inhou in meer as 1 300 tale.

Moet dit nie misloop nie.

Skenk

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Notas

*Naam en plek is verander om privaatheid te beskerm.

Wat sou gebeur as jou volgende besluit ‘n nalatenskap het?

Oop hande

Wat kan jy doen om die wêreld ‘n beter plek te maak?

Gee jouself aan
iets groter.

Vandag is Donasie Dinsdag, ‘n beweging waar mense gee aan ‘n saak waaroor hulle passievol is en ander inspireer om iets te doen.

Mense regoor die wêreld ondervind alreeds die lewensveranderende krag van God se Woord: die YouVersion Bybel Toep is al op amper 400 miljoen toestelle geïnstalleer. Dis miljoene mense wat God nader aan Hom trek… en dis maar net die begin.

Met een klik kan jy help om ‘n ewige impak op hierdie geslag en ander te maak.

Vat hande met die wêreldwye YouVersion beweging, deur te gee, en deel dan jou storie op sosiale media met die hutsmerk #GivingTuesday (#DonasieDinsdag). Moedig jou vriende en familie aan om jou te volg en laat ons so saam die liggaam van Christus versterk:

Gee Nou

Hoe om ‘n Vrygewige Hart te Ontwikkel

'n Vrou wat op 'n bank sit en na die sonsondergang kyk

Jy sal op elke manier verryk word, sodat jy altyd vrygewig kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word.

2 KORINTIËRS 9:11
(klem bygevoeg)

Gee — om aan iets hoër iets te bied, om ‘n geskenk aan te bied, om iets vir iemand anders te gee om te gebruik.

Wat is jou kosbaarste besitting? Dalk is dit die waardevolste ding wat jy besit, soos om die huis te kan bekostig waarvoor jy jou lewe lank gewerk het. Dit kan egter ook ‘n foto wees van ‘n besondere tyd wat jy saam met ‘n geliefde deurgebring het. Of dit kan ‘n betekenisvolle geskenk van ‘n vriend wees.

Die waarde wat ons aan ons “dinge” heg, is verstrengel met ons emosies. Hoe ons kies om die dinge wat ons die meeste koester te gebruik, onthul ons ware prioriteite.

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

MATTEUS 6:21

Daar is niks mee verkeerd om dinge te hê of om dit te geniet nie. Die probleem kom wanneer hierdie dinge vir óns het. God het die model van vrygewigheid geskoei op wat Hy vir ons opgeoffer het, naamlik Sy grootste skat. Wanneer ons soos Hy gee, en ons Hom met ons gawes eer, bring dit ons nader aan Hom.

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

JOHANNES 3:16 (klem bygevoeg)

Hier is drie eenvoudige maniere waarop jy vrygewigheid kan begin beoefen:

Belê Jou Tyd

Is jy betrokke by dit wat in jou gemeenskap aangaan? In jou straat? Langsaan by jou bure? Jy kan oefen om byna oral ‘n beter luisteraar te wees: wanneer jy jou vuilgoeddrom uitsit, inkopies doen by ‘n kruidenierswinkel, in die gimnasium gaan oefen. Soek iets gemeenskapliks waaroor jy met mense kan praat, en ontmoet hulle waar hulle hul ook al in die lewe bevind, met vriendelikheid en respek.

Uitdaging: Wanneer jy weer iemand raakloop, vra hoe hul dag verloop. Luister dan. Stel regtig in hulle belang. Laat die oomblik oor hulle gaan, nie oor jou nie.

Belê Jou Godgegewe Gawes

Op watter gebiede het jy unieke gawes? Gebruik jy jou gawes en talente op so ‘n manier dat dit mense na God sal lei? Een van Jesus se bekendste gelykenisse handel oor die beste benutting van dit wat God ons gegee het.

Uitdaging: Soek ‘n plek waar jy kan begin om jou gawes in diens van ander te gebruik. Begin klein en plaaslik, of gaan groot. Begin net.

Belê Jou Geld

Die liggaam van gelowiges wat jy as ‘n tuiste beskou, is die eerste plek waar jy moet belê.

Buiten tiendes, is daar twee opsies wat biddend oorweeg kan word:

Bybelvertaling

Groen pyltjie

YouVersion

Groen pyltjie

Maar dit is net twee idees. God beweeg tans dwarsdeur die wêreld in die harte van Sy mense.

Uitdaging: Soek ‘n beweging van God waaroor jy passievol is, en plaas jou skat waar jou hart is: Gee.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie onwillig of onder dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.

2 KORINTIËRS 9:7