Voel die Lewe buite Beheer? Onhou Hierdie Drie Dinge:


Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

Psalm 31:25

Vier honderd jaar. Dis hoe lank die Israeliete vir God gewag het om hulle uit slawerny te bevry. Nadat hulle Egipte verlaat het, het God hulle nie reguit na die beloofde land gelei nie.

In plaas daarvan het hulle aan die voet van ‘n berg kamp opgeslaan terwyl God vir Moses instruksies gegee het. In daardie tyd het die magtige teenwoordigheid van die Here op die berg gebly.

Na ‘n vertraging van 40 dae het die Israeliete ongeduldig geraak…dus het hulle God verwerp en gedoen wat hulle wou.

Jy is nie die enigste een wat al ooit gefrustreerd gevoel het in ‘n onseker tyd wat langer aangehou het as wat jy verwag het nie.

Om te wag kan tot teleurstelling en frustrasie lei. In daardie oomblikke kan ons so op ons omstandighede gefokus raak, dat ons vergeet God is nog steeds in beheer. Ons vra dan: “As God in beheer is, waar is Hy dan? Hoekom het niks verander nie?”

Hier is drie waarhede om te onthou:

  1. Wat jy aanbid, word duidelik wanneer jy moet wag
  2. Toe die Israeliete se planne vertraag is, het dit wat hulle eintlik van waarde geag het, aan die lig gekom: hulle onmiddellike bevrediging.

    Wat doen jy as jy ontevrede is oor die omstandighede waarin jy jou bevind? Dit waarop jy fokus, onthul wat vir jou waardevol is en wat vir jou waarde het, bepaal wat jy aanbid.

  1. Om te wag is nooit ‘n mors van tyd nie
  2. God het nie sy belofte aan die Israeliete weerhou nie — Hy was besig om hulle daarvoor voor te berei.

    God se tydsberekening is anders as ons s’n. Die wagtydperk is miskien net die tyd waarin God jou voorberei vir die planne en doel wat Hy vir jou het.

  1. Om te wag help ons om op God se getrouheid te konsentreer
  2. Hy bly getrou. God, wat die Israeliete geduldig beskerm het en ook vir hulle voorsien het, het die dood oorwin sodat jy die ewige lewe kan hê.

    As jy moeg word vir die gewag, kyk na bo en kyk terug. Kyk na die bewyse van God se teenwoordigheid en kyk terug na wat Hy vir jou gedoen het. Dit sal jou help om te bly hoop.

Om op God te hoop is nooit verlore tyd nie, want die Een wat die dood oorwin het, is nog steeds in beheer en Hy werk terwyl jy wag.

Dink na oor God se Getrouheid

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans