Het jy ‘n nuwe toestel gekry? Moet dít nie vergeet nie.

Toestelle

Wat is die beste toepassing vir nuwe toestelle?

Almal hou daarvan om ‘n splinternuwe toestel te kry tydens die vakansietyd. Dit help ons om in kontak te bly, ons belangstellings na te vors, foto’s en videos te neem en om betalings te doen. Terwyl jy al jou nodige toepassing installeer (en jou gesinslede help met hulle s’n), moenie die toepassings vergeet wat jou en jou gesin kan help om elke dag nader aan God te kom nie.

Die Bybel Toep Embleem

Die Bybel Toep laat jou toe om jou gunsteling Bybelweergawes te lees, of daarna te luister, om by wonderlike leraars te leer deur middel van Leesplanne, en jou reis met ander te deel.

Bybel Toep vir Kinders: Jesus

Die Bybel App vir Kinders help kinders om 41 Bybelstories deur middel van prettige animasie en aktiwiteite te lees. Dis nou in 50 tale beskikbaar!


Meisie met 'n foon

Oorweeg jy ‘n geskenk vir die einde van die jaar?

Jy kan deel uitmaak daarvan om ons te help om mense regoor die wêreld te help om elke dag kontak te maak met God. Vat hande met ons in hierdie wêreldwye beweging van God.

Skenk

Ontsluit splinternuwe Kentekens!

Kentekens

“Ek wil nader aan God kom, maar…”

Sommige dae voel ‘n mens net totaal en al oorweldig deur alles en almal wat aanspraak maak op jou aandag. Deur egter tyd in God se Woord te spandeer en Hom daarin te soek, kan jy positiewe verandering in jou lewe bring. Hoe kan jy daardie daaglikse roetine vestig? Deur klein doenbare doelwitte te stel… en dit dan dag-vir-dag te bereik.

Aankondiging
Splinternuwe Kentekens

Het ‘n spesifieke Bybelvers jou aangeraak? Kleurmerk dit om die Kleurmerk Kenteken te ontsluit. Hou aan om kleurmerke te maak, sodat jy die verskillende vlakke kan voltooi en mylpale bereik. Probeer dieselfde doen met Boekmerke, en ontsluit Boekmerk Kentekens op verskillende vlakke!

Kentekens

Motiveer jouself.

Voltooi een van ons jaarlikse uitdagings (bv. Kersfees Uitdaging) en kry ‘n Kenteken. Skryf in vir ‘n Bybel Leesplan om die Leesplan Inskrywing Kenteken te ontsluit. Voltooi daardie Leesplan om die Leesplan Voltooiing Kenteken te ontsluit. Hou aan met hierdie proses van begin en voltooi, om elke keer ‘n vlak aan te skuif.

Kentekens in jou Profiel

Bou momentum op.

Jou tuisvoer wys jou vordering met Kentekens. Gaan na jou profiel om al die Kentekens te sien wat jy sover ontsluit het… en watter nog beskikbaar is. As jy jouself aangemoedig het met die minder geringe Kentekens, gaan jy heel moontlik lus voel om die Hele Bybel Kenteken te verwerf.

Kentekens in Gemeenskap Tuisvoer

Inspireer ook ander mense.

Jou vriende sal jou Kentekens in hulle tuisvoer kan sien, of jy kan jou reis deel, deur hulle op sosiale media of per boodskap te nooi om by jou aan te sluit. Wanneer jy jou vriende se vordering met Kentekens in jou tuisvoer sien, kan jy daarop kommentaar lewer of daarvan hou.

Kom, laat ons begin:

Dateer Nou Op

Het jy ‘n nuwe toestel? Kry jou YouVersion toepassings daarop.

Verskillende toestelle

Vir AL jou toestelle…

Lees jy dit op ‘n nuwe toestel wat jy pas vir Kersfees gekry het? Druk hier onder om die toepassings te installeer wat jou sal help om dit op die beste manier te gebruik: Die Bybel Toep en Die Bybel App vir Kinders! Begin ‘n gesprek met jou vriende of familie, oor geloof: Vra of hulle wil hê dat jy ‘n YouVersion toepassing vir hulle moet installeer!

die Bybel Toep kenteken Die Bybel Toep bied meer as 1800 Bybelweergawes in meer as 1200 tale, asook inhoud en hulpmiddels wat ontwerp is om jou te help om daagliks die Bybel te verken.
Bybel Toep vir Kinders Jesus logo Die Bybel App vir Kinders help kinders om 41 Bybelstories deur middel van prettige animasie en aktiwiteite te lees. Dis nou in 42 tale beskikbaar!


Hart ikoon

Oorweeg jy ‘n geskenk vir die einde van die jaar?

Jy kan mense help om elke dag, oral ter wêreld, met God se Woord in aanraking te laat kom. Kom ons word vennote in hierdie beweging van God.

Skenk