Hoe bestudeer jy die Bybel? Hier is vyf stappe …

Persoon wat op straat staan

Hierdie jaar moes baie van ons aanpas by ‘n “nuwe alledaagse” wat nie alledaags voel nie. Sulke skielike aanpassings kan ‘n mens se geestesgesondheid negatief beïnvloed en kan lei tot chroniese moegheid en uitbranding.

Te midde hiervan, roep God ons nog steeds om na Hom toe te kom en belowe om ons rus te gee. Een manier waarop ons nader aan God kom, is deur tyd in sy Woord deur te bring, maar hoe maak jy tyd met God ‘n daaglikse gewoonte? Hoe oorbrug jy die gaping tussen die kennis van die Skrif en die uitleef daarvan in jou alledaagse lewe?

Hier is vyf maklike stappe wat jou elke dag kan help om stil te raak, die Bybel te bestudeer en rus te vind — selfs al voel jy oorweldig.


Berei jou hart voor

Here, my hart is nie trots nie. Ek minag nie ander nie. Ek doen nie magtige dinge nie en ek kan nie wonderwerke doen nie. Maar ek is rustig en stil … en het vrede, soos ‘n baba by sy ma.

PSALM 131: 1-2

Begin jou stiltetyd deur hierdie Psalm hardop te lees en skryf dan jou besorgdhede en bekommernisse neer. Plaas in jou denke alles wat om jou aandag meeding in ‘n kassie en gee dit dan aan God. (Miskien moet jy hierdie proses ‘n paar keer herhaal voordat jy gereed voel om met die volgende stap voort te gaan.)

Vra die Here om met Jou te Praat

Voordat jy met jou daaglikse Bybelstudie begin, vra God om jou te help om sy Woord te verstaan en die Skrif korrek op jou lewe toe te pas. Hy belowe om ons sy wysheid te gee wanneer ons daarvoor vra.

‘n Gebed om Wysheid:

Onse Vader, maak my gedagtes stil, sodat ek U duidelik kan hoor. Ek vra u wysheid terwyl ek hierdie gedeelte bestudeer, sodat ek die Bybelse waarheid kan herken en op my lewe kan toepas. Help my om duidelik te sien hoe U in u Woord werk. Amen.

Stoor hierdie gebed in jou Bybeltoep

Ontleed hierdie Skrifgedeelte

Wanneer is die gedeelte geskryf? Wie was die beoogde gehoor? Wat is die hooftema? Is daar herhalende woorde en frases (indien wel, waarom)? Wat openbaar die gedeelte oor God se karakter?

Wanneer jy met jou Bybelstudie begin, lees die gedeelte ‘n paar keer deur en beantwoord elke keer ‘n ander vraag. Let veral op na frases of idees wat vir jou uitstaan.

Som die Skrif op

Wat het jou opgeval terwyl jy gelees het? Wy ‘n paar minute daaraan om die Here te vra om jou die waarhede in sy Woord te wys, en skryf dan een of twee belangrike waarhede uit die gedeelte neer. Dit sal jou help om tred te hou met die insigte wat God aan jou wys, en om dit te verwerk.

Beoefen wat jy Geleer het

As jy jou geloof wil versterk, is dit nie genoeg om bloot God se Woord te bestudeer nie — jy moet dit ook uitleef.

Skryf twee of drie maniere neer hoe jy die Skrif wat jy bestudeer, prakties wil toepas, en hou gereeld tred met jou vordering. Jy kan selfs in die Bybeltoep jou doelwitte in gebede omskep, en herinneringe stel om daaroor te bid!


Wanneer jy met jou Bybelstudie klaar is, wy ‘n paar minute aan stille nadenke en vra God om jou gedurende die dag aan alles te herinner wat jy geleer het.

Wanneer onsekerhede ons omring, sal ons besluit om daagliks tyd met God deur te bring, ons uiteindelik help om ons probleme en pyn vanuit sy ewige perspektief raak te sien. In hierdie proses sal ons rus vind vir ons siele en hernude hoop vir ons lewens.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans