Sê dankie vir jou pa.

Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. - Psalms 103:13 - Versbeeld

Dink aan al die vaderfigure wat inspraak in jou lewe gehad het. ‘n Tydige wysheid gedeel het. Jou aangemoedig het. Jou teen kwaad beskerm het. Jou belange op die hart gedra het. Opgedaag het toe jy hom die nodigste gehad het.

Laat vandag die spesiale manne in jou lewe weet hoe baie hulle vir jou beteken. Dit neem net ‘n oomblik om hulle te eer en dankie te sê. Deel hierdie versbeeld in die Bybeltoep met hulle. (‘n Foonoproep of boodskap sal ook gepas wees.)

Deel die Versbeeld

Wat is jou Doelwitte vir Verhoudings?

Ry met verskillende kleure

Kry ‘n Leesplan
vir Elke Soort
Verhouding.

God gee om vir jou verhoudings, of jy enkellopend is, verlief of getroud is en of jy in ‘n ingewikkelde verhouding is. Ons word almal opdrag gegee om “die Here jou God lief te hê en jou naaste soos jouself.”

Dis uitdagend om ander lief te hê as jy God nie bo alles liefhet nie. Om God lief te hê is nie genoeg nie. Sy liefde moet jou ook anders na jouself laat kyk. Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, kan jy ander op dieselfde manier liefhê. As jy doelwitte vir jou verhoudings het, moet jy God eerste stel in elke verhouding.

Hier is ‘n paar Leesplanne
waarmee jy kan begin:

Leesplanne oor Verhoudings

Waarvoor bid jy?

'n Man wat bid

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

FILIPPENSE 4:6

Genesing? Vrede? Beskerming? ‘n Deurbraak? Bid jy vir jouself? Of vir iemand vir wie jy omgee? Waarvoor jy ook al bid, oorweeg om iemand wat jy vertrou uit te nooi om saam met jou te bid.

Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.

GALASIËRS 6:2

Dalk het jy alreeds ontdek dat YouVersion se nuwe Gebedsfunksie ‘n goeie manier is op rekord te hou vir alles waarvoor jy bid. YouVersion Gebed laat jou ook toe om vriende in jou gesprek met God uit te nooi. Al wat jy moet doen om ander uit te nooi om te bid wanneer jy ‘n Gebed byvoeg, is om op Deel met Vriende te druk.

Deel met vriende op Gebedskaart

‘n Gebedsketting laat jou Bybeltoep Vriende toe om jou Gebed met hulle Vriende te deel, wat dit dan weer met hulle Vriende kan deel, ensovoorts.

Skep ‘n Gebedsketting

Laat jou Vriende en Vriende van jou Vriende toe om hierdie Gebed te deel

Skakel aan

Voeg ‘n Gebed by

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Dis moeilik om ‘n gesin groot te maak.

Wat behels dit om ‘n
“Goeie Ouer” te wees?

Dit kan moeilik wees om ‘n gesin groot te maak. Ons wil almal vir ons kinders meer gee as wat ons gehad — geborgenheid en standvastigheid, verrykende ervarings en geleenthede om te groei. Hoe moet ons ons kinders geestelik lei om ‘n beter wêreld te skep?

Gelukkig hoef ons dit nie self uit te dink nie. Baie mense voor ons het hulle ervarings oor dinge wat vir hulle werk, neergeskryf. Hierdie leesplanne kan jou deur die moeilike tye op jou geestelike reis help:

Kyk na die Leesplanne

Voel die Lewe buite Beheer? Onhou Hierdie Drie Dinge:


Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

Psalm 31:25

Vier honderd jaar. Dis hoe lank die Israeliete vir God gewag het om hulle uit slawerny te bevry. Nadat hulle Egipte verlaat het, het God hulle nie reguit na die beloofde land gelei nie.

In plaas daarvan het hulle aan die voet van ‘n berg kamp opgeslaan terwyl God vir Moses instruksies gegee het. In daardie tyd het die magtige teenwoordigheid van die Here op die berg gebly.

Na ‘n vertraging van 40 dae het die Israeliete ongeduldig geraak…dus het hulle God verwerp en gedoen wat hulle wou.

Jy is nie die enigste een wat al ooit gefrustreerd gevoel het in ‘n onseker tyd wat langer aangehou het as wat jy verwag het nie.

Om te wag kan tot teleurstelling en frustrasie lei. In daardie oomblikke kan ons so op ons omstandighede gefokus raak, dat ons vergeet God is nog steeds in beheer. Ons vra dan: “As God in beheer is, waar is Hy dan? Hoekom het niks verander nie?”

Hier is drie waarhede om te onthou:

  1. Wat jy aanbid, word duidelik wanneer jy moet wag
  2. Toe die Israeliete se planne vertraag is, het dit wat hulle eintlik van waarde geag het, aan die lig gekom: hulle onmiddellike bevrediging.

    Wat doen jy as jy ontevrede is oor die omstandighede waarin jy jou bevind? Dit waarop jy fokus, onthul wat vir jou waardevol is en wat vir jou waarde het, bepaal wat jy aanbid.

  1. Om te wag is nooit ‘n mors van tyd nie
  2. God het nie sy belofte aan die Israeliete weerhou nie — Hy was besig om hulle daarvoor voor te berei.

    God se tydsberekening is anders as ons s’n. Die wagtydperk is miskien net die tyd waarin God jou voorberei vir die planne en doel wat Hy vir jou het.

  1. Om te wag help ons om op God se getrouheid te konsentreer
  2. Hy bly getrou. God, wat die Israeliete geduldig beskerm het en ook vir hulle voorsien het, het die dood oorwin sodat jy die ewige lewe kan hê.

    As jy moeg word vir die gewag, kyk na bo en kyk terug. Kyk na die bewyse van God se teenwoordigheid en kyk terug na wat Hy vir jou gedoen het. Dit sal jou help om te bly hoop.

Om op God te hoop is nooit verlore tyd nie, want die Een wat die dood oorwin het, is nog steeds in beheer en Hy werk terwyl jy wag.

Dink na oor God se Getrouheid