Hier is ‘n bietjie hoop vir vandag.


HOU U LIEFDE OOR ONS, HERE, WANT ONS STEL ONS VERTROUE IN U.

PSALM 33:22

Berghang

Dit was ‘n rowwe jaar. Maar wat ook al in jou lewe aangaan, weet dit: Jy is geliefd. Neem elke dag ten minste ‘n paar minute om jouself te herinner aan die hoop wat ons in Jesus het. Voeg hierdie gebed by jou gebedslys en lees een van hierdie leesplanne oor hoop.


‘n Gebed vir Vreugde en Hoop

Vader, gee my asseblief weer die vreugde van u verlossing. Verwyder die gees van swaarmoedigheid van my af, en verkwik my met ‘n gees van hoop. Skenk my asseblief vreugde en vrede en vernuwe my krag. Beskerm my en my gesin teen probleme, Here. En gee ons ‘n loflied vir U. Amen.

Stoor Hierdie Gebed


Leesplanne oor Hoop

Skep moed in die aangesig van onsekerheid

Persoon met hand op agterkop

Jy is nooit alleen nie.

Ons almal kan aan omstandighede dink waar ons angstig, vreesagtig en onseker gevoel het. ‘n Rampspoedige newe-effek van ons gebroke wêreld, is dat dit met chaos gevul is waaroor ons geen beheer het nie.

Maar selfs in onseker tye belowe God om nooit mense in die steek te laat of alleen te laat wat tot Hom nader nie. Hy hou die toekoms in sy hande.

Of jy nou op hierdie oomblik op soek is na hoop of herinneringe soek oor God se beloftes, laat toe dat Hy jou bemoedig deur middel van hierdie leesplanne.

Vind Jou Volgende Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

Vyf Gebruike Wat Jou Kan Help Om Die Persoon Te Word Wat God Jou Geskape Het Om Te Wees

Roterende beelde van mense wat die Bybeltoep op hul foon gebruik

Volg my voorbeeld: Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien …

MARKUS 10:42-45

Die dinge wat jy gereeld oor ‘n tydperk doen, maak jou die persoon wat jy uiteindelik word. Help jou gewoontes jou om ander met wysheid, deernis en vreugde te dien? Meer as die helfte van 2020 is al verby, maar dis nooit te laat om te begin groei nie. Hier is vyf geestelike gebruike wat jou kan help om die persoon te word wat God jou geskape het om te wees:

Vind wysheid in die Woord van God.

Vrou wat in haar dagboek skryf terwyl sy die Bybel op haar foon lees

Leesplanne help jou om God se Woord elke dag stuk-vir-stuk te leer ken en te ontdek. Jy kan dit lees, daarna luister of daarna kyk. Begin met ‘n gewilde leesplan, of soek volgens kategorie of tema — of selfs ‘n emosie. Wanneer jy ‘n leesplan begin, nooi vriende om dit saam met jou te doen.

Vind ‘n Leesplan >

Geniet gesprekke met God.

Persoon wat bid met oop Bybeltoep op selfoon

Gebed is bloot ‘n gesprek met God, oor enigiets wat in jou gedagtes is, net jy alleen of saam met vriende, en jy wat dan na Hom luister. Ons Gebedsfunksie help jou om tred te hou met die dinge waaroor jy bid, gebede wat jy geskep het en gebede wat jou vriende vir jou gestuur het.

Voeg ‘n Gebed by >

Maak kontak met ‘n Bybelse
gemeenskap.

Groepbyeenkoms

Ons is nie bedoel om alleen te lewe nie. Nooi vriende uit om by jou aan te sluit in die Bybeltoep, waar julle God se Woord saam kan verken, gebede met mekaar kan deel, en nog meer. Kyk na voorstelle vir vriende in jou Tuisvoer, druk op [Vriend-ikoon], of gaan na Meer, Deel die Bybeltoep.

Nooi Vriende Uit >

Eer God in aanbidding.

Hande omhoog in aanbidding

Maak elke dag tyd om jou Vader respek en eer te betoon. Sing vir Hom. Sê vir Hom in gebed dankie vir iets wat Hy in jou lewe gedoen het. Vertel vir ander wat Hy besig is om te doen. Soek na aanbiddingsliedere en luister daarna om jou gedagtes te hernu met ontsag vir Hom.

Leer Meer Hieroor >

Belê in God se koninkryk.

Persoon wat donasie op selfoon maak

God het die voorbeeld gestel vir vrygewigheid deur sy kosbaarste besitting, Jesus, te gee. Gee jou tyd deur ‘n beter luisteraar te word. Gebruik jou talente om ander in jou gemeenskap te dien. Gebruik jou bronne — eerstens in jou plaaslike kerk — of oorweeg om YouVersion se bediening te ondersteun.

Meer Idees >

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hoe kan jy vandag nader aan God kom?


Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!

PSALM 95:6

Ontwikkel ‘n Hart van Aanbidding

Wat kom in jou gedagtes op as jy oor aanbidding dink?

Aanbidding is meer as om liedere in die kerk te sing — dis ‘n daaglikse uitdrukking van ons eerbied, ontsag en lof teenoor God.

God is altyd waardig om geprys te word, ongeag ons omstandighede. Dis belangrik dat ons dit ‘n prioriteit maak.

Neem vandag ‘n paar minute om stil te raak en jouself aan God se getrouheid te herinner. (Jy kan dalk liedere tot sy eer sing of vir Hom sê wat in jou gedagtes aangaan.)

As jy klaar is …

Begin met een van hierdie leesplanne om te ontdek hoe jy ‘n lewe van aanbidding kan leef.

Kyk Na Nog Leesplanne

Hoe bestudeer jy die Bybel? Hier is vyf stappe …

Persoon wat op straat staan

Hierdie jaar moes baie van ons aanpas by ‘n “nuwe alledaagse” wat nie alledaags voel nie. Sulke skielike aanpassings kan ‘n mens se geestesgesondheid negatief beïnvloed en kan lei tot chroniese moegheid en uitbranding.

Te midde hiervan, roep God ons nog steeds om na Hom toe te kom en belowe om ons rus te gee. Een manier waarop ons nader aan God kom, is deur tyd in sy Woord deur te bring, maar hoe maak jy tyd met God ‘n daaglikse gewoonte? Hoe oorbrug jy die gaping tussen die kennis van die Skrif en die uitleef daarvan in jou alledaagse lewe?

Hier is vyf maklike stappe wat jou elke dag kan help om stil te raak, die Bybel te bestudeer en rus te vind — selfs al voel jy oorweldig.


Berei jou hart voor

Here, my hart is nie trots nie. Ek minag nie ander nie. Ek doen nie magtige dinge nie en ek kan nie wonderwerke doen nie. Maar ek is rustig en stil … en het vrede, soos ‘n baba by sy ma.

PSALM 131: 1-2

Begin jou stiltetyd deur hierdie Psalm hardop te lees en skryf dan jou besorgdhede en bekommernisse neer. Plaas in jou denke alles wat om jou aandag meeding in ‘n kassie en gee dit dan aan God. (Miskien moet jy hierdie proses ‘n paar keer herhaal voordat jy gereed voel om met die volgende stap voort te gaan.)

Vra die Here om met Jou te Praat

Voordat jy met jou daaglikse Bybelstudie begin, vra God om jou te help om sy Woord te verstaan en die Skrif korrek op jou lewe toe te pas. Hy belowe om ons sy wysheid te gee wanneer ons daarvoor vra.

‘n Gebed om Wysheid:

Onse Vader, maak my gedagtes stil, sodat ek U duidelik kan hoor. Ek vra u wysheid terwyl ek hierdie gedeelte bestudeer, sodat ek die Bybelse waarheid kan herken en op my lewe kan toepas. Help my om duidelik te sien hoe U in u Woord werk. Amen.

Stoor hierdie gebed in jou Bybeltoep

Ontleed hierdie Skrifgedeelte

Wanneer is die gedeelte geskryf? Wie was die beoogde gehoor? Wat is die hooftema? Is daar herhalende woorde en frases (indien wel, waarom)? Wat openbaar die gedeelte oor God se karakter?

Wanneer jy met jou Bybelstudie begin, lees die gedeelte ‘n paar keer deur en beantwoord elke keer ‘n ander vraag. Let veral op na frases of idees wat vir jou uitstaan.

Som die Skrif op

Wat het jou opgeval terwyl jy gelees het? Wy ‘n paar minute daaraan om die Here te vra om jou die waarhede in sy Woord te wys, en skryf dan een of twee belangrike waarhede uit die gedeelte neer. Dit sal jou help om tred te hou met die insigte wat God aan jou wys, en om dit te verwerk.

Beoefen wat jy Geleer het

As jy jou geloof wil versterk, is dit nie genoeg om bloot God se Woord te bestudeer nie — jy moet dit ook uitleef.

Skryf twee of drie maniere neer hoe jy die Skrif wat jy bestudeer, prakties wil toepas, en hou gereeld tred met jou vordering. Jy kan selfs in die Bybeltoep jou doelwitte in gebede omskep, en herinneringe stel om daaroor te bid!


Wanneer jy met jou Bybelstudie klaar is, wy ‘n paar minute aan stille nadenke en vra God om jou gedurende die dag aan alles te herinner wat jy geleer het.

Wanneer onsekerhede ons omring, sal ons besluit om daagliks tyd met God deur te bring, ons uiteindelik help om ons probleme en pyn vanuit sy ewige perspektief raak te sien. In hierdie proses sal ons rus vind vir ons siele en hernude hoop vir ons lewens.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos