Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.
News in Afrikaans

‘N BYBEL
VIR
ALMAL
Dink aan ‘n tyd toe jy bewus geword het van jou denke wat hernu is en jy kon sien hoe sommige aspekte van jou lewe herskep is. Indien jy die Skrif gereeld toelaat om oor jou te spoel terwyl jy lees of daarna luister, het jy sonder twyfel die krag daarvan ervaar om jou te inspireer, te bemoedig en selfs te oortuig.
Danksy die vrygewigheid van ons Bybeluitgewers en Bybelgenootskapsvennote, bied die YouVersion toep nou meer as 2 500 Bybeltekste en meer as 1 000 klank-Bybels aan!
Tog, hoe anders sou ons lewens wees as al die Bybelweergawes wat die Woord van God vir ons lewend maak … net nie meer daar is nie? Byna ‘n miljard mense het nie eens een volledige Bybelweergawe in hul taal nie.
Dieselfde Bybelvennote werk ook nou daaraan om mense regoor die wêreld te bemagtig om die Skrif in hul eie tale te vertaal. Sodra ‘n nuwe weergawe voltooi is, word dit in ‘n digitale biblioteek gelaai, sodat ons dit met die hele YouVersion-gemeenskap kan deel.
Met slegs ‘n slimfoon en ‘n draadlose sein kan mense wat nog nooit die Bybel in hul taal gehad het nie, van enige plek op aarde, onmiddellike toegang verkry. Wanneer jy ‘n Bybel vir Almal skenk, help jy om dit ‘n werklikheid te word.
95% van die wêreldbevolking
sal toegang tot ‘n volledige Bybel hê
99.96% van die wêreldbevolking
sal toegang tot ‘n Nuwe Testament hê
100% van die wêreldbevolking sal toegang tot ten minste ‘n gedeelte van die Skrif hê
God het aan ons sy Seun en sy Woord gegee. Wanneer ons sy voorbeeld volg om mildelik te skenk, kom ons nog nader aan Hom. Hoe meer mense deel word van hierdie visie, hoe gouer kan ons die Woord van God by almal uitkry.
Alle bydraes wat deur ‘n Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

Neem ‘n oomblik om oor die afgelope paar maande na te dink. Wat het jy geleer? Wat het jy oorkom? Hoe het jy nader aan Christus gekom?
Dit maak nie saak hoe die afgelope paar maande daar uitgesien het nie, ons het die geleentheid om God toe te laat om ons denke en siel te vernuwe.
Een van die beste maniere om by God aan te sluit namate Hy in ons lewens beweeg, is om op nuwe uitdagings te reageer. Kom ons volg Christus hierdie maand doelbewus deur aan die Halfjaarlikse Uitdaging deel te neem.
Voltooi ten minste een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae, in Juliemaand, en verwerf so 2021 se Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken.

Nooi ‘n paar goeie vriende uit om dit saam met jou aan te pak en maak die beste van die uitdaging. Om seker te maak dat jy nie een dag oorslaan nie, stel daaglikse herinneringe op om jou te help onthou. Doen dit by Leesplan Instellings.
Is jy gereed om te begin? Kies nou ‘n Leesplan:
“Vader, soms as ek na die wêreld om my kyk, voel ek oorweldig deur angs en begin my gedagtes maal. Help my asseblief. Ek het u hulp nodig om die manier waarop ek dink, te verander.
U gedagtes is verhewe bo myne en u weë is beter as myne. U gee hoop aan dié sonder hoop en krag aan die wat swak is. U alleen kan my denke vernuwe en my aan my doel herinner.
Help my dus vandag om elke gedagte gevange te neem, terwyl ek al my bekommernisse vir U gee. Herinner my dat U met my is en dat U sal aanhou om my te onderrig en te lei.
Gee my raad terwyl ek u Woord oordink en help my om u waarhede in my lewe toe te pas. Gee my die krag wat ek nodig het om te doen wat reg is en help my om U altyd, bo alles te volg.”
In die Naam van Jesus, amen.

Aan die pa’s wat tydens moeilike tye omgegee het, en ons in die goeie tye geprys het …
Aan die manne wat ons gewys het wat dit beteken om hard te werk en altyd daar te wees …
Aan die vaderfigure wat ons tydige advies en praktiese ondersteuning gebied het …
Aan die manne wat ons bly ondersteun, bemoedig en inspireer …
Baie dankie dat jy ons wys hoe ‘n godvrugtige pa lyk. Ons sien jou raak. Jy is geroepe. Jy is gewaardeerd. Jy is geliefd.
Ons hoop dat hierdie spesiale versbeeld jou bemoedig:
Of jy nou pa of ma, mentor of student is, dink aan die vaderfigure wat jou lewe positief beïnvloed het. Wys hulle dat jy hulle waardeer deur hierdie versbeeld te deel. Dit neem net ‘n oomblik om iemand te eer en dank te betoon.