‘n Gebed vir die Wêreldwye Kerk

Vrou wat bid

Here God,

Dankie dat ons tans deel van die wêreldwye kerk kan wees. Dankie vir die geleentheid om u liefde en hoop te verkondig aan ‘n wêreld wat in duisternis en wanhoop leef.

U Woord sê as U volk berou toon en bid en vra na u wil en terugdraai van hulle bose weë af, sal U na hulle luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

Ons, U volk, vra dus u vergifnis vir die kere wat ons gekies het om nie die mense wat U in ons midde gebring het, lief te hê nie.

Laat u kerk in hierdie tyd versterk word en ons herinner aan hoe lief U hierdie gekweste wêreld het.

Genees asseblief ons land en gebruik ons om in die behoeftes van ander te voorsien. Laat groei ons geloof terwyl U u wêreldwye kerk laat groei.

Kom, Here Jesus, en doen wat slegs U kan doen.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

‘n Gebed vir Ons Leiers

Vrou wat bid

Here God,

Alle mag behoort aan U, maar U het mag gegee aan leiers om ons te beskerm en te lei. Vandag vra ons dat U al ons leiers wysheid, onderskeiding, krag en insig sal gee. Hou hulle gesond, veilig en uitgerus, sodat hulle kan voortgaan om ons deur hierdie moeilike tyd te lei.

Gee ons regeringsleiers wysheid oor wat gedoen moet word om die virus te keer en ons ekonomie te stabaliseer.

Gee ons geestelike leiers U onderskeiding oor hoe om in mense se behoeftes te voorsien terwyl hulle U naam eer en die kerk bemoedig.

Gee ons mediese leiers insig oor hoe om die virus te keer. Help hulle om die regte besluite te neem en eer hulle harde werk om ‘n behandeling vir COVID-19 te vind.

Gee ons gemeenskapsleiers inspirasie, moed, vreugde en sterkte om in hul gemeenskappe se behoeftes te voorsien.

En help ons, as leiers in ons gemeenskappe, om moed, hoop, vrygewigheid en vriendelikheid aan die dag te lê. Laat die manier waarop ons ander eer, die mense rondom ons inspireer.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

Hoe om met Jou Kinders oor Paasfees te Praat

Blye Sondag - Bybel App vir Kinders se inkleurblad

Offer. Kruisiging. Verlossing. Opstanding. Vernuwing. Dit kan moeilike begrippe wees om te verstaan, selfs vir volwassenes. Hoe stel ons hierdie grondbeginsels van ons geloof aan kinders bekend? Die Bybel App vir Kinders kan daarmee help.

Pa en seun wat op 'n tablet speel

In die Bybel App vir Kinders, kan stories soos “Die Laaste Ete,” “Dit is Gedoen!” en “‘n Blye Sondag” jou kinders die Paasverhaal op ouderdomsgepaste maniere laat ervaar. Hulle word in die verhale betrek deur interaktiewe animasies, terwyl prettige leeraktiwiteite hulle help om te verstaan wat Jesus se offer vir hulle beteken.

Oorweeg dit om saam met jou kinders na hierdie stories te kyk, en laat hulle toe om gesprekke te begin oor wat dit beteken om Jesus in julle gesin te volg.

Kry Die Bybel App vir Kinders

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

‘n Gebed om Kontak te Maak

'n Man wat bid

Here God,

Om alleen te wees is moeilik. Ons is geskape vir gemeenskap en nie afsondering nie.

Ons is egter dankbaar dat hoe alleen ons ook al voel, U ons nooit sal los of in die steek laat nie. En ons is dankbaar vir tegnologie wat help dat ons in kontak met mekaar kan bly.

Herinner ons asb. vandag dat hierdie tyd van sosiale afstand en afsondering nie vir ewig sal aanhou nie.

Gee ons die krag om hierdie moeilike tyd te deurstaan en verdiep ons verhouding met U en u mense.

Bekragtig ons met ‘n ekstra porsie van u liefde, vrede, hoop en vreugde, want ons het dit nodig. Herinner ons aan u beloftes en genees asb. ons land.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

Hoe was Jesus se laaste week?

“GEBRUIK DIT TOT MY GEDAGTENIS.”

LUKAS 22:19

Wat is die Heilige Week?

Dit was die week voor Jesus se dood. ‘n Week waarin Hy sy finale gedagtes deel en sy dissipels groet. ‘n Week waarin Hy sy dissipels vir die laaste keer vertel: “Ek het julle lief”.

Dit was ‘n week gevul met pyn en belofte, wat gelei het tot ‘n laaste pynlike uitroep:

“Dit is volbring.”

Met een laaste asemteug het Jesus ons finale offer geword. En as gevolg van sy mag oor die dood, kan ons nou ten volle lewe.

Maak hierdie Heilige Week, wat tot Paasfees lei, elke dag tyd om na te dink oor wat Jesus se offer vir jou beteken. Probeer ‘n kort Paasfees Leesplan om jou (en jou gesin) te help om jul gedagtes op Christus te rig.

Nog Paasfees Leesplanne